Boodskap / Preek oor: Brug Bouers

Brug Bouers (Bou wat jou oorleef).

Die beeld wat ek vandag wil gebruik, is dié van ‘n brug.

Hoekom al hierdie inligting? Die kerk is geroep om ‘n lewende brug te wees, een wat deur een geslag gebou word sodat die volgende geslag veilig daarop kan oorstap. (Dis nie altyd so maklik nie)

Gesegde: “Ons sit vandag in die koelte van bome wat ons nie self geplant het nie”.

“Jy gaan later die vrug pluk van die besluite wat jy vandag neem”, MAAR dit gaan verder as dit. Die vrug (en Saad daarin) gaan steeds beskikbaar wees wanneer ons nie meer hier is nie.

Ons sê: “Ons bou ’n lewendige brug” – Hoekom?  Want die koninkryk van God moet gebou word. AMEN?

Hoe? deur die evangelie te verkondig.

Wat is die evangelie? Die boodskap van: Liefde, Hoop, Vergifnis,Versoening.

“Want elke knie sal buig en elke tong sal belei dat Jesus Christus die redder en saligmaker is” Filippense 2:10-11

God se begeerte is om ’n lewende, gesonde en liefdevolle verhouding met elkeen te hê!

Hierdie brug wat ons bou word bymekaar gehou deur die sterk, gevlegte kabels van God se storie en sy getrouheid.

Elke element van jou ervaring by LCF vandag is ’n sterk kabel wat styf teen ander kabels gevleg word. (Kuier=kabel, Aanbidding=kabel, Kindertoewyding=kabel, Gebed=kabel, Boodskap=kabel, Nagmaal=kabel).

Vandag kyk ons na hoe elkeen van ons help om hierdie geloofsbrug vir die volgende geslagte te bou.

Die Kindertoewyding = Ons Lê die Fondasie

Die kindertoewyding = die besluit om te begin bou.

Vandag = Eerste-spit seremonie vir ‘n massiewe brug.

Die ouers staan hier voor as die hoof-ingenieurs, hulle het die bloudruk uitgerol.

As ons as gemeente besluit om hulle te ondersteun, het ons besluit om deel van die bouspan te geword.

Ons belowe om ons moue op te rol en te help werk. Ons bou aan ‘n geloofsbrug vir hierdie kind om eendag op te loop. Ons belowe dat hulle nie alleen oor die diep waters van die lewe hoef te swem nie; daar sal ‘n brug wees wat vir hulle wag, ‘n brug wat deur ons gebou is.”

Vrae om oor te dink:

  • Gemeente – is jy deel van ’n bouspan? “Hoe lyk jou rol in hierdie bouspan? Vir party is dit om ‘n Sondagskool-juffrou of jeugleier te wees. Vir ander is dit bloot om hierdie kind se naam te leer en vir hulle te bid.”
  • “Is jy bereid om ‘n brugbouer te wees? Om jou tyd en wysheid te belê, nie net in jou eie familie nie, maar in die jonger gelowiges van hierdie gemeenskap waarin jy is?”

Soos die kinders groot word, Vleg ons die Hoofkabels.

Die boumateriaal wat ons gebruik is die boodskap van die die evangelie.
Boodskap en toonbeeld van: Liefde, Hoop, Vergifnis, Versoening…

Fotos wys – Daardie massiewe kabels is gemaak van duisende dunner staaldrade wat saamgevleg is.

Presies soos die storie wat God in Sy woord vertel.

Die storie van Dawid is een draad. Die storie van Ester is nog een. Die storie van die Uittog uit Egipte is ‘n derde. Elke ander storie in die Bybel ook.

Vir my en jou = Elke getuienis van God se goedheid in ons eie lewens, is nog ‘n draad.

Wanneer ons hierdie stories vertel, soos Psalm 78 sê, vleg ons hulle saam.

En wat hou alles bymekaar? Die hoofdraad, die kern waarom al die ander gedraai word: die storie van die kruis en die opstanding van Jesus.

Saam vleg ons ‘n geloofstou wat ons vir die volgende geslag aangee.

Sterk genoeg om hulle in enige storm vas te hou.

Vrae om oor te dink:

  • Watter drade vleg jy in die kabel in? Vertel jy die stories van God se krag in jou huis? Deel jy jou eie storie van God se goedheid met jonger gelowiges?”
  • Ken ons kinders hierdie stories? Ken hulle nie net die feite nie, maar die ‘kragtige dade’ van ‘n God wat vandag nog leef en werk?

Een van die eerste vrae wat by my opgekom het was: Wat behels die Instandhouding op hierdie brug?

Instandhouding vir die geloofsbrug is ook nodig. (Nagmaal is ons heilige Brug-Onderhoud)

Hierdie is hoe ons seker maak die brug bly sterk en hou vir die geslagte wat kom.

Ons kom na hierdie tafel om die fondasie waarop ons bou te inspekteer.

Ons onthou waarop hierdie brug gebou is—nie op ons eie goedheid nie, maar op die liggaam en bloed van Jesus Christus.

Ons toets die spanning in die toue van ons eie geloof.

Sodoende versterk ons hierdie brug vir die kleintjies wat eendag daaroor sal stap.

Vrae om oor te dink:

  • “Wanneer jy die brood en die wyn neem, sien dit nie net as iets persoonliks nie, maar as iets wat ons as ‘n gemeenskap saam doen. Ons bewaar hierdie nalatenskap.
  • Ons maak seker die geloof wat ons aangee, is nie ‘n swak, gerafelde kabels nie, maar ‘n sterk en veilige reddingslyn.”
  • Laat toe dat die herinnering aan Jesus se offer jou meer vasberade maak om ‘n brugbouer te wees?”

Afsluiting:

LCF – ons is konstruksiewerkers wat besig is om ’n brug te bou wat ons gaan oorleef.
Ons doen dit deur:

  1. ’n belangrike belofte(commitment) te maak [Kindertoewyding].
  2. God se groot storie te vertel [Kruisdood en Opstanding]. Toonbeeld van: Liefde, Hoop, Vergifnis, Versoening…
  3. Saam die Nagmaal te vier.