Hemelvaart:
Acts 1:9-11
The Ascension
9 And after He said these things, He was caught up as they looked on, and a cloud took Him up out of their sight. 10 While they were looking intently into the sky as He was going, two men in white clothing suddenly stood beside them, 11 who said, “Men of Galilee, why do you stand looking into the sky? This [same] Jesus, who has been taken up from you into heaven, will return in just the same way as you have watched Him go into heaven.”
Luke 24:50-51
50 Then He led them out as far as Bethany (bo-op die Olyfberg), and lifted up His hands and blessed them. 51 While He was blessing them, He left them and was taken up into heaven.
Mark 16:19 sê vir ons presies waar Jesus nou is.
19 So then, when the Lord Jesus had spoken to them, He was taken up into heaven and sat down at the right hand of God.
Jesus sit op Sy troon langs die Vader in die hemel.
Wat is die impak of belangrikheid wat Hemelvaart op Jesus… en op ons het?
- Geboorte
- Kruisiging
- Opstanding
- Hemelvaart
*Sonder dat al vier hierdie dinge nie gebeur het nie – kon ons nie die inwoning van Heilige Gees ontvang nie.
Jesus sê dis beter as ek weg gaan, dan sal my Vader ’n helper stuur wat julle nooit sal verlaat nie.
Inleiding:
Hemelvaart was nie die einde van Jesus se werk nie, dit is die begin van Sy verheerliking en Sy koninskap en regeer oor alles vanuit ’n nuwe posisie.
1. Jesus neem ‘n nuwe Posisie in:
“Assending” se 2 betekenisse: opvaar na die hemel = opstyg of assend to the throne. Albei is hier WAAR!
Wanneer Jesus gebore word as ’n mens, sterf aan die kruis, opstaan uit die dood en opvaar na die hemel… dan gebeur daar iets…
Mat 28:18
Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.
Jesus ontvang alle outoriteit en mag en word Hy verheerlik as Heerser en koning oor alles.
Hemelvaart uit twee hoeke gesien:
Die bybel leer dat Johannes vir Jesus voor en na hierdie transisie gesien het:
In Handelinge 1 sien hy Jesus opvaar saam met die ander 10 dissipels en jare later, terwyl hy in ballingskap op Patmos was, het Johannes ‘n visioen van die opgestane/verheerlikte Jesus in die hemel gesien.
Openbaring 1:13-18
en tussen die lampe Iemand soos die Seun van die mens. Hy het ‘n lang kleed aangehad en ‘n goue band om sy bors gedra.
Die hare op sy kop was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë het soos vuur gevlam. Sy voete was soos geelkoper wat in ‘n smeltoond gloei, en sy stem soos die gedruis van ‘n groot watermassa. In sy regterhand het Hy sewe sterre gehad, en ‘n skerp swaard met twee snykante het uit sy mond uit gekom. Sy hele voorkoms was soos die son wat op sy helderste skyn.
Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is. Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gesê: “Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk.
Wat ’n ontsagwekkende gesig: Toe Johannes Jesus in sy goddelike, hemelse toestand sien, het hy, ten spyte daarvan dat hy ‘n naby vriend op aarde was, aan sy voete neergeval asof hy dood was.
Stefanus sien Jesus aan God se regterhand staan voor Sy troon.
Acts 7:55-56
55 But he, being full of the Holy Spirit and led by Him, gazed into heaven and saw the glory [the great splendor and majesty] of God, and Jesus standing at the right hand of God; 56 and he said, “Look! I see the heavens opened up [in welcome] and [a]the Son of Man standing at the right hand of God!”
Daniël sien Jesus se hemelvaart vanuit hemelse hoek/oogpunt gesien in OT
Daniel 7:13-14
“I kept looking in the night visions,
And behold, [c]on the clouds of heaven
One like a Son of Man was coming,
And He came up to the Ancient of Days
And was presented before Him.
“And to Him (the Messiah) was given dominion (supreme authority),
Glory and a kingdom,
That all the peoples, nations, and speakers of every language
Should serve and worship Him.
His dominion is an everlasting dominion
Which will not pass away;
And His kingdom is one
Which will not be destroyed.
***Jesus beklee ’n nuwe posisie
2. Ons nuwe Posisie:
Hemelvaart beteken Jesus is nou aan die regterhand van die Vader.
Maar die woord sê iets verstommend oor ons Sy kinders: hoor hier!
Efesiërs 2:6 AMP Geestelik is ons saam met Jesus daar in die hemel.
6 And He raised us up together with Him [when we believed], and seated us with Him in the heavenly places, [because we are] in Christ Jesus,
- Ons kyk nie meer van die grond af op na die hemel en hoop vir help nie.
