Boodskap / Preek oor: Bly in My

Bly in my – “Abide”

OPENING ILLUSTRASIE — “Die Tak”

Toe ek hom afsny, het hy nog perfek gelyk. (Groen. Vars. Lewendig).

As jy hom daardie oomblik gesien het, sou jy sê—daar is niks fout nie.

Maar hier is die werklikheid…

Die oomblik toe hy loskom van die boom, het die sterf-proses begin.

Nie dadelik sigbaar nie…maar beslis onvermydelik.

(Pouse — laat dit insink)

“Die volgende dag—nog redelik okay. ’n Paar dae later—(Droog. Bros. Dood).

Hierdie tak het nie probeer om te sterf nie…

Dit het gebeur omdat hy ontkoppel was van sy bron.

Hoekom die illustrasie van die tak? – Baie Christene lyk soos daardie tak.

Van buite lyk alles nog reg— ons (kom kerk toe, ons dien, ons glimlag maar

innerlik is daar droogte. Moegheid. Min lewe

Ons voel nie so omdat ons sleg is nie…

maar omdat ons probeer aanhou “lewendig bly” sonder verbinding.

JOHANNES 15:1-5 AFR83

‘1“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. 2Elke loot aan My wat nie

vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog

meer vrugte kan dra. 3Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle

gesê het. 4Julle moet in My bly en Ek in julle. ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra

as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.

5“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte,

want sonder My kan julle niks doen nie. ‘

John 15:4-5 NKJV

Abide in Me, and I in you. As the branch cannot bear fruit of itself, unless it abides

in the vine, neither can you, unless you abide in Me.’

I am the vine, you are the branches. He who abides in Me, and I in him, bears

much fruit; for without Me you can do nothing. ‘

Jesus sê: ’Bly in My… want sonder My kan julle niks doen nie.’

Die probleem is nie gebrek aan inspanning nie— want ons probeer hard!

Waarmee ons sukkel is om “verbind” te bly.

Ons fokus is op die doen vir God

Jesus se fokus is op die wees by Hom

“God het jou nie geskep om soos ’n afgesnyde tak te probeer oorleef nie.

Hy het jou geskep om verbind en lewendig te wees.

Jesus sê hier – Die geheim is nie om harder te probeer nie…

maar om te bly.”(Abide)

Dis eenvoudig:

Wanneer jy ontkoppel, – droog jy uit.

Wanneer jy bly(abide), – vloei lewe.

Geen verbinding geen lewe

Geen lewe geen vrug

“Jy kan besig wees vir God en steeds ontkoppel wees van God.”

Wat beteken “abide”?

Om in God te bly, is meer as om in Hom te glo —

– Abide = om jou gees te posisioneer op ’n plek waar die lewe vloei.”

– Abide = ’n woonplek vir jou Gees, waar jy diep verbind bly met Jesus, in ‘n

aaneenlopende, lewende verhouding.

1. Abide = Om verbind te bly

Nie net af en toe nie—konstant(tak kan nie af en toe terug geplug word nie)

2. Abide = Om in verhouding te bly

Nie godsdiens nie, maar nabyheid

3. Abide = Om jou tuiste in Hom te maak

Jou gedagtes, emosies en besluite geanker in Hom

Hoekom ontkoppel ons van Hom?

Die mens het ‘n dryf vir self-afhanklikheid:

Ons vervang “Abide” met prestasie

My bevinding – Hoe besiger ons raak, hoe meer geestelik afgestomp

Ek sê weer: “Jy kan besig wees vir God en steeds ontkoppel wees van God.”

Die resultaat van “abide”— “Wat gebeur as jy bly?”

Uit Johannes 15:5

1. Vrug vorm natuurlik

Karakter (vrede, geduld, liefde) Ons verander

Nie geforseer nie—dis die natuurlike uitkoms van verbintenis.

2. Jou lewe dra geestelike gewig

Geestelike impak op ander (krag) God werk deur jou

Met verloop van tyd begin jou begeertes belyn met Syne.

Jy volg nie net God nie—jy begin om deur Hom gevorm word.

3. Jy ervaar ware intimiteit met God

God voel nie ver nie, maar persoonlik

Jy besef daagliks dat jy nie sonder HOM kan klaar kom nie.

Jy ervaar Sy teenwoordigheid en voel hoe Sy lewe deur jou vloei.(Sien

dinge anders as van tevore)

Hoe bly ons in Hom? (Cornea speel keys)

Tyd in Woord + Tyd in gebed + Daaglikse oorgawe

Wanneer jy afdwaal—kom vinnig terug

Quote: The highest form of worship is obedience”

Vertrou Hom In alles bv. (Besluite, stres, gesprekke)

Spreuke 3:5-6 AFR20

Vertrou op die Here met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie.

Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie reguit maak. ‘

By die werk

In verkeer

In ouerskap

In konflik

Bedienings oomblik:

Vra: “Waar het jy ontkoppel geraak?”

Nooi hulle terug—geen skuld, net herstel

Eenvoudige gebed:

“Jesus, ek kom terug na U.

Ek kies om weer in U te bly.

Wees my bron. Leef deur my.”