Boodskap / Preek oor: Jou ander Naam

JOU ANDER NAAM

Storie van Gideon….(Rigters “Judges”)

Israel is in ‘n siklus van weg dryf van God. Sondig teen God, oordeel, bekering en verlossing. (Medianietise onderdrukking).

Baäl-aanbidding: Baäl was die Kanaänitiese storm- en vrugbaarheidsgod.

Joas – Hoekom Baäl? Om Baal te aanbid was ‘n ekonomiese en sosiale besluit—Hy het probeer voorspoed verseker deurdat Baäl reën, goeie oeste voorsien. Joas se optrede verteenwoordig die versoeking om te vertrou op sigbare, materiële bronne van sekuriteit eerder as die onsigbare God van Israel.

Gideon het in opdrag van God die altaar van die Kanaänitiese god Baäl wat aan sy eie pa behoort het, afgebreek. Die mense van die stad was kwaad en wou Gideon doodmaak. Joas het geredeneer dat as Baäl werklik ‘n god is, hy homself kan verdedig of met Gideon kan stry.

Rigters 6:32

Daardie dag het hulle vir Gideon genoem Jerubbaäl , “want,” het hulle gesê, “laat Baäl self sy saak teen Gideon behartig, want dis hý wat Baäl se altaar afgebreek het.”

Gideon het ’n “Bynaam” gekry. – “Die een wat opstaan teen Baäl”.

Daar was ‘n nuwe identiteit wat hom opgelê was agv sy aksies.

* Hoe wil jy hê moet mense na jou verwys?

* Wat wil jy hê moet jou “bynaam” wees?

Die uitdaging is om:

  1. Verstaan ​​dat “afgode” jou weerhou van ‘n nader verhouding aan God. (Israel – Onderdrukking / Opression / Bondage).
  2. Ons eie “Baäls” te identifiseer. (Oorerflik en self opgerig)

Joas se geval = finansiële sekuriteit, goedkeuring van ander

Vandag se Baäls? Eerste gedagte is sekerlik verslawing (Alkohol, Dwelms, Pornografie….)

Minder voor die hand liggende Baäls bv:

-Status / Aanvaarding (keeping up with the Jones’)

-Geld(Besittings), gemak.
-Ons kinders.

-Oorerflike goed: “Sy oupa was so, sy pa was so, hy is ook so”

Bv. Dwalende oog(nie ’n 1 vrou man nie)

– “Rassisme loop sterk in ons familie”

– “Duidelike patroon van Verslawing in ons familie” (“Familiar spirit”)

Glo jy daar is iets soos Bloedlynvloeke? Soos wat daar iets is soos “Generational Curse” is daar ook iets soos “Generational Blessing”.

Gideon se geestelike konfrontasie (die afbreek van die altaar) nodig is vir sy nuwe identiteitsvorming.

Die dag wat Gideon besluit het om aksie te neem, is die dag wat hy ’n nuwe naam(identiteit) gekry het.

*As ek en jy nou hierdie goed weet – wat gaan ons doen omtrent dit?

Gideon se naam verandering – Sluit aan by God se patroon om iemand se naam te verander om ‘n nuwe identiteit, lot of rol te simboliseer. Bv.

*Jakob(Israel) Die een wat met God gestoei het.

*Abram(Abraham) Vader van menigde nasies.
*Simon(Petrus) Rots waarop ek my kerk sal bou.

!! Wat wil jy hê moet jou ander naam wees?

Christo die Korthumeurige –  Christo die Geduldige

Phillip die Fighter – Phillip die Vredemaker

Stefan die Seinige – Stefan die Vrygewige

Sandra skindermond – Sandra die Verdediger

God-self het ’n klomp name.

Elohim, El Shaddai, El Elyon, Jehovah Jireh, Immanuel, Jehovah Rapha

Een van hulle Jehovah-Shaphat. – Beteken “Regter” of “Judge” .

Jesaja 33:22

“Die Here is ons Regter, die Here is ons Leidsman,

die Here is ons Koning, Hy sal ons red.”

Waar kry ons ’n regter? In die hof.

Hof scenario – Is almal teenwoordig? Aanklaer en beskuldigde.

Indien skuldig moet daar ’n straf opgelê word.

Jesus sê die koninkryk van God is soos: Gelykenis van die man wat alles verkoop het om ’n stuk grond te koop.

Die hemelse hof is soos:

Gelykenis van Lotto kaartjie R50mil (moet wys)

Gelykenis van Makro Voucher R200k (moet wys)

Selfde in die hemelse hof – as daar nie iets is wat bewys lewer dat jy vrygespreek is nie, kan jy nie vry gaan nie.

Bring jou eie afgode en oorerflike sondes na die hof toe.
Erken – Belei – Vra vergifnis – Breek dit deur geloof in die bloed van Jesus – leef in ooreenstemming met jou “nuwe naam”.

Vra HG om jou te wys wat jy hof toe moet bring.

‘Daarom is Hy(Jesus) ook die Middelaar van ‘n nuwe verbond. Sy dood het plaasgevind om mense te verlos van die oortredinge wat onder die eerste verbond begaan is, sodat dié wat geroep is, die beloofde ewige erfenis kan ontvang. Dit is soos met ‘n testament: daar moet eers bewys word dat die testamentmaker dood is, want ‘n testament word alleen geldig by die dood van die testamentmaker; dit word nooit van krag so lank as hy nog leef nie. ‘

HEBREëRS 9:15-17

Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God (EFESIËRS 1:7-8)

Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

(1 JOHANNES 1:7-9)

…en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. ‘

(DIE OPENBARING 1:5-6)