- Ons veg nie meer vir ’n oorwinning nie.
- Ons veg vanuit ’n posisie van oorwinning wat Jesus reeds behaal het.
***Omdat Jesus opgevaar het, en Hy die Heilige Gees gestuur het…
word ons gedagtes nuut (omdat Heilige Gees ons transformeer) en ons kan met ’n hemelse perspektief begin leef.
- Ons leef andersom!
- Ons dink andersom!
Kolosense 3:1-4
Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.
***Ons beklee ’n nuwe posisie
3. Die Woord “RIG” (Phroneō):
Diepte-studie: Die Griekse woord vir “rig” (phroneō) in Kolossense 3:2 beteken nie net om aan iets te dink nie. Dit beteken om jou hele ingesteldheid, jou emosies en jou wil op iets te vestig.
’n Termometer vertel jou net hoe koud dit op die aarde is.
’n Termostaat stel (beheer) die temperatuur (dis ’n aksie).
Toepassing: Om jou gedagtes te “rig” beteken jy besluit watter atmosfeer in jou binneste gaan heers, ongeag wat in die ekonomie of met jou gesondheid gebeur.
Jy reageer nie op die wêreld nie; jy reageer op en vanuit die perspektief van die Een op die Troon.
Vanuit watter perspektief kyk jy?
Vleeslike oë of Geestelike oë?
In 2 Konings 6:15-17 het Elisa se dienaar (in die tradisie geïdentifiseer as Gehasi) vroeg wakker geword en die stad omring gevind deur ‘n Aramese leër met perde en strydwaens. Verskrik het hy vir Elisa gesê, wat hom verseker het dat “dié wat by ons is, meer is as dié wat by hulle is”.
Uit Vleeslike Oë: Die dienaar het aanvanklik slegs die fisiese gevaar gesien – die vyandelike leër wat dreig om hulle te vernietig.
Uit Geestelike Oë: Elisa het gebid dat die Here die dienaar se oë oopmaak, en toe het hy die berge gesien vol ‘n massiewe, bonatuurlike leër van perde en strydwaens van vuur wat Elisa omring.
Die Les: Hierdie verhaal beklemtoon die kontras tussen die fokus op natuurlike gevare teenoor die sien van die geestelike beskerming van God.
Hierdie verhaal illustreer dat wat as ‘n nederlaag in die natuurlike voorkom, ‘n goddelike oorwinning in die bonatuurlike kan wees.
Die Strik van Horisontale Lewe:
- Wanneer ons net “horisontaal” kyk (na mense, probleme, nuus), raak ons moeg.
- Wanneer ons “vertikaal” kyk (na God se beloftes en waarheid), kry ons krag.
Skrifverwysing: Jesaja 40:31 – “Die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende.”
’n Arend vlieg bo die storm uit.
Hy stop nie die storm nie, hy gebruik die wind van die storm om hoër te styg.
Dit is wat gebeur as jy jou gedagtes op dinge daarbo rig.
Slot:
***Jesus se opstanding is ook belangrik vir ons omdat Hy besig is met ander dinge: (waaroor ons nie alles oor kan praat vanaand nie)
- Hy berei vir ons plek voor
- Hy tree vir ons in waneer die vyand ons beskuldig voor die Vader
nog iets waarmee Hy besig is…
Luke 3:16 (Johannes die doper sê)
16 John answered them all by saying, “As for me, I baptize you [only] [a]with water; but One who is mightier [more powerful, more noble] than I is coming, and I am not fit to untie the strap of His sandals [even as His slave]. He will baptize you [who truly repent] with the Holy Spirit and [you who remain unrepentant] with [b]fire.
- Jesus is besig om te doop: Hy doop met HG
Jesus is een wat doop: Heilige Gees is die een IN wie gedoop word.
1 Korintiërs 12:13
“En ons is tog álmal deur die een Gees in een liggaam in gedoop – Jode of Grieke, slawe of vrymense – en ons is almal met een Gees deurdrenk.” (1 Korintiërs 12:13, AFR2020)
Refleksie:
Omdat Jesus opgevaar het, is aan Hom Hy alle outoriteit en mag gegee.
Omdat ons Sy kinders is, en gedoop is met Heilige Gees…
Vanuit watter perspektief leef jy vandag?
Is jy deurdrenk met Heilige Gees?
Verander vanaand jou perspektief (vanuit jou geestelike posisie) na ’n ewigheids en hemelse perspektief.
Things of the earth will go strangely dim song?
when we see from heavens perspective.
Song: “Turn your eyes upon Jesus”
Turn your eyes upon Jesus,
Look full in His wonderful face,
And the things of earth will grow strangely dim,
In the light of His glory and grace.
Amen
