Oortuiging vs. veroordeling (conviction vs condemnation)
Die boodskap sluit aan by deel 3 van die “Jesus”-reeks waarmee ek die jaar begin het.
Hoekom is dit belangrik?:
- ALMAL van ons doen verkeerd en ons voel sleg en reageer dan op grond daarvan.
- Die vraag: Voel jy sleg a.g.v. oortuiging? Of a.g.v. veroordeling
Kern skrifgedeeltes:
Joh 16:8 (Afr20) – “En wanneer Hy (Heilige Gees) kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: ”
2 Tim 3:16 (CJB) – “All Scripture is God-breathed and is valuable for teaching the truth, convicting of sin, correcting faults and training in right living; ”
- NOTA: Heilige Gees oortuig… Die woord van God oortuig.
Rom 8:1 (Afr20) – “Daar is dan nou geen veroordeling vir diegene wat in Christus Jesus is nie.”
Rom 8:1 (NKJV) – “There is therefore now no condemnation to those who are in Christ Jesus…”
- NOTA: Wanneer jy in Christus is, veroordeel Hy jou nie meer nie. (iemand doen wel, wie?)
Veroordeling
Beteken: jy is skuldig en verdien straf (Katarima)
Die “stem” klink so: jy is skuldig; jy is nie goed genoeg; jy misluk altyd; jy is ‘n teleurstelling.
Die bron: Jy self; Jou vlees mens / jou eie onvernude gedagtes; satan die aanklaer.
Die vrug: skaamte; self bejammering; jy trek terug, kruip weg; afstand tussen jou en God;
Veroordeling is ‘n aanslag op jou identiteit.
- ek het gesondig = ek word nie aanvaar nie
- Dis ‘n stem wat aangaan, al het jy vergifnis gevra en al is jy vergewe.
Oortuiging
Beteken: Om iemand van sy fout te oortuig; iets na die lig te bring.
Die “stem” klink so: hierdie is nie wie jy is nie; hierdie gedrag weerspreek jou identiteit; daar is ‘n beter uitweg; kom terug
Die bron: Heilige Gees (Joh 16:8) ; Die woord van God (2 Tim 3:16) ; jou eie vernude gedagtes
Die vrug: lei na bekering (ek is jammer, vergewe my) ; ervaar vrede na belydenis
Oortuiging is nie menslike manipulasie nie, maar ‘n Goddelike kollig op dit wat nie reg is nie.
**Oortuiging bevestig jou identiteit: “My seun, hierdie aksie is nie in lyn met wie ek is nie. Hou op.”
- Herstel vrymoedigheid voor God, na vergifnis.
2 tipes ‘sleg voel’
2 Cor 7:10 (NKJV) – “For Godly sorrow produces repentance leading to salvation, not to be regretted; but the sorrow of the world produces death.”
- (eie huiswerk – Petrus en Judas – in die lig van 2Kor7:10) TOETS die ‘sleg voel’
- Een lei na bekering en lewe (is Goddelik).
- Een lei na dood: skaamte, self bejammering en terugtrek (is wêrelds).
Heb 12:7 (CJB) – “God is dealing with you as sons. For what son goes undisciplined by his father?”
- Oortuiging in lyn met jou identiteit is juis ‘n bewys van kindskap.
SLUIT AF: “The Holy Spirit does NOT convict believers unto condemnation but unto transformation.”
- Mislukking diskwalifiseer nie ‘n dissipel nie.
