Boodskap / Preek oor: Die Krag van Woorde


KRAG VAN WOORDE

Skrifgedeelte: James 3:1-12 AMP

 Inleiding:

Proverbs 18:21 (AMP)“Death and life are in the power of the tongue, and those who love it and indulge it will eat its fruit and bear the consequences of their words.” 

  • Woorde wat hardop gesê word dra geweldige kreatiewe krag, geestelike krag wat die werklikheid vorm, verandering bring en die hart se toestand weerspieë

Gebaseer op Bybelse beginsels word gelowiges aangemoedig om God se beloftes hardop te sê.

 Die Krag van die Hoorbare Proklamasie

  • In die geestelike realm is woorde soos pyle wat gerig word.
  • Dit is nie genoeg om net die beloftes van God teglo nie; daar is tye wanneer jy dit moet sê.
  • Wanneer ons God se Woord hardop sê, bring ons die hemelse realiteit in ons aardse omstandighede in.
  • Die vyand kan nie jou gedagtes lees nie, maar hy moet gehoorsaam wanneer jy dieWoord van God hardop bely.
  • Ons grootste wapen is om God se Woordhardop oor ons situasies te spreek.
  • God se Woord is nie net bedoel om gelees te word nie — dit is bedoel om GESÊ en GEPROKLAMEER te word.

 Hoekom hardop?

Romans 10:17

17 So faith comes from hearing [what is told], and what is heard comes by the [preaching of the] message concerning Christ.

 

  • Geloof kom deur diehoor van die Woord
  • Wanneer jy die Skrif hardop sê, hoor jou eie ore die waarheid, en die vyand moet vlug.

 

Daar is ‘n Kragstasie tussen jou Kake

  • Ons woorde dien as die stuurwiel van ons lewe.
  • Net soos ‘n klein roer ‘n massiewe skip op die oseaan rig, het ons woorde wat oor ons lippe kom die potensiaal om die rigting van ons huwelike, ons gesondheid en ons toekoms te beinvloed
  • Ons moet begin verstaan dat woorde geestelike sade is wat die krag het om ons realiteit te vorm.

Woorde het Skeppingskrag:

  • God het die wêreld in bestaan Gen 1 En God het gesê:“Laat daar …‘n uitspansel, ligte wees”.

Skrif:

Hebrews 4:12 (AMP)

“For the word of God is living and active and full of power [making it operative, energizing, and effective].”

 Woorde is…

Spieël van die hart: Daar is ’n Hart-Mond-Verbinding

Matthew 12:34b

For the mouth speaks out of that which fills the heart.

Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. AFR 53

  • Soos ‘n boom aan sy vrugte geken word, word jou hart deur jou woorde

Woorde het Skeppende en Vernietigende Krag:

“Words are not neutral; they are containers of energy that can build up or break down, creating realities, similar to how God spoke the world into existence.”

  • Woorde dra geweldige gewig en laat blywende merke.
  • Elke gesprek is ‘n “construction site” waar jy óf opbou óf afbreek.
  1. 1. Die Negatiewe Impak: Die Verwoestende Vuur
  • Wanneer ons nie dink voor ons praat nie, saai ons verwoesting sonder dat ons dit besef.

Skinder en Kritiek: Dit vergiftig die atmosfeer en breek verhoudings af.

dan kry jy ook…

Self-sabotasie: Om aanhoudend te sê “Ek kan nie,” of “Dit sal nooit uitwerk nie,” Jy bou so mure om jou en hou jou seëninge uit.

  1. 2. Die Positiewe Impak: Lewegewende Woorde

Proverbs 10:11

The mouth of the righteous is a fountain of life and his words of wisdom are a source of blessing,

  • ’n Bewaakte mond is ’n fontein van lewe.

