Boodskap/ Preek oor: Gemerk, afgesonder, gesalf (Deel1)

Gemerk, afgesonder, gesalf – Deel 1

Is jy ‘n wedergebore gelowige? | Is jy gemerk? | Is jy afgesonder? | Is jy ‘n gesalfde (anointed)?

Gemerk:  Efesiërs 1:13 – ‘In Hom is julle, toe julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het, verseël (marked) met die Heilige Gees, wat beloof is. ‘
Afgesonder: 2 Kor 6:15-17 ‘… Gaan uit hulle midde uit en sonder julle af.’ (29 keer & 60 x ‘heiliges’)

Gesalf: 2 Kor 1:21-22 – ‘Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ONS GESALF het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand (as ‘n deposito) in ons harte gegee het.’

Ek wil eintlik oor “om ‘n gesalfde te wees” gesels –> Maar ek moet begin met: gemerk en afgesonder.

Betekenis van salwing / anointing:

  • χρσμα (chrisma)
    • Salwing – dit wat aangevryf / aangesmeer is. (om te salf – om olie te smeer)
  • 3 Hoof Bybelse betekenisse van salwing (‘n gesalfde persoon):
    • ‘n Lewe afgesonder vir God
    • ‘n Lewe toegerus (gemerk) met die Heilige Gees
    • ‘n Gesag wat jou lewe dra / Outoriteit aan jou gegee is deur God (nie jou eie)

OT salwing = gesmeer met olie (uiterlik) | NT salwing = gesmeer met die Heilige Gees (innerlik)

As jy wedergebore is, is jy ‘n gesalfde

2 Kor 1:21-22 – “Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ONS GESALF het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand (as ‘n deposito) in ons harte gegee het.

2 Cor 1:21-22 – “Now it is God who makes both us and you stand firm in Christ. HE ANOINTED US, set His seal of ownership on us, and put His Spirit in our hearts as a deposit.”

PUNCHLINE: As jy wedergebore is, is jy gemerk, afgesonder en gesalf.

  • HG is die seël van eienaarskap op jou lewe, Jy is gesalf omdat HG in jou woon en dus afgesonder vir God.

**Die Here Jesus gee nie meer van die Heilige Gees aan sekere mense as aan ander mense nie.

Demonstrasie: Wedergebore gelowige kan vergelyk word met ‘n saad wat in ‘n tuin geplant word. Die saad is eg van dag 1 af, maar die vrug groei oor tyd.

  • Elke wedergebore tuin het die saad, sekere mense gee net meer om vir hulle tuin en die saad.

Jy is Gemerk – God het ‘n deposito in jou gemaak

VRAAG: Hoekom dink jy dat salwing iets besonders is wat slegs aan sekere mense gegee word?

Heilige Gees is as saad gedeponeer binne elke wedergebore gelowige, MAAR nie almal leef afgesonder nie.

  • ** Die kwessie is nie hoeveel van die Heilige Gees jy het nie. Die kwessie is hoeveel die Heilige Gees van jou het.

Redding is ‘n gratis geskenk deur geloof en saam met dit die Kosbare Helper Heilige Gees, MAAR om te groei hierin en te stap hiermee gaan jou ALLES kos.

  • Heilige Gees begin ons reinig, ons word uitgedaag, ons gehoorsaamheid word getoets –> LAAT HOM TOE OM IN ELKE AREA IN TE KOM.
  • Ons pas dalk nie meer lekker in nie / ons raak vreemd vir die wêreld om ons –> en party trek terug en is nie bereid nie, terwyl ander net na dieper en dieper waters van Sy teenwoordigheid in hulle lewe bereik.
  • Jy kan nie salwing wegsteek nie –> dit trek mense na jou toe (slegte nuus: hulle soek nie jou nie, hulle soek die salwing).

Begeer jy ‘n groter belewenis van salwing op jou lewe? Leef jy afgesonder? Hoeveel van jou het die Heilige Gees?