Boodskap / Preek oor: Wanneer twyfel jou wil onder kry

Wanneer twyfel jou wil onder kry – Deel 1 (God IS)

Vrae aan gemeente:

  • Wie het nog nooit in hulself getwyfel nie? (bly staan).Wie het nog nooit getwyfel in God nie?
  • My boodskap aan jou: moenie dat twyfel jou definieer nie –> lae klas gelowige.

Bybel verhale waar twyfel teenwoordig was:

  • Moses by die brandende bos
    • “Wie is ek dat ek na Farao moet gaan?” of “Wat as hulle my nie glo nie”.
  • Elia op berg Karmel
    • Elia bid dat hy moet doodgaan.
  • Johannes die doper in die tronk
    • “Is U die een, of moet ons ‘n ander een verwag?”
  • Pa van die demoon besete seun in Markus 9
    • “Ek glo, Here kom my ongeloof te hulp.”
  • Die hele nasie Israel by die kruis van die rooi see
    • “Was daar geen grafte in Egipte dat jy ons tot hier moes bring om te sterf?”
  • Ons ken die uitkomste van al hierdie verhale –> Twyfel het God nie weggestoot nie.
  • Verder: Dawid, Gideon, Abraham en Sarah, Petrus, die dissipels en baie ander.

Moenie dat twyfel jou verwyder van die Bybel nie.

  • Inteendeel, die Bybel is goeie geselskap as jy twyfel – hoe twyfel na lewe draai.

Twyfel is deel van ons menswees. Ek sê nie dat twyfel goed is nie.

  • Binne die raamwerk van twyfel is ‘n spasie waar ons geloof kan groei.

Psa 56:4 (Afr53) – Die dag as ek vrees, sal ek op U vertrou. (sê agter my aan, dan sê saam)

Die punt van vandag se boodskap

Twyfel is nie ons grootste vyand nie, dit is wat ons doen as twyfel kom klop.

  • Twyfel kom klop by almal. Die vraag is: Hoe reageer ons verder?
  • Twyfel is ‘n toets wat ons geloof kan VERSTERK.

Ons kern skrifgedeelte:

  • Psa 56:4 (Afr53) – Die dag as ek vrees, sal ek op U vertrou.
  • Psa 56:4 (CJB) – When I am afraid, I put my trust in You.
  • Friedel 56:4 – Die dag as ek vrees, sal ek… onthou dat my pa nie ‘n bobbejaan is nie. (God IS)

Waar kom twyfel vandaan?

  • Ek self (intern) / Iemand anders (ekstern)
  • Satan (ekstern) – hy plant ‘n saad van twyfel en staan terug om te kyk wat ons maak daarmee.
    • Maak dit jou ‘n slegte gelowige omdat ‘n saad van twyfel gelos word?

**DIE PUNT: Twyfel begin as ‘n gedagte. (MAAR TWYFEL MOET DRAAI NA VERTROUE)

  • ‘n Gedagte wat nie hanteer word nie, verander in onsekerheid.
  • ******Onsekerheid laat ons geloof wankel. Geloof wat wankel is die groter probleem.

As jy seker is dat jy dit nie gaan maak nie, is dit belangrik om seker te wees van IETS ANDERS ook:

  • Friedel sê: Die dag as ek vrees, sal ek… onthou dat my pa nie ‘n bobbejaan is nie. (God IS)
  • Dawid sê: “Die dag as ek vrees, sal ek op U vertrou”. (God IS) (die leeu, die beer, Goliat)

Ek is SEKER ek gaan dit nie maak nie.

Ek het ‘n SEKERE wete oor iets anders ook nodig as die “iets anders” die wapen teen my twyfel moet word.

  • Verhouding bou hierdie. Vandag kan die begin wees om geskiedenis op te bou.

Geloof antwoord twyfel met waarheid (‘n ander waarheid)

Twyfel kan die einste ding wees wat ons meer anker in God en laat groei.

  • Ek IS in hierdie slegte situasie wat my gaan onder kry.
  • Ek IS nie ‘n goeie pa / man / vrou nie.
  • Ek IS nie ‘n goeie dissipel nie.
  • Ek IS ‘n mislukking. Ek IS seker Hy het vergeet van my.
  • (Vir hoe lank gaan jy hier sit? –> Hoe langer, hoe gevaarliker raak twyfel)

Heb 11:6 “Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag. Want hy wat tot God gaan moet glo dat Hy IS en dat Hy ‘n beloner is van die wat Hom soek.”

  • Friedel 11:6… hierdie waarheid anker my – ‘n anker in my twyfel

Afsluiting: Ruil transaksie –> verruil twyfel met vertroue (met God IS) –> elke liewe keer.