Boodskap/ Preek oor: Gemerk, afgesonder, gesalf (Deel2)

Gemerk, afgesonder, gesalf – Deel 2

Bybelse Salwing: Holy Spirit presence, empowering a believer to be set apart for God’s purposes.

Jesus verklaar: Luk 4:18-19 – “Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here te verkondig.”

Hoe lyk salwing? [Hand 1:8 (ons) en Hand 10:38 (Jesus)]

Hand 1:8 ‘Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees…’

  • Heilige Gees se teenwoordigheid EN Heilige Gees se krag en outoriteit.

Mispersepsie:

Ek is by jou, verander jou, help jou, waarsku jou (teenwoordig) –> Nee, geen teken van salwing.

Krag om op slange en skerpioene te trap, blindes sien, dowes hoor –> Ja hierdie is salwing

Jesus in Luk 4:18-19 – HG op Hom en gesalf vir wat?? –> kyk na elke stukkie genoem in die vers.

  • Waar is die geestelike armes, verbryseldes van hart, gevangenes, blindes, gebrokenes? Om jou
  • Salwing is op jou vir ‘n doel –> Nie om nooit na iemand uit te reik, by huis Netflix te kyk nie.
  • Daar is nie ‘n Netflix salwing nie. (Ek lewe my eie lewe en gee nie om vir ‘n verlore wêreld).

(wil jy verbryselde harte sien genees, gevangenis sien vrykom, blindes sien, armes – evangelie)

Salwing is vrug EN gawes

Gal 5:22 – Die vrug van die Heilige Gees EN 1 Kor 12:7-11 – Die gawes van die Heilige Gees.

  • Moenie kyk na die vrug wat God in jou produseer en salwing (transformerende teenwoordigheid, afsondering/anders wees) miskyk want jy sien en ervaar min gawes (krag).
  • NB Wat as: Baie manifestasies van gawes is maar min vrug ontwikkeling?

Dit kan jou van koers af neem.

  • Gawes sonder karakter kan lei tot probleme (Note: Salwing/Gawes is HG en nie ek en jy nie).
  • HG vloei kragtig, want Hy is teenwoordig. Gawes is nie ‘n bewys van volwassenheid nie.

Die Gemeente in Korinte

  • 1 Kor 1:5-7 – die gawes ontbreek nie, kragtig in spraak en kennis.
  • 1 Kor 1 – lees van stryery, divisie en trots onder hulle.
  • 1 Kor 3:1 – Babas in die geloof (moet met julle praat as wêreldse, nie geestelike mense)

Wanneer jy lei aan verwerping en graag raakgesien wil word, moet jy oppas dat dit nie lei na trots en self-verhoging nie.

  • Mense soek meer na die platvorm as na die Teenwoordigheid van God.
  • Salwing moet: mense dien, koninkryk bou, Jesus openbaar.
  • Salwing moet nie: Mense beheer, beïndruk / manipuleer nie, jouself openbaar nie, nie vir status

Jou groeiende karakter (wat vrug insluit – wie jy besig is om te word) is die ding in jou lewe wat salwing gesond gaan onderhou en dra. (Krag vir Vrug is belangriker as krag vir gawes)

  • Vrug > Gawes – Karakter is belangriker as jou vermoëns – (Mat 7:21-23)
  • 1 Kor 13 (vrug) tussen / in die middel van 1 Kor 12 en 14 (krag en gawes)

Raak jy dalk ontsteld met Die Here omdat moeilike tye teenwoordig is, maar jy is nie bewus dat God hierdeur goeie vrug na vore bring, dus jou karakter bou nie (vir groter dinge / tye wat kom)?

  • Vir hoe lank nog Friedel? Vir solank Hy goed dink (julle weet ons kan die prosesse vertraag).
    • Maak nie saak hoe lank die moeilik is nie, vorm my karakter want ek begeer ‘n groter gewig van salwing in my en deur my.
    • HG vul my: Ek kan nie want jy is nog te vol van jouself. –> min “set apart”.