Rus – Die boog kan nie altyd gespan wees nie
Die spreekwoord: ‘n Mens kan nie voortdurend onder spanning, druk en inspanning leef nie; daar moet ook tye van rus, ontspanninge en herstel wees.
- Boog sal sy veerkrag verloof of uiteindelik beskadig word.
Jy kan nie altyd: werk nie, gee nie, sterk wees, “aangeskakel” wees, veg nie, onder spanning verkeer.
Die doel van rus is om die boog gereed te maak om weer gespan te word.
Gen 2:2 – Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het.
Mar 2:27 – Jesus het verder vir hulle gesê: Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie.
Mat 11:28 – Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en ek sal vir julle rus gee.
Rus is een van ons LCF waardes: Rus is nie swakheid of ‘n vloek nie. Rus is vertroue en rus bou volhoubaarheid in jou wedloop in.
Gen 2:2 – Sabbat = STOP gewone werk –> Rus is gemaak vir ons (Mat 2:27) –> Adam se 1e dag
- Kom tot rus. Bring die geraas en die tempo af.
- Spandeer tyd met Die Here – Vind jou vreugde in die Here. (elke dag – nie net een keer per week nie – maar een keer per week het jy ‘n hele dag)
- Spandeer familie tyd saam en geniet mekaar, eet saam, lag, hê lief, fokus is op mekaar.
Dit was nie net ‘n slaap dag nie.
- Die mens is 3 dimensioneel – liggaam, siel en gees.
- Ek is ‘n gees. Ek het ‘n siel. Ek woon in ‘n liggaam.
- Rus is op sy diepste as jy rus in elke dimensie van jouself.
Was jy al: “sielsmoeg”, “liggaamlik moeg”, “geestelik moeg” –> Shabbat is vir jou gemaak – STOP.
- Hier het jy meer as ‘n dag se rus nodig om van hierdie toestand te herstel.
- “Billy Graham quote image”
Ouderlinge + Vroue retreat –> Ons stuur vir mense vir 3 of 5 ure uit met ‘n Bybel gedeelte en sê: gaan sit in jou stoel, haal asem, skakel vir ‘n oomblik die wêreld af, wees in God se woord en wees bewus van dit wat in jou hart aangaan.
- 3 of 5 ure en dan gee jy vir mense die geleentheid om daarna te deel: Wow!!
OT en feeste draai rondom landbou.
- Daar is tye wat jy hard moet werk en plant.
- Daar is tye wat jy hard moet werk en moet oes.
- En tussen in vind jy weeklikse en seisoenale pouses om te rus, saam jou mense en saam God.
- Om jou dankbaarheid teenoor Hom te bewys.
Want Mat 11:28 vertel vir ons dat rus nie net meer in ‘n dag gevind word nie, maar in ‘n Persoon.
- Maar ek vind dae en tye en vul dit dan met: Psa 42:1 – Soos ‘n wildsbok wat smag na waterstrome so smag my siel na U O God.
‘n Tank sisteem met inloop en uitloop –> (hoekom LCF rus as ‘n waarde het)