Voor ons praat oor woorde se positiewe impak moet ons eers kyk na ’n ander belangrike punt

Homologeō (ὁμολογέω) is ‘n Nuwe-Testamentiese Griekse werkwoord wat letterlik beteken “om dieselfde ding te sê of “om saam te stem”. Dit word gebruik om ‘n openbare verklaring, erkenning of geloofsbelydenis te beskryf, sowel as die erkenning van sonde. (bely)

Dit verskyn ongeveer 26 keer in die Nuwe Testament en hou verband met om jou woorde in lyn te bring met God se waarheid.

“om dieselfde ding as God te sê.”

  • Dit gaan nie daaroor om ons gevoelens te ontken nie, maar om te kies om ons stem in ooreenstemming te bring met Sy waarheid.
  • Ons woorde is ‘n wettige verklaring in die geesteswêreld.
  • Wanneer ons sê wat Hy sê, bekragtig ons ‘n geestelike ooreenkoms wat hoër staan as ons tydelike omstandighede.
  • Dit is nie bloot “positiewe denke” nie; dit is die aktivering van ons wettige outoriteit as kinders van God.
  • Wanneer ons ons woorde verander, verskuif ons van slagoffers/victims van omstandighede na medewerkers van God se koninkryk.

 Die Krag van Woorde en die Positiewe uitwerking van jou woorde (wanneer dit belyn is met God se Woord)

 Geloof word vrygestel deur te praat. Om God se beloftes gereeld hardop te sê, is noodsaaklik om ons hart en verstand te transformeer en negatiewe omstandighede te oorkom.

  • Transformasie is nie’n kitsproses nie; dit is ‘n reis van heiligmaking waar die Heilige Gees die aktiewe agent
  • Heilige gees gebruik ons gesproke Woord as ‘n presisie-instrument om ons binneste te hervorm.
  • Dink aan die Woord as die “Hamer van God”

Jeremia 23:29

Is my woord nie só, soos ‘n vuur, spreek die Here, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?

Soms is ons harte of gewoontes soos ‘n harde rots.

Die hamer (woord) tref miskien die eerste keer sonder sigbare effek, maar elke herhaalde WOORD of hou teen daardie rots se effek is dat dit uiteindelik in stukke breek.

Woorde van…

Bemoediging: Een woord van hoop kan iemand uit depressie lig.

Genesing in verhoudings: Sagte woorde bring kalmte in ’n stormagtige huis.

Skrif: Proverbs 12:18 (AMP): “There is one who speaks rashly like the thrusts of a sword, but the tongue of the wise brings healing.”

Voorbeelde uit die bybel van “Die krag van woorde”:

  • Praat met jou “Berge” woordspeling beeldin die Woord:
  • Volgelinge van Jesus word aangemoedig om direk en met outoriteit met probleme (berge) te praat, eerder as om net daaroor te praat, met die geloof dat wat gesê word, sal gebeur.

Daar is outoriteit in jou woorde as dit belyn is met God se Woord: (3 manne)

 Eerste Jesus se voorbeeld:

Jesus: maak die storm stil

Matthew 8:23-30 26 He said to them, “Why are you afraid, you men of little faith?” Then He got up and rebuked the winds and the sea, and there was [at once] a great and wonderful calm [a perfect peacefulness].

Jesus: Die Oorwinning oor Versoeking

In die woestyn het Jesus die vyand nie met logiese beredenering of stil gebed aangeval nie. Hy het elke aanval van die duiwel teengestaan met die hoorbare Woord.

Drie maal het Jesus gesê: “It is written…” (Matthew 4:4, 7, 10, AMP).

  • Selfs die Seun van God het die geskrewe Woord hardop gebruik om die vyand te laat vlug.
  • Die vyand kan nie jou gedagtes lees nie, maar hy moet wyk voor die gesproke outoriteit van die Skrif.
  • Wanneer jy sê “Daar staan geskrywe…”, aktiveer jy die krag van God.

Dawid: teen Goliat

  • Voordat Dawid die klip gegooi het, het hy eers die oorwinning
  • Hy het nie vir Goliat gekyk en in sy hart gebid nie; hy het die atmosfeer gevul met die woorde wat hy in sy hart geglo het.

