Wat doen jy met dit wat jy hoor?
James 1:22–25 AMP
22 But prove yourselves doers of the word [actively and continually obeying God’s precepts], and not merely listeners [who hear the word but fail to internalize its meaning], deluding yourselves [by unsound reasoning contrary to the truth]. 23 For if anyone only listens to the word [a]without obeying it, he is like a man who looks very carefully at his natural face in a mirror; 24 for once he has looked at himself and gone away, he immediately forgets [b]what he looked like. 25 But he who looks carefully into the perfect law, the law of liberty, and faithfully abides by it, not having become a [careless] listener who forgets but [c]an active doer [who obeys], he will be blessed and favored by God in what he does [in his life of obedience].
Inleiding
Ons hoor geweldig baie van God se Woord.
Maar Jakobus kom konfronteer ons vanoggend met ‘n dringende, praktiese vraag:
Wat doen jy met dit wat jy hoor?
1. God se Woord as ’n Spieël
Om te verstaan hoe die Woord van God presies soos ’n spieël vir ons werk, moet ons kyk na die eienskappe van ‘n spieël:
A. ‘n Spieël wys die Waarheid
Wanneer jy voor ‘n fisiese spieël staan, wys dit jou presies wat daar is.
- Die wêreld rondom ons probeer altyd ons sonde regverdig.
- Maar wanneer ons in God se Woord kyk, stroop dit al ons maskers en verskonings af.
- Dit wys ons ware motiewe.
- Dit wys vir ons die verskil tussen wat die wêreld as “normaal” beskou en wat God as heilig beskou.
B. ‘n Spieël Wys vir ons meer as net een ding (Vlekke maar ook Identiteit)
Hierdie Spieël het meer as een funksie funksies: dit wys die vuilheid wat verwyder moet word, maar dit wys ook jou eie gesig—jou identiteit.
- Eerstens wys dit jou vlekke—die dinge wat deur die Heilige Gees skoongemaak moet word.
- Tweedens herinner dit jou aan jou ware identiteit.
- Dit wys vir jou dat jy na die beeld van God geskep is, dat jy ‘n nuwe mens in Christus is, en dat jy duur gekoop is met Sy bloed.
- Dit wys jou dat jy vuil kolle het maar ook dat jy vlekkeloos vor die Vader staan omdat Jesus vir jou gesterf het.
- Dit wys jou nie net wie hoe jy op daardie oomblik lyk nie, maar ook hoe ons meer soos Jesus Christus moet lyk.
C. Hierdie woord-Spieël Verwag ‘n Aksie
‘n Spieël het geen krag om jou gesig skoon te maak nie.
- Om bloot die Bybel te lees (om net in die spieël te kyk), red jou nie.
- Die Bybel wys vir jou die vuil kol, en dan wys dit jou na die Bron van reiniging
na Jesus Christus vir jou redding en die krag van die Heilige Gees om ons te verander.
D. Nog ’n praktiese ding waarmee die Woord vergelyk word:
Hebrews 4:12 (Verwys na die Woord as ‘n tweesnydende swaard en beoordelaar van die hart) Dis soos ’n X-Straal Swaard
12 For the word of God is living and active and full of power [making it operative, energizing, and effective]. It is sharper than any two-edged [a]sword, penetrating as far as the division of the [b]soul and spirit [the completeness of a person], and of both joints and marrow [the deepest parts of our nature], exposing and judging the very thoughts and intentions of the heart.
- Waar die aardse gewone spieël ons uiterlike wys, werk die Woord soos ‘n geestelike X-straal masjien wat ons geestelike toestand wys… wat die gebreekte been van sonde diep binne-in ons sigbaar maak.
- Hierdie spieël is eintlik ‘n chirurgiese swaard. Dit sny deur ons uiterlike godsdienstigheid en ontbloot die werklike motiewe van ons hart.
Om weg te stap sonder om te gehoorsaam te wees aan wat Heilige Gees sê, is om te kies om geestelik siek te bly.
2. Die Gevaar van Geestelike Geheueverlies
Jakobus sê die hoorder-alleen kyk in die spieël, loop weg, en “vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het”.
