ADONAI – WANNEER EK OPHOU BEHEER, BEGIN HY REGEER
RE-CAP:
Jehovah Nissi – die een wat ons vooruit gaan
Jehovah Shammah – die God wat daar is, wat teenwoordig is
INLEIDING:
Vandag praat ons oor die naam van God in die Bybel: JEHOVAH ADONAI
1: WAT BETEKEN “ADONAI”?
Deuteronomy 6:4
“Hear, O Israel: The LORD our God, the LORD is one.”
Hierdie bg. fundamentele vers (bekend as die Shema) gebruik die kombinasie van die verbondsnaam JHWH (weergegee as LORD in hoofletters) en die titel Adonai wat God se unieke en enigste Heerskappy te verklaar.
Psalm 24:1
Die aarde behoort aan die HERE,
met alles wat daarop is,
die wêreld en alles wat daarop lewe.
AFR NLV
The earth is the LORD’s, and everything in it.
The world and all its people belong to him. NIV
Wanneer die Bybel God “Adonai” noem, beteken dit:
“Hy is die Een wat lei, beskerm, voorsien, vorm, dra, en in beheer bly – selfs wanneer ek nie is nie.”
Wanneer dit na God verwys word, gebruik die Hebreeus die titel Adonai, dui dit op diehoogste vorm van gesag.
Dit sê:
Psalm 8:2
LORD, our Lord, How majestic and glorious and excellent is Your name in all the earth!AMP
Wanneer ons God op Naam Adonai noem dan gee ons erkening aan Sy heerskapy.
God kan nie werklik HERE (Adonai) wees in my lewe, as ek self in beheer wil bly nie.
HOOFPUNT 2: ONS WIL JESUS AS REDDER, HÊ MAAR NIE ALTYD AS HERE NIE
Baie mense:
Maar min vra:
“Here, wat wil U hê moet ek doen?” …en is dan gehoorsaam daaraan/
Lukas 6:46
Waarom noem julle My dan ‘Here’ as julle My nie gehoorsaam nie?NLV
Dis moontlik om:
…maar steeds self in beheer te wees.
Ek kan nie Jesus my Redder maak maar self meester oor my lewe wees nie.
HOOFPUNT 3: – DIE ILLUSIE VAN BEHEER
Ons as mense hou daarvan om in beheer te wees.
Ons wil weet:
Beheer laat ons veilig voel.
Maar hier is die waarheid:
Om in Beheer te voel is ’n illusie en ’n valse oortuiging.
Hoekom wil ons in beheer wees?
Ons wil uitkomste bepaal omdat ons bang is
Ons oppereer/funksioneer uit ’n plek van vrees wanneer ons alles wil beheer
Dit kom uit ’n plek van wantroue of geen vertoue in ons hemelse Vader.
Hoekom?
Die Bybel sê in Spreuke 3:5–6 AMP
“Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding;
in all your ways submit to him, and he will make your paths straight.”
Let op wat die Skrif nie sê nie:
Die vers sê: Vertrou om Hom. Ken Sy karakter. Gee dit oor aan Hom.
ALLEDAAGSE ILLUSIES VAN BEHEER
Moet ek ophou beplan? Nee, vra God om vir jou planne te gee
Josef se voorbeeld: Josef word verkoop, werk in Egipte, word in die tronk gegooi.
Faro het ’n droom. Josef se uitleg van Faro se droom in Gen 41: 7 jare se oorvloed en dan 7 jare se geen opbrengs. Josef beplan en maak kos bymekaar in store… maar dit was God wat die plan vir hom gegee het en Adonai het die oes in die 7 goeie jare vermeerder.
Josef het die land vrugbaar gemaak nie
Josef se plan het die oes veroorsaak nie
Josef se plan en bestuur was nie die bron van veiligheid/sekuriteit nie, God was.
Selfs met die Beste Planne — was Egipte en uiteindelik ook Josef se familiedie nog steeds Afhanklik van God
Belangrike waarheid:
Selfs al was die skure vol,
selfs al was daar voorraad,
selfs al was Josef se stelsel perfek—
As God nie reën gegee het nie,
as God nie seisoene bepaal het nie,
as God nie lewe gegee het nie—
sou geen plan gewerk het nie.
HOOFPUNT 4: VOORBEELDE
Lukas 22:42
“Nogtans nie My wil nie, maar U wil geskied.”
HOOFPUNT 5: ADONAI VRA TOTALE OORGAWE
Bekende storie –
Adonai is nie mede-eienaar nie –
Hy is die enigste eienaar, Meester, bestuurder, hoof en koning.
Oorgawe is nie gedeeltelik nie – dit is volkome, dis alles of niks.
HOOFPUNT 6: HOE VERANDER MY LEWE WANNEER EK GOD AS ADONAI SIEN?
Ses dinge wat verander:
6.1 My gebedslewe verander
Gebed word nie meer:
Here, kom seën wat ek doen,
maar:
Adonai, wys my wat U doen.
Psalm 25:4 (AMP)
“Let me know Your ways, O Lord; Teach me Your paths.
Guide me in Your truth and teach me,For You are the God of my salvation”.
6.2 My besluite verander
As Hy Meester is, hardloop ek nie voor Hom uit nie.
Ek besluit nie uit vrees nie.
Ek beweeg nie uit impuls nie.
Ek vra:
“Adonai, wat is U wil?”
6.3 My gemoed en stresvlakke verander
Wanneer Hy die Here is, dra Hy die gewig.
Ek hoef nie alles uit te werk nie.
Ek hoef nie alles reg te maak nie.
Ek hoef nie alles te beheer nie.
Hy’s Adonai.
Ek is nie.
6.4 My gehoorsaamheid verander
Adonai beteken:
Gehoorsaamheid is nie ’n straf nie… – dit’s ’n skuilplek.
God se bevele/bepalings/riglyne is nie beperkings nie… – dit is beskerming.
6.5 My perspektief verander
Ek kyk nie meer op myself as die baas/bestuurder van my lewe nie —
maar as die een wat volg.
Hy lei… Ek volg.
Hy praat… Ek luister.
Hy sien verder… Ek vertrou – al sien ek nie.
2 Corinthians 5:7
for we walk by faith, not by sight [living our lives in a manner consistent with our confident belief in God’s promises]
HOOFPUNT 7. WAARDOM DIS BELANGRIK OM TROOS TE VIND IN SY NAAM
Wanneer ek Adonai ken, weet ek:
Ek is nie alleen nie.
Ek is nie ’n slagoffer van omstandighede nie.
Ek is nie verlore in die chaos wat ek nou ervaar nie.
Ek is nie die kaptein van ’n sinkende skip nie.
My Here Adonai is groter as:
my vrees
my probleme
my sondes
my skuld
my verlede
my ekonomiese omstandighede
As Adonai God is… is alles anders.
TOEPASSING: DRIE VRAE VIR DIE HART
SLOT:
Filippense 2:10–11
“so that at the name of Jesus [a]every knee shall bow [in submission], of those who are in heaven and on earth and under the earth, and that every tongue will confess and openly acknowledge that Jesus Christ is Lord (sovereign God), to the glory of God the Father.”
Wanneer ek ophou beheer, begin Adonai regeer.
En waar Hy regeer:
Amen
