Preek/ Boodskap oor: Salt & Light

Mat 5:13-16 (Afr83)Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. “Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.

Jesus praat hier met ‘n skare mense wat gekom het om na Hom te luister en Hy sê hier vir hulle:

  • JULLE is die sout vir die aarde.
  • JULLE is die lig vir die wêreld.

Lees ons vandag hierdie en verstaan dit so: HULLE is die sout & lig (die wat daar was daardie dag)?

Wie is JULLE? Is dit ONS vandag hier? JA. Is ons almal eens dat Die Here vanoggend met ONS almal hier praat uit Sy Woord en vir ons sê: ONS hier is die sout, ONS hier is die lig?

Hoe is ons sout en lig?

Sout en lig is iets wat hulle omgewing beïnvloed deur te wees wat dit is.

  • Hoe? Deur anders te wees as die omgewing waarin jy jou bevind, so anders dat jy ‘n invloed het op die omgewing en iets verander.
  • Kruie kan nie sout wees nie. Water kan nie lig wees nie.
  • ‘n Wedergebore mens word regenereer, ontvang God se Gees en jy word anders.
  • Sout en lig probeer nie hard om sout en lig te wees nie. Dit IS net dit.
  • ‘n Mens wedergebore, is dieselfde. Jy is net anders.
    • Maar jy kan wedergebore & weggesteek wees, soos Jesus noem in Mat5:16 (emmer)

Sout

Lukas brei bietjie meer uit rakende Jesus se bedoeling van sout.

  • Ons lees Mat 5:13 en meeste boodskappe oor die onderwerp leer ons dat sout geur gee en dat sout ‘n preserveermiddel is en dat dit is die tipe gelowige wat ons moet wees.
  • Maar daar is 2 ander impak areas wat Lukas ook noem:

Luk 14:34-35 (Afr83) “Sout is ‘n goeie ding. Maar as sout verslaan het, waarmee sal dit weer sout gemaak word? Dit is nie meer bruikbaar vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, moet luister.”

Sout vir die grond: Sout van die dooie see wat ‘n mengsel van metale is en nie net NaCl nie.

  • Onder andere Stikstof, Fosfaat, Potassium (NPK) – wel nog ander metale ook.
  • As jy kunsmis se samestelling ken, sal jy weet dat die 3 elemente die hoof elemente is van kunsmis.
  • In Jesus se tyd is sout van die dooie see geneem en onder andere in grond as kunsmis gebruik.
  • Sout is vandag nog goed vir grond as kunsmis.

Sout vir die mishoop: Waar hulle gaan poef het, is sout as ontsmettingsmiddel op poef gegooi om te keer dat ongewensde dinge nie groei daar waar gepoef word nie – en poef word iets bruikbaar – kunsmis.

*** So sout help om goeie goed te laat groei wat jy wil laat groei en verhinder ook slegte dinge om te groei wat jy nie wil laat groei nie.

Wanneer Jesus sê in Luk 14: Julle is die sout vir die aarde, bedoel Hy dat ons, Sy volgelinge die mense is wat op die aarde die katalisator gaan wees wat keer dat slegte dinge groei en ook die katalisator gaan wees wat die groei van goeie dinge gaan bevorder ***

Deur anders te wees as ons omgewing.

  • Vir sout om sy effek te hê, moet jy baie daarvan in die omgewing hê.
  • Deur ‘n soutpotjie 3 keer in jou tuinbedding te gaan skud, gaan geen invloed hê nie, jy het baie nodig daarvan in die omgewing vir die omgewing om deur die sout beïnvloed te word.

Hoekom is samelewing in die slegte toestand wat dit is? Daar is te min sout in verhouding tot die res van die grond.

Lig

Joh 8:12 (CJB) “Yeshua spoke to them again: “I am the light of the world; whoever follows Me will never walk in darkness but will have the light which gives life.”

Jesus sê vir ons Hys is die lig vir die wêreld. En omdat Hy die lig is en ons Hom het, kan ons die lig wees.

  • Hy sê in Joh 8:12 as ons Hom volg, Hom het, sal ons iets hê wat lewe gee.
  • Hy is die lig en Sy lig wat my verlig maak dat ek iets het wat vir my en die omgewing waarin ek leef gaan LEWE gee.

Sout en lig het hul invloed deur teenwoordig te wees.

  • Daar moet kontak met die grond (of die poef) wees.
  • Daar moet ‘n lig in die donkerte wees.

Die JULLE van Mat 5:13-16 moet teenwoordig wees en anders wees.

Hou op kla, doen iets

Vriende, daar is baie dinge verkeerd in ons omgewing.

Ek ry rond in ons area en sien dit en ek kla teenoor myself en teenoor die Here.

En ek beledig ander vir die chaotiese toestand van ons omgewing en weet jy wat: EK IS MOEG GEKLA.

Ek het besluit om iets te doen, want kla help niks. Die sout en lig binne die gebou moet die sout en lig buite die gebou wees.

  • Sal jy saam met my iets doen?

Wat gaan ons doen?

  • Ons gaan rommel optel en die dorp skoonmaak.
    • En ons gaan biddend wees waar ons loop.
  • Ons gaan die potholes regmaak.
    • En ons gaan skrif plant in elke pothole wat ons regmaak (Jes 60:1-3).
    • Donasie van 100 teersakkies ontvang vanaf Jacques hulle se besigheid.
    • +-R70 – LCF gaan bydra, ek en Lérie gaan. Sal jy ons help?
  • Ons gaan bid en uitreik
    • Saam Street Salvation – Kom op die Whatsapp groep om ingelig te wees.
  • Catherine Robson kinderhuis het met sekere dinge ons hulp nodig.
    • Jak 1:27 (CJB)
    • Daar is instandhouding behoeftes en 1 man wat omsien.
    • Komende Saterdag 15 Julie.

Friedel, maar baie ander doen dit. Hoekom sluit jy nie net daar aan nie?

  • Jy is reg, baie ander doen iets, maar die probleem is te groot. Ek sien steeds baie rommel en baie potholes, ek sien geestelike duisternis.
  • Die sout en lig is te min. Meer sout en lig is nodig. Sal jy by ons leierskap aansluit?

Op 22 Julie gaan ek en ‘n handjie vol ander vrywilligers by , groep van 60-80 ander vrywilligers aansluit en Vanderbijlpark CBD rommel optel. #CleanUpVaal.

  • Ons gaan iemand anders se visie dien en ons dorp se voete was – hulle was my inspirasie.

Ons wil op 9 Augustus (Vakansiedag op ‘n Woensdag) ‘n Sout & Lig uitreik aksie loots en ons gaan rommel optel en ons gaan slaggate regmaak 8h30 – 11h30

  • Verskeie punte waar vullis sakke geplaas word, wat ons met ‘n waentjie sal kom optel.
  • Saam gaan ons teersakkies koop (R70) – met verwysing teersakkies in LCF rekening en ons gaan julle leer om ‘n slaggat reg te maak à Ons gaan die areas kies waar ons gaan werk.
  • Daarna gaan ons Kainos toe en die wat gehelp het braai ‘n vleisie saam.

Broadcast vorm of email à Gee vir ons ‘n aanduiding wie gaan kom help.

Wie word verheerlik?

Nie vir ons eie eer nie. “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Hoekom doen ons dit?

Geen politieke agenda.

Jesus het ons gevra om die sout en lig vir die wêreld te wees. Dis al.

Kom ons hou op kla en wees sout en lig.