Mannebediening

Die Mannesamekomste vind Maandag-aande en Vrydag-oggende plaas waartydens hoë kwaliteit en uitgesoekte materiaal wat tot die harte van mans spreek, behandel word. Na afloop van die behandelde materiaal, vergader die mans in kleingroepe, waar hulle mekaar ondersteun en saambid.
BEGIN Vrydag 5 Februarie 05:45 en Maandag 8 Februarie 18:30

Registreer vir die kursus

Vrouebediening

Die LCF Vrouebediening fokus om elke vrou te inspireer en met die waarheid toe te rus, sodat vrouens vry kan kom van verskeidenheid lewensomstandighede.
BEGIN 10 Februarie 05:30

Registreer vir die kursus

Vibrant Hearts

Ons as gelowiges onderdruk gedurig ons ware gevoelens en frustrasies, omdat ons glo dat ons as ‘n nuwe skepsel in Jesus nie veronderstel is om probleme te hê nie. Die realiteit is dat mense nogsteeds met gebrokenheid sukkel en om in ware vryheid te leef. Ons moet besef dat die oorsprong van baie van ons probleme se oorsprong moontlik afkomstig is van pyn en teleurstellings uit ons verlede. Vibrant Hearts is ‘n kursus wat uit 14 sessies bestaan en is gebaseer op Bybelse beginsels en praktiese wenke wat jou sal help om waarlik vry te wees en in oorwinning te lewe.
BEGIN 13 April 18:30

Registreer vir die kursus

Go Fish

Go Fish bied ‘n nuwe kyk na die woord “Evangelisasie” deur te wys hoe Christene hierdie onderwerp ‘n natuurlike en maklike deel van die alledaagse lewe kan maak. Deelnemers sal die DVD lesse en prikkelende studiegids geniet wat help om die manier waarop hulle hul geloof deel, te verander.
BEGIN 17 Februarie 18:30

Registreer vir die kursus

Art of Marriage Huwelikskursus

Hierdie kursus verskaf ‘n kykie na die kunswerk wat God geskape het… die huwelik! Die kursus bestaan uit waardevolle beginsels, ware verhale, lekker humoristiese oomblikke en soveel meer om getroudes deur die bergtoppe en valleie van die huweliksreis te neem. Kom ervaar saam met ander pare die “Art of Marriage” en beleef die seën in jou eie lewe.
BEGIN 5 Mei 18:30

Registreer vir die kursus

Boundaries

Grense beïnvloed alle areas van ons lewens: Fisiese grense help ons om vas te stel wie ons mag aanraak en onder watter omstandighede – Geestelike grense gee ons die vryheid om ons eie gedagtes en opinies te hê – Emosionele grense help ons om ons eie emosies te hanteer en los te maak van die skadelike, manipulerende emosies van ander – Geestelike grense help ons om God se wil van ons eie te onderskei en ons opnuut ontsag te gee vir ons Skepper. “Boundaries” wys hoe ons gesonde grense kan stel met ons ouers, eggenote, kinders, vriende, medewerkers en self onsself.
BEGIN 9 Februarie 18:30

Registreer vir die kursus

The Smart Stepfamily

Ontdek die sleutels tot ‘n gesonde stiefgesin. Hierdie kursus onthul die sewe fundamentele stappe tot gemengde gesinsukses en bied praktiese, reallistiese oplossings vir die probleme wat u as stiefgesin in die gesig staar.
BEGIN 31 Augustus 18:30

Registreer vir die kursus

Holy Spirit

Die Heilige Gees word gereeld misverstaan, en mense wonder wat Hy is en hoe Hy Homself aan ons uitdruk. Die Heilige Gees word dikwels uitgebeeld as “vreemd”. Maar die Bybel maak dit duidelik dat die Gees nie iets is nie, maar IEMAND. ‘n Persoon wat wat jou nooit verlaat nie. In hierdie kursus nooi John Bevere jou uit om ‘n persoonlike ontdekking te doen van wie hierdie Persoon is.
BEGIN 22 April 18:30

Registreer vir die kursus

Crown

Crown finansiële bybelstudie leer mense om God se beginsels om Christus meer intiem te ken en vry te wees om Hom te dien. Crown word as ‘n 10-week bybelstudie aangebeid en bemagtig persone om te leef volgens God se ontwerp vir hulle finansiens, hulle werk en hulle lewens.
BEGIN 5 Augustus 18:30

Registreer vir die kursus

Griefshare

As jy ‘n eggenoot, kind, familielid of vriend verloor het, is dit nie net ’n hartseer tyd nie maar kan dit vir jou moeilik wees om optimisties te voel oor die toekoms.

  • Jy het ook waarskynlik gevind dat daar nie baie mense is wat jou diepe seer verstaan nie.
  • Dit kan ‘n moeilike tyd wees waar jy geisoleer voel en baie vrae het oor situasies wat jy nog nooit ervaar het nie.

In die GriefShare program word jy deur die rou proses begelei en word jy bemagtig om die unieke uitdagings in hierdie tyd in die gesig te staar en jou lewe te herbou.
BEGIN 17 Augustus 18:30

Registreer vir die kursus