Boodskap / Preek oor: Jesus – Godsdienstigheid, Nee. Verhouding, Ja.

Jesus!

Kort verwelkoming–> Kry vir jou die LCF 2026 kalender (ook beskikbaar op die website)

Verkleurmannetjie gelowige: Een oog op die nou en een oog op die eindstreep (fokus ook op einde).

  • Die wêreld word geskud / die wêreld is onder druk. (in ons eie land is daar druk en dreigende verandering, persoonlik in ons lewe is daar druk)
  • Maar sekere dinge sal NOOIT geskud word nie – In ‘n wêreld van verandering is daar sekere dinge wat konstant bly en NOOIT sal verander nie. (ek is hier met goeie nuus vanoggend ????)
    • Jesus, Sy woord & beloftes, die bron van hoop, sy liefde verander nie.
    • Jesus is en sal altyd op die Troon bly, maar is Hy op jou troon?
    • Daar is wel iets wat moet verander: Ek en jy moet verander.

“Ek wil groei as mens” / “Ek wil verander” –> (innerlike gesprekke – Heilig Gees heel moontlik agter dit.)

  • Jaar einde, kyk ons terug na 2025 en maak besluite rondom 2026 –>

Om te verander moet: Ek moet meer doen van “dit” en ek moet minder doen van “dat”.

  • Meer kerk toe gaan, minder kwaad word, van twyfel ontslae raak, meer vergewe.
  • Maar beter “doen” van my kant af is nie die sleutel tot ‘n veranderde “ek” in 2026 nie.

Godsdienstigheid en doen

Lees Luk 13:10-14

  • Godsdienstige mense met die uitkyk: Fokus op die reëls (op ‘n Sabbat moet hierdie dinge gedoen word, en nie daardie dinge nie) –> Maar hulle mis die Persoon Jesus en dit wat hy doen.

Die punt: Christenskap is nie ‘n godsdiens van doen hierdie en moenie hierdie doen nie. Christenskap gaan oor ‘n verhouding met Iemand.

  • Ons kort dieper openbaring van ‘n Persoon in 2026 –> Intieme verhouding met Jesus.
    • Ontmoetings met Jesus verander ons.
    • Die Here Jesus is transformerende Persoonlikheid.
    • Een oomblik, een woord, elke belewenis van Hom verander ons.

Verskuif jou fokus rakende jou geestelike uitdagings

Jy is heeltemal reg: Jy het nodig om minder van “die” en meer van “daardie” te doen.

  • Moenie ‘n ding / iets jou fokus maak nie, maar ‘n Persoon jou fokus –> Jesus!
  • Die openbaring van sy Persoon maak dat ander dinge in plek val (meer bybel, meer kerk ens) –> ander dinge word makliker / ander dinge verloor sy glorie (draai voorbeeld).

Heb 10:19 (CJB) – So, brothers, we have confidence to use the way into the Holiest place opened by the blood of Yeshua. (ook op skerm die Afrikaanse weergawe)

  • Die Heiligdom: Plek van God se manifesterende teenwoordigheid op aarde (vandag = orals)
  • Daar is ‘n pad en ‘n deurgang wat ek en jy met vrymoedigheid kan gebruik…
    • Eie poging maak nie die pad oop nie, Jesus se bloed het dit klaar gedoen.
    • Die weg is oop hierdie jaar? Wie gaan op daardie weg loop hierdie jaar?

Hoekom Jesus?

Ek, jy en elke mens nog ooit gebore was baie lewendig op ons geboorte dag, maar geestelik dood.

  • My eie pad het my verder en verder van hom af weg geneem.
  • Maar Jesus het verby al daardie gemors gekyk en my gesien. Hy wou my hê.

Ek word Dinsdag 50 –> Op 25 jarige Ouderdom het Ek Jesus een oggend op my knieë ontmoet.

  • Vir die laaste 50 jr het ek dinge beleef, mense ontmoet, goeters gekoop, besigheid gegroei, bediening gedoen, plekke besoek, mooi dinge gesien, wonderlike familie oomblikke gehad en lekker dinge saam hulle gedoen MAAR ek kon niks vind wat my hart, my gedagtes en die diepste begeertes van my siel so bevredig soos die Here Jesus doen nie.

Hy praat van Homself as die weg, die waarheid en die lewe en ek is Hom ewig dankbaar dat Hy my weg, my waarheid en my lewe geword het.

Friedel, wat wil jy hê in 2026? Ek wil Hom hê. –> Jesus

  • Maar wat van planne vir kerk, jou besigheid of jou gesin?
  • Vreemd, hoe meer ek en Jesus saam is, hoe meer val al die ander dinge in plek.

En Hy alleen is die lewegewende teenwoordigheid wat my en jou se verandering gaan bewerkstellig.

  • Ek staan voor jou vandag en ek moedig jou aan: In 2026, soek die Persoon Jesus eerste.

Kom ons begin weer die jaar op ons knieë –> op die plek van afhanklikheid –> Ek kies verhouding.