Boodskap / Preek oor: ‘n Intieme ontmoeting by die tafel

Die Koning Nooi Jou Uit: ‘n Intieme Ontmoeting by Die Tafel

Die Nagmaal is nie ‘n leë godsdienstige ritueel nie, maar Jesus se persoonlike uitnodiging om al jou maskers af te haal en jou eie hart te anker in Sy voltooide werk aan die kruis.

1 Corinthians 11:23-26 AMP

The Lords Supper

23 [For I received from the Lord Himself that [instruction] which I passed on to you, that the Lord Jesus on the night in which He was betrayed took bread; 24 and when He had given thanks, He broke it and said, “This is (represents) My body, which is [offered as a sacrifice] for you. Do this in [affectionate] remembrance of Me.” 25 In the same way, after supper He took the cup, saying, “This cup is the new covenant [ratified and established] in My blood; do this, as often as you drink it, in [affectionate] remembrance of Me.” 26 For every time you eat this bread and drink this cup, you are [symbolically] proclaiming [the fact of] the Lords death until He comes [again].

In 1 Korintiërs 11:23-26 vat hy ons weg van die groot skares wat Jesus bedien het.
Hy bring ons na ‘n klein, intieme vertrek waar Jesus saam met Sy dissipels sit. Paulus herinner ons dat die Nagmaal nie ‘n tradisie is nie, maar ‘n lewende, warm verhouding.

Kom ons kyk wat sê die Here vandag vir jóú hart deur hierdie drie eenvoudige dinge: Onthou, Ondersoek, en “Reset”.

1: ‘n Persoonlike HerinneringJesus ken jóú naam

Skrif: “…Dit is My liggaam wat vir JULLE gebreek word; doen dit tot My gedagtenis.” (1 Korintiërs 11:24)
Die twee klein woordjies “vir julle”of “vir jou”verander alles. Toe Jesus aan daardie kruis gehang het, het Hy nie net aan ‘n vae groep mense gedink nie. Hy het jou geken.
Die brood en die wyn is God se trouring vir jou. Dit sê vir jou: “Ek het jou nie vergeet nie.”

2: ‘n Persoonlike OndersoekLos jou filters voor die Koning

Skrif: “Maar elkeen moet homself eers ondersoek en dán van die brood eet…” (1 Korintiërs 11:28)
Om jouself te “ondersoek” beteken nie jy moet eers perfek wees voor jy mag deelneem nie.
Bring jou lewe net soos dit is na die Een wat jou foute ken en jou steeds liefhet.

3: ‘n Persoonlike Toewyding en Die “Reset”-knoppie vir jou siel

Skrif: “Want elke keer as julle hierdie brood eet… verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.” (1 Korintiërs 11:26)
Ons raak moeg vir die gejaag van die lewe en ons loop op “low battery”. .
Jy kies om opnuut agter Jesus aan te loop en nie meer aan die leiband van die wêreld of jou ou sondes te loop nie.

Toepassing:

Wanneer jy die nagmaal kelkies vandag in jou hand vat, moet dit nie net meganies saam doen nie.
Maak jou oë toe. Sê vir jouself: “Hierdie is ‘n oomblik net tussen my en Jesus.
Moenie net algemeen bid vir vergifnis nie.
Sê vir die Here presies watter harde woorde jy hierdie week gesê het, of watter slegte houding jy in jou hart ronddra.
Los dit vandag by die kruis en sny die toue van die dinge wat jou terughou.
God soek nie jou godsdiens nie; Hy soek jou hart.
Toe Sy liggaam gebreek is, het Hy jou skuld betaal.
Toe Sy bloed gevloei het, het Hy jou vrygekoop.

Slot:

Moenie vandag uitloop en net dink dit was nou n lekker diens nie.
Loop hier uit met die wete dat die Koning van die heelal jou naam ken, jou persoonlik skoongewas het, en jou uitnooi om elke dag naby aan Hom te leef.
Dit is nie maar net ‘n tradisie nie dit verander jou hele lewe.