Verhoudings Deel 2 (Tempramente in konflik)
(Anton – 18 Oktober)
Skriflesing: Efesiërs 4:1-3 (Amplified Bible)
Ek druk julle dit op die hart, ek wat ‘n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. AFR83
Inleiding: Die Realiteit van Konflik
Konflik is nie ’n teken dat jou verhoudings noodwendig misluk het nie; dit is bloot die gevolg daarvan dat twee unieke, feilbare mense naby mekaar leef.
Die bekende Christelike beraders in hulle werk rondom konflik in die christen huwelik:
Dr. Gary Smalley en dr. John Trent het ‘n bekende persoonlikheids- en temperament–model ontwikkel wat mense se manier van konflikhantering met vier diere se karakter-eienskappe vergelyk.
Dr. Gary Smalley, het ontdek dat ons verskillende temperamente kies wanneer ons in ‘n konfliksituasie kom, wat hulle vergelyk dit met vier diere: Die Leeu, die Otter, die GoldenRetriever, en die Bewer.
Doel van vanoggend:
Vandag gaan ons kyk na:
1. Die Leeu – Die Soeke na Beheer / Die Oorheersende Stryder
Die Leeu is:
– kan maklik oor mense se emosies stoomroller om die probleem “op te los.”
Motto: “Doen dit nou!”
Konflikstyl: Kompeterend en direk.
Gevare:
Wat hulle nodig het: Hulle moet leer om:
God se Woord aan die Leeu:
Jakobus 1:19-20 (AMP):
My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.
***Leeus, julle krag moet getem word deur sagmoedigheid. God vra dat julle eers luister voor julle regeer.
2. Die Otter – Die Soeke na Aanvaarding / Die Emosionele Verwoorder
Die Otter is:
Hulle haat dit as die atmosfeer swaar is.
Motto: “Glo my, dit sal uitwerk!”
Konflikstyl: Verbaal en reaktief.
Gevare:
Wat hulle nodig het: Hulle moet leer om teenwoordig en kalm te bly nadat die eerste emosionele golf verby is, en fokus op logiese opvolg–aksies.
God se Woord aan die Otter:
Efesiërs 4:15 (AMP):
Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe.AFR83
***Otters, julle moet leer dat ware vrede nie kom deur die waarheid te vermy nie, maar in konflik die waarheid in liefde te praat.
3. Die Golden Retriever – Die Vredemaker
Die Golden Retriever is:
…net om “die vrede te bewaar.”
Motto: “Kom ons hou dinge soos dit is.”
Konflikstyl: Vermydend en akkommoderend.
Gevare:
Wat hulle nodig het: Hulle moet die moed kry om hul werklike voorkeure en behoeftes eerlik te kommunikeer, selfs al veroorsaak dit korttermyn-konflik.
God se Woord aan die Retriever:
Kolossense 3:13 (AMP):
Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. AFR 83
Retrievers, om stil te bly is nie altyd vergifnis nie; soms is dit net uitstel van ’n ontploffing. God roep julle om hulle stem in liefde te gebruik sonder vrees.
4. Die Bewer – Die Soeke na Korrektheid of Perfeksie / Die Analitiese Kyker
Die Bewer is:
Motto: “Kom ons doen dit reg.”
Konflikstyl: Analities en metodies.
Gevare:
Wat hulle nodig het: Hulle moet leer om warmte te wys en te erken dat mense se emosies belangriker is as om bloot ‘n logiese argument te wen.
God se Woord aan die Bewer:
1 Korintiërs 13:1 (AMP):
Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword.AFR83
Bewers, al is jou feite 100% korrek, as jy dit nie met liefde oordra nie, is dit vir God net ’n geraas. Verhoudings is belangriker as reëls.
Bg. kom uit Verwondings:
Hoe Verwonding ons verhoudings impakteer (Die Onsigbare Bagasie)
Diep innerlike verwondings het onbewustelik ’n invloed op ons siening en gedrag in verhoudings.
Wanneer jou maat op ’n spesifieke manier reageer, reageer hulle dikwels nie net op die huidige situasie nie, maar op ’n ou seerplek.
Ons gedrag in konflik is dikwels net ’n verdedigingsmeganisme waarmee ons, ons wil beskerm teen seerkry.
Wanneer ons emosionele pyn of trauma ervaar, kies ons onbewustelik ‘n temprament as ‘n skild om te oorleef en ons hart te beskerm.
Hier is die tipiese historiese verwondings wat aanleiding gee tot elke spesifieke benadering:
Kom ons kyk na die 4 tempramente se wonde:
1. Die Leeu: Die Verwonding van Magteloosheid of Verraad
Die ongesonde Leeu hanteer konflik met aggressie en beheer omdat hulle bang is om weer kwesbaar te wees.
Die Agtergrond en Verwonding:
Die Onbewuste Besluit: “Mense gaan my nie weer seermaak of beheer nie. As ek eerste en die hardste slaan, is ek in beheer en bly ek veilig.”
2. Die Otter: Die Verwonding van Verwerping of Verwaarlosing
Die ongesonde Otter gebruik sjarme, drama of ontwyking in konflik omdat hulle ten alle koste die pyn van afkeuring wil vermy.
Die Agtergrond en Verwonding:
Die Onbewuste Besluit: “As ek almal kan laat lag, of my sjarme gebruik, of die konflik weglag, sal hulle my nie verlaat of verwerp nie.”
3. Die Golden Retriever: Die Verwonding van ‘n Onveilige Omgewing
Die ongesonde Golden Retriever kruip weg of gee altyd toe omdat konflik vir hulle gelykstaan aan totale vernietiging.
Die Agtergrond en Verwonding:
grootgeword in huise met
Hulle het geleer dat:
Die Onbewuste Sielkundige Besluit: “Woede is lewensgevaarlik. Ek moet my eie stem en behoeftes heeltemal doodmaak en altyd inval by ander om te sorg dat die bom nie ontplof nie.”
4. Die Bewer: Die Verwonding van Voorwaardelike Liefde of Konstante Kritiek
Die ongesonde Bewer word rigied, koud en hiper-analities in konflik omdat hulle foute as ‘n direkte bedreiging vir hul waarde sien.
Die Agtergrond en Verwonding:
Die Onbewuste Besluit: “Emosies is onveilig en onlogies. As ek perfek is, by die reëls hou, en kan bewys dat die ander persoon verkeerd is, kan niemand my skuldig bevind of kritiseer nie.”
*** In jou konflik is die persoon wat teenoor jou staan en soos ‘n “Leeu” brul of soos ‘n “Retriever” weghardloop, dikwels besig is om op te tree uit ‘n ongeneesde wond in hul verlede.
Die Kruis: Waar ons Transformeer
As ons eerlik na onsself kyk, sien ons van hierdie eienskappe.
Wat is die oplossing? Is dit om net “harder te probeer”?
Nee! Die antwoord lê in die karakter van Jesus Christus en Heilige Gees wat ons wil transformeer.
Waar word ons gesond? Binne ons verhoudings!
Konflik as ’n Geleentheid vