Boodskap / Preek oor: Nie my geregtigheid nie, maar Syne

Jesus – Nie My Geregtigheid Nie, Maar Syne

Vandag se boodskap: Dit klink te goed om waar te wees (sal jou lewe verander – sien laasweek ook).

  • Met wedergeboorte is ek vergewe en skoongewas. Goeie begin, maar baie dieper.
  • (My weë en gedagtes is hoër as julle s’n) –> sien sketse: toe wie van toepassing

Romeine 5:1 AFR20  “Omdat ons dan nou op grond van geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur ons Here Jesus Christus.”

Romans 5:1 CJB  “So, since we have come to be considered righteous by God because of our trust, let us continue to have shalom with God through our Lord, Yeshua the Messiah.”

A.g.v geloof / vertroue in Christus se voltooide werk wat vir ons redding bring –> Verkry ons ‘n status:

  • Geregverdig (I am considered righteous) –> Kennis van geregverdig: vrede by God

Wat beteken “geregverdig”? (from falling short to being declared righteous)

  • Dikaioó –> Vrygespreek, onskuldig verklaar (approved according to God’s standard)
    • Rom 3:23 –> vertel vir ons dat almal gesondig het, ons almal is by default van ons sondige natuur skuldig. Hoe kom ons van hier na geregverdig?

Een vers terug Rom 4:25 (eintlik die hele Romeine 4)

  • “Yeshua, who was delivered over to death because of our offences and raised to life in order to make us righteous.”
  • Jesus – die versoen offer -> (2 Kor 5:18-19) [nie menslike selfverbetering, maar God se initiatief]
    • Ons is met God versoen. En ons is regverdig verklaar.
    • “in order to make us righteous” –> Iets wat Hy doen (ons vertrou net)

Jesus is “righteous” / geregverdig voor God

Jesus tree nie bloot regverdig op nieHy ÍS die Regverdige Een uit sy natuur: sondeloos in Homself, deur die Vader goedgekeur, en bevoeg om geregtigheid toe te ken aan dié wat in Hom is.

1 Joh 2:1 … Ons het ‘n voorspraak by die Vader, Jesus Christus die Regverdige (Jesus Christ the Righteous One)

Nog ‘n dimensie byvoeg by laasweek se sketse…

Ons is in Christus (gered, skoongewas, vergewe en in Christus)

  • (2 Kor 5:17 ; Rom 8:1 ; 1 Kor 1:30 ; Gal 3:27)

2 Kor 5:17 (Afr53) – “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”

Rom 8:1 (Afr53) – “DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.”

Gal 3:27 (Afr20) – “want julle wat in Christus gedoop is, het Christus soos ‘n kleed aangetrek.”

Ek is in Jesus en as Abba na my kyk, sien Hy sy Seun Jesus voor hy sy seun Friedel sien.

(sien sketse – verduidelik) –> Jesus is genoeg en ek is in Hom.

  • Die boodskap is merkwaardig omdat dit beteken dat God nie met ons handel op grond van wie óns is nie, maar op grond van wie Christus is.
  • Is Jesus dan geregverdig en dan sondig? (is ons in en uit Christus die status 10 keer per dag?)

1 Johannes 2:1-2 AFR20  – “My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, sodat julle nie moet sondig nie; en wanneer iemand sondig, het ons Jesus Christus, die Regverdige, as Parakleet (Advokaat) by die Vader. En Hy is die versoening vir ons sondes – nie net vir óns sondes nie; maar ook vir dié van die hele wêreld.”

  • Ek word nie aanvaar omdat ek reg lewe nie; Ek lewe reg omdat ek aanvaar is.

Afsluiting – Nagmaal