Harte draai, generasies verander
MAL 4:5-6 (Afr53) Kyk, Ek stuur julle die profeet Elia voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.
Maleagi verwys na Elia wat 400-450 jaar gelede al dood is.
Volgens Luk 1:17 en Mat 17:10-13 is hierdie Elia ‘n verwysing na Johannes die doper wat rondom 400 jaar later sou kom.
- Albei Elia en Johannes het mense tot bekering geroep – om met hulle hele hart terug te draai na God toe.
- In die proses sou vaderharte en kinderharte met mekaar versoen. (die vrug van bekeer tot God)
Ons realiteit vandag, 2000 jaar later
As vaderharte en kinderharte nie na mekaar gedraai is nie, is daar ‘n vloek op die land.
- Ons wêreld in 2026 beleef die grootste krisis van vaderloosheid – afwesigheid emosioneel, geestelik en verhouding gewys.
- Zithulele tiener kamp (+- 20 tieners, almal met geen pa in die huis nie)
- Maar jy kan ook fisies teenwoordig wees, en tog afwesig wees (emosioneel, geestelik).
- Dit veroorsaak verwonding – vader en moeder wonde – wat aan die wortel lê van identiteitkrisisse waarmee mense vandag leef (vind identiteit op verkeerde plekke).
Wat gaan in ons huise aan?
- Niemand van ons het in ‘n perfekte huis grootgeword nie. Ons almal het ‘n mate van verwonding en daardie seer sal uitspeel in jou eie huwelik en kinders se lewe.
- Tensy Jesus – ‘n heelhartige draai na Hom en na genesing.
‘n Hart probleem
Mal 4 verwys na harte wat terugdraai na mekaar toe, van 2 rigtings af.
Wat is die krag van ‘n hart wat WIL? – niemand sit druk op jou nie. Jy WIL regtig ‘n ander uitkoms sien.
- Gerhard & Juvan se getuienis op Inspirasie Stasie saam Dannha (2 harte wat wou).
- Gerhard erken: “Ek het foute gemaak, maar dis nooit te laat om iets daaraan te doen nie.”
Jer 29:12-13 (CJB) – When you call to Me and pray to Me, I will listen to you. When you seek Me, you will find Me, provided you seek for Me wholeheartedly.
- Wanneer hart en gedagtes belyn bly, kan ons ‘n Goddelike uitkoms verwag.
- KOM ONS WEES EERLIK: Om terug te gaan na seer plekke toe is nie maklik nie.
- Maar om dit te ignoreer want dis moeilik, hou my in die tronk van daardie pyn.
“You will find ME” – Finding God changes the seeker first. And eventually the circumstances as well.
Exo 34:6-7 (CJB) – “… showing grace to the 1000th generation…
- Generasies verander…
TWNaF en Mother Design
Die doel: Bewusmaking, Genesing en om Hemel huis toe te bring (in ons verhoudings).
- BY LCF erken ons dat sterk en gesonde familiebande die fondasie is vir transformasie in ons samelewing.
Vir wie is TWNaF en Mother Design?:
- Alle mans en vrouens. (as jy self ‘n pa en ma gehad het – hoe was daardie verhouding?)
- As jy jonk is, kom groei en berei voor vir dit wat kom.
- As jou kinders jonk is, perfek.
- As jou kinders al oud is, dis nie te laat nie.
- Van jong volwassenes af tot biltong ouderdom
Registreer nou:
- Mans – https://www.lifecf.org/product/twnaf/ (Begin die week Ma en Vry)
- Dames – https://www.lifecf.org/product/md/ (Begin Di 28 Julie)
