Jesus – Die belangrikste dinge wat jy MOET verstaan
**(een van die belangrikste stuk woord wat ek ooit oor kan bedien) – Kol 1:27
Wanneer ek vir meeste gelowiges die vraag sou vra: Wat het Jesus vir ons gedoen? – sal die basiese beginsels van die evangelie korrek gedeel kan word.
- Maar ek het al agtergekom dat nie almal die volheid daarvan verstaan nie.
- Ekskuus as hierdie vir jou basic is vandag –> herhaling is dalk goed. Ek dink tog iets mag vir jou openbaring wees.
**** Jy is gees, jy het ‘n siel en jy woon in ‘n liggaam (jy is nie jou liggaam / vlees nie)

(SKETS 1 – Swart, dooie gees)
Die kondisie waarin elke liewe mens wat na Adam en Eva geleef het, gebore is:
- Liggaamlik lewendig. Geestelik dood. Kol 2:13
- Met ‘n sondige natuur (Psa 51:5) en ‘n slaaf van Sonde (Joh 8:34)
- Verwyderd van God (Jes 59:2)
- Verlore en deel van ‘n koninkryk van duisternis (Kol 1:13)
- Geestelik verblind, ons verstand is verduister (Efe 4:1)
- Verharde hart (Rom 2:5)
Volgens Rom 3:23 is hierdie almal se probleem want almal het gesondig en ontbreek aan God se heerlikheid.
Wat van my jong kinders?
Hulle verstaan nie… Mat 19:14 – Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele. (God nie onregverdig, genade met ‘n kind)
ONS PROBLEEM: Ons kan onsself nie red deur goeie werke nie –> Ons het ‘n verlosser nodig.
- Joh 3:3 sĂȘ: “As jy nie weergebore word nie, sal jy die Koninkryk van God nie sien nie”
- Joh 3:5 praat van ‘n water en ‘n geestelike geboorte.
- Jy vertrou in die dood en opstanding van Jesus om jou te vergewe en met God te versoen.
** Godsdienstigheid spreek nie die probleem aan nie. Jou brein het die kennis van godsdiens, maar jou gees is dood.
- Jy probeer baie hard self –> doen, doen, doen. Kerk toe, lees bybel ens. Maar geen vrug?
- Jou gees mens is nog nie lewendig nie, wedergeboorte is nodig (bekeer jou tot God).
‘n Ware wedergebore mens lyk nou so:

(SKETS 3: Geesmens lewendig, Heilige Gees woon nou in jou –> 2 persone in 1 liggaam

- Ek is Vergewe –> 1 Joh 1:9
- My gees mens lewendig gemaak. (Ek is regenereer) –> Tit 3:5
- Jy ontvang ‘n nuwe natuur / nuwe hart (justified) –> 2 Kor 5:17 ; Eze 36:26 ; Efe 4:24
- Vrygekoop (nie meer slaaf van sonde) –> Rom 6:6 – ou natuur saam Christus gekruisig.
- Versoen met God, en kry ‘n nuwe identiteit: Seun / Dogter van God –> Joh 1:12
- BekleĂ« met Jesus se geregtigheid –> 2 Kor 5:21
- Gees van God kom woon in jou –> Joh 14:17
- 2 Cor 5:17 (in Christus is ons ‘n nuwe skepping)
(SKETS2 : lig en duister koninkryk. Dooie en wedergebore gees mens) –> Kol 1:13

- Vanaf Koninkryk van duisternis oorgebring na Koninkryk van Lig van die Seun.
- (Nuwe burgerskap in ‘n nuwe Koninkryk)
GROOT Terme: Regenerasie, ‘n nuwe natuur, nuwe identiteit, bekleĂ« met Christus se geregtigheid.
- Is hierdie vir jou openbaring? (Dis hoekom ek sĂȘ baie kan slegs die basics van die evangelie verduidelik maar verstaan nie die dieper impak daarvan nie.) –> meer detail in hierdie jaar.
Friedel, as hierdie so is, hoekom sondig ek nog?
(fokus op die grys deel –> tot dusver was fokus op swart / verligte geesmens)
** MAAR: Hierdie nuwe mense en nuwe natuur, bly binne ‘n vleeslike liggaam (die vlees).
- Slegte gewoontes aangeleer onder ‘n ou heerskappy.
- Ons is oombliklik vrygemaak –> MAAR ons moet leer om vry te wandel.
- Skrif: Rom 12:2 Moenie aan hierdie wĂȘreld gelykvormig word nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed… (be transformed by the renewal of your mind)
As ek sondig: SKETSE: is ek swart / dooie geesmens OF verligte lewendige geesmens?)
.   OF   
- Is ek weer verlore en verwyder van God af?
As ek sondig (wat van die Heilige Gees? Waar is Hy?)
   OF    
Holy Spirit does not leave, Holy Spirit greaves. Hy verlaat jou nie dadelik nie, Hy word bedroef.
- ..
- Die Gees van God is hier om die bruid voor te berei / te versterk in heiligmaking. Hoekom sou God die Een wat ons Heilig maak, moet help en bystaan / versterk dan wegvat die eerste keer as jy sondig omdat jou vleeslike gewoonte nog nie heeltemal oorwinning het nie??
- Dan is ek hierdie kant, dan is ek daardie kant… 5 x keer per dag! NEE.
WAARSKUWING: 1 Thes 5:19 Blus die Gees nie uit nie… As jy jou rug draai en die wĂȘreld se dinge voluit gaan dien.
- Maar Hy gaan vir jou kom.
AFSLUITING: Ons almal hier lewe in een van 2 koninkryke.

