Regverdig verklaar en sonde doen. Hoe?
Ek het ‘n paar boodskappe bedien die jaar om mense te help groei in hulle Goddelike identiteit.
- Die doel is om diegene te help wat nooit goed genoeg voel nie, wat met ‘performance’ mentaliteit die heeltyd hard wil werk om goed genoeg te wees, te help.
- MAAR: cheap grace prestasie gebaseerde geregtigheid (ons soek midde-weg)
VRAAG: Wie van julle het weer gesondig na jy wedergebore is?
- LEES: 1 Joh 3:4-10 (Afr20)
- Hoe interpreteer ons die skrif? (Is ons almal in die moeilikheid en nie God se kinders nie?)
Verwysing na sonde hier: Losstaande gebeure en nie ‘n leefstyl van sonde.
- “Tense”: Present continuous –> DUS sondig nou en aanhou met sonde doen.
Johannes het vroeër OOK die volgende geskryf:
- 1Joh1:8 As ons sê dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie
- 1Joh2:1-2 Ek skrywe hierdie dinge aan julle dat julle nie moet sondig nie, maar as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak (Advokaat / propitiation) by die Vader, Jesus Christus die Regverdige. Hy is die versoening vir ons sondes… (nie net ons s’n nie maar die hele wêreld)
- Die boodskap vanoggend: MOENIE sondig nie, maar as jy het…
Hoe bring ons dit terug na 1 Joh 3:9 – Elkeen wat uit God gebore is, doen nie meer sonde nie?
- Want hier is BAIE se stryd.
- Johannes praat nie hier van volmaaktheid om nie te sondig nie, maar “compatibility” met sonde
- Bedoelende: Wedergebore -> Nuwe natuur + Heilige Gees in jou = kan nie in vrede sondig nie
Hier en daar sondig vs. patroon van sonde
Johannes verwys nie na sonde hier en daar nie, maar na ‘n leefstyl / patroon van sonde.
- Jy maak vrede met sonde, jy veg nie teen dit nie (tabel op skerm).
“In Hom bly” / “abide” beteken:
- Aanhoudende verhouding, afhanklikheid, lewe vanuit Jesus as jou bron.
- Jou natuur kan nie vrede maak met sonde nie, oortuiging gebeur vinnig, hardloop na God en trek nie terug agv skaamte nie.
Johannes sê nie vir ons: Jy kan God ken en steeds in sonde leef nie, dit maak nie saak nie.
- Nee, Johannes se dis onmoontlik.
- As jy gemaklik is om met sonde te leef en vrede maak daarmee: Jy ken God nie.
- Daar is ‘n verskil: Ek sondig nooit nie vs. ek kan gemaklik in ‘n patroon van sonde leef.
Maar ek voel so sleg –> Sien hoof foto van boodskap
Sleg voel is goed. Dis ‘n goeie teken. Prys Jesus as jy sleg voel:
- Jou gewete is lewendig.
- Jou nuwe natuur is lewendig.
- Heilige Gees is teenwoordig en oortuig jou.
- Dit bevestig dat jy nie gemaklik is met sonde nie –> Jy is weergebore.
- Dit bevestig jy is op koers – jy is steeds besig om geestelik te groei en vordering te maak.
As jy sondig en nie sleg voel nie –> dis ‘n probleem. Heilige Gees stem van oortuiging het stil geword.
Sonde –> Berou –> Bely –> Bekeer (draai weg) –> herstel intieme fellowship
- Moenie skuldig voel, terugtrek, dan “perform” om aanvaar te word nie. Dis nie kindskap nie.
Genade deur Jesus Christus is nie ‘n performance sisteem nie:
- Na X-hoeveelheid sonde, na ‘n slegte week of maand is ek nie meer ‘n kind van God nie.
- Maar wees ernstig om met die dinge te deel, moenie vrede maak en jou hart verhard nie.
Paradoks:
- Ek het gesondig: ek het my geregtigheid verloor. (NEE)
- Ek kan in sonde bly lewe, a.g.v. God se genade is ek steeds ok. (NEE)
- Ek het ‘n nuwe natuur wat nie in vrede saam sonde kan leef nie. (JA)
- My sin does not overpower Christ’s righteousness (JA)
DIE VRAAG IS NIE: hoeveel keer het jy gesondig nie, maar eerder: Bly jy in Hom?
- 21 Dag vas – Minder van myself en meer van Hom
