God ken die regte jy (Wees eg. Moenie voorgee nie.)
(As gedelegeerde hoof van die huis wil ek met die huis praat vanoggend):
1 Kor 4:18-20 (Afr53) – Maar sommige het opgeblase geword, asof ek nie na julle sou kom nie; tog sal ek gou na julle kom. as die Here wil, en dan sal ek te wete kom, nie die woorde van die wat opgeblase is nie, maar hulle krag; want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.
Agtergrond (konteks):
- Korinte was ‘n stad waar mense status, redenaarskuns, invloed en openbare aansien hoog geag het.
- Die kultuur van die samelewing het ook die gemeente beïnvloed.
- Wat Paulus probeer aanspreek: Mense se trots, verdeeldheid en die feit dat hulle die kruis van Jesus verruil het vir menslike wysheid en vertoon.
Vanoggend se boodskap kom nie omdat ek voel dat ons as ‘n gemeente dieselfde uitdaging beleef nie.
Dit kom eerder as ‘n waarskuwing aan my en julle dat ons sal bly veg vir wat ons het en beleef en nie die deur sal oopmaak vir hierdie uitdaging nie.
Die mense in die gemeente van Korinte het gepraat asof hulle geestelik volwasse is…
- Maar hulle karakter en eenheid het iets anders gewys.
- Daar was baie woorde, selfs kritiek teen Paulus, maar min geestelike krag.
Die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag (betekenis?)
M.a.w. mense praat baie, maar toon min:
- Bonatuurlike manifestasies krag (natuurlik, maar nie net dit nie)
- Krag om sonde te weerstaan. Krag om lief te hê en te vergewe. Krag wat vrug produseer.
- Krag om staande te bly in moeilike tye. Krag van die Heilige Gees wat in jou en deur jou werk.
- Heilige Gees transformasie krag is duidelik sigbaar in my lewe.
- Rom 14:17 (Afr53) – Want die koninkryk van God is nie… spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
“Die koninkryk van God bestaan nie net in woorde (baie praat en slim lyk nie) nie, maar in krag”.
- Voorgee gaan ons nie uitbring waar ons graag wil uitkom EN waar Jesus ons wil hê nie.
- Ons gaan MOET deel met dit wat ons agter die masker wegsteek.
Ek kan nie myself wys nie, mense gaan nie van die “regte ek” hou nie.
- Vir ons almal hier: God ken die regte ek. –> Moenie so voorgee asof God nie bestaan nie
- Wat is in my en jou se lewe wat Die Here nie van weet nie?
- HY KEN DIE REGTE EK EN JY – (die troon is die Friedel s’n nie) Wat wen ons??
Wat moet God toelaat in ons lewe sodat ons maskers af val? Of kan ons die prosesse bespoedig deur self die maskers af te haal? –> Moet ons eers deur verskriklike goed gaan?
Applikasie by LCF Gemeente
Ons is nie ‘n “status kerk nie” ons is nie “la-di-da” mense nie.
- Noem paar woon adresse, kar wat jy ry, logo op jou truitjie, grade – Dit maak nie saak nie.
- Ons is nie almal perfek en uitgesorteer nie.
- ONS IS WEL BAIE ERNSTIG OM JESUS TE VOLG MET JOU HELE HART.
Ons almal het ‘n storie –> MAAR Jesus het ook ‘n storie.
- Hier wil ons mens help dat Jesus se storie, my eie storie oorskadu.
- Ons kan nie vir jare bly net by my storie nie –> Daar is ‘n ander storie en Iemand wat genesing bring.
- MAAR ons gaan dan bou op die waarheid en nie agter voorgee wegkruip nie.
Vertroue
Maskers bevorder nie vertroue nie.
- Nie by mense nie, nie by die Here nie.
- Jesus ken al ons maskers, hoe wil ons hê moet Hy ons vertrou met die dieper dinge van die Koninkryk?
Hoe hanteer ons “egtheid”? — LEER wie jy kan vertrou.
- Hoe wil jy hê moet mense om jou jou kwesbare oomblik hanteer? Kan jy dit ook so aan iemand anders gee?
- Ek sukkel, maar ek is hier – hiermee kan ons werk. Hiermee SAL Heilige Gees werk.