Dawid sê vir die Filistyn: “This day the Lord will hand you over to me…” (1 Samuel 17:46, AMP).

  • Dawid het sy omstandighede (die reus) vertel wie sy God is.
  • Hy het die uitkoms aangekondig voordat dit gebeur het.
  • Sy woorde het die geestelike pad oopgemaak vir die fisiese oorwinning.Eségiël: Lewe vir die Dooie Bene

God het vir Eségiël gevra of die droë bene kan lewe, en toe beveel Hy hom om te profeteer.

“So I prophesied (gepraat/sê) as He commanded me; and the breath came into them, and they came to life…” (Ezekiel 37:10, AMP).

  • Soms wag God vir jou om oor jou “dooie” situasie (jou finansies, huwelik of gesondheid) te praat.
  • Die bene het eers begin beweeg toe die profeet sy mond oopmaak en God se woorde gespreek het.

Josua: Mure van Jerigo

By Jerigo was daar ’n tyd vir stilte, maar die mure het eers geval toe die volk met hul stemme die oorwinning aankondig.

“…and when the people heard the sound of the trumpet, they raised a great shout and the wall [of Jericho] fell down flat.” (Joshua 6:20, AMP).

  • Daar is ’n krag in die gesamentlike, hoorbare proklamasie van God se volk wat vestings laat ineenstort.

Hoekom is dit vandag belangrik?

Dit verander jou eie gemoed en jou hart: Wanneer jy jouself hoor sê: “Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.” (Psalm 23),

  • dan begin jou senuweestelsel en jou gees kalm word.

Toepassing:

Woorde kan omstandighede en selfs die natuur verander maar meeste van die tyd verander woorde jou van binne.

 Hoe die Heilige Gees Werk

Hier is die proses hoe ons lewens van binne na buite verander:

  • Geloof deur Gehoor: Geloof kom deur die gehoor van die Woord (Romeine 10:17). Wanneer ons die waarheid hardop spreek, hoor ons eie ore die stem van geloof, wat ons innerlike oortuiging versterk.
  • Geestelike Chirurgie: Die Woord is die “Swaard van die Gees” wat volgens Hebreërs 4:12 deurdring tot by die skeiding van siel (ons gevoelens en wil) en gees. Die Heilige Gees gebruik hierdie swaard om ons ou identiteit en negatiewe vestings weg te sny van die nuwe mens wat ons in Christus is.
  • Vernuwing van die Denke: Deur die Woord herhaaldelik te spreek, “was” die Heilige Gees ons gedagtepatrone (Romeine 12:2). Ons begin dink soos God dink.
  • Eksterne Manifestasie: Net soos die reën in Jesaja 55 uiteindelik vrug uit die grond dwing, begin ons woorde uiteindelik sigbare resultate in ons dade en omstandighede voortbring.

 Ons gaan nou hierdie waarheid prakties maak. Ek wil hê julle moet opstaan. Ons gaan nie net die Woord lees nie, ons gaan dit vrystel deur dit hardop te sê . Homologeō = om saam met God se Woorde te stem

“Proclamation prepares the atmosphere for God’s power.”

PROKLAMASIE MOMENT

God se Woord is lewendig!
Ek spreek lewe!
Ek spreek genesing!
Ek spreek oorwinning!
Ek wandel in God se beloftes vir my lewe!

 Gebed/Verklaring saam met die gemeente:

“Vader, ek verklaar vandag dat geen wapen wat teen my gesmee is, suksesvol sal wees nie. Ek verklaar dat U my voorsiening is, my geneesheer en my krag. My woorde gaan nie vandag vrugteloos terugkeer nie, maar dit sal doen waarvoor U dit gestuur het. In die Naam van Jesus, Amen!”

 Finale gedagte:

  • Voor jy jou mond oop maak: Stop en Dink:Vra jouself: “Gaan hierdie woorde opbou of afbreek?

Wanneer God se Woord uit jou MOND kom, begin Go