Geestelike geheueverlies is wanneer… ons die Bybel lees, en die Heilige Gees ons oortuig van ‘n sonde, en ons die Bybel toemaak en en ons dan weg te stap sonder om te verander.
- Jy moet die swaard en die spieël sy werk laat doen.
- Om weg te stap sonder aksie, is om jou eie gesond word en groei te weier.
3. Die Toets en die Belofte
Kom ons kyk na wat gebeur as jy hoor en DOEN?
Matteus 7:24–2 AMP
24 “So everyone who hears these words of Mine and acts on them, will be like a wise man [a far-sighted, practical, and sensible man] who built his house on the rock. 25 And the rain fell, and the floods and torrents came, and the winds blew and slammed against that house; yet it did not fall, because it had been founded on the rock. 26 And everyone who hears these words of Mine and does not do them, will be like a foolish (stupid) man who built his house on the sand. 27 And the rain fell, and the floods and torrents came, and the winds blew and slammed against that house; and it fell—and great and complete was its fall.”
Die Twee Bouers: Jesus bevestig hierdie beginsel in Matteus 7. Hy vergelyk diegene wat Sy Woord hoor en doen met ‘n wyse man wat sy huis op die rots bou. Toe die storms en vloede kom, het die huis bly staan. Die hoorder wat nie doen nie, is soos die dwase man wat sy huis op die sand bou. Toe die storm kom, het dit met ‘n groot slag in duie gestort.
- Net so toets die storms van die lewe (krisisse, siekte, verlies) nie hoeveel teologiese boeke op jou rak staan nie.
- Dit toets die onsigbare fondasie van praktiese gehoorsaamheid.
- As jou geloof net uit “hoor” bestaan, is jy besig om ‘n geestelike kaartehuis op dryfsand te bou.
Die storms van die lewe en die krisisse wat jy beleef:
- Toets nie hoeveel preke jy gehoor het nie.
- Dit toets die fondasie waarop jou lewe gebou is. Gehoorsaamheid is die sement wat jou lewe op die Rots, Jesus Christus, vasanker.
Hier is drie eienskappe van die doener:
- Hy kyk diep: Hy “luister nie net vlugtig” nie, maar bestudeer die “volmaakte wet wat vryheid bring”. Dit is die Evangelie van Jesus Christus.
- Hy volhard daarin: Hy bly naby aan die Woord. Dit is nie ‘n Sondag-aktiwiteit nie; dit is ‘n daaglikse leefstyl.
- Hy doen die werk: Hy neem dit wat hy geleer het en gaan leef dit uit by sy huis, in sy huwelik, by die werk en teenoor die mense om hom.
Slot:
Jakobus sluit af met ‘n pragtige belofte: “…hierdie man sal geseënd wees in wat hy doen.”
“he will be blessed and favored by God in what he does [in his life of obedience]”
Let wel, hy sê nie hy sal geseënd wees omdat hy die Bybel ken nie, maar omdat hy dit doen.
“Ware Geloof is… ‘n totale, lewensveranderende vertroue op Jesus Christus. Dit sluit ‘n nuwe hart en ‘n nuwe lewe in.
“Valse geloof is… om te sê jy glo, sonder dat dit jou harte verander het.
Die Goue Reël:
- Ons word nie gered deur goeie dade nie (Paulus).
- Maar ons word gered vir goeie dade (Jakobus).
Goeie dade is nie die wortel van ons redding nie; dit is die vrug van ons redding. Jy word nie gered omdat jy goeie dade doen nie, maar omdat jy gered is, kán jy nie anders as om goeie dade te doen nie.
Wanneer Jakobus dus in hoofstuk 1 sê ons moet “doeners van die Woord” wees, sê hy eintlik net: Wys vir die wêreld dat die genade wat jy van God ontvang het, werklik is. Dit bewys jou geloof is lewend, nie dood nie.
Ek vra weer…
Wat doen jy met dit wat jy hoor?
Kom ons jok nie vir onsself nie.
Kom ons wees nie dwaas nie maar wys!
Wees ’n Doener van die Woord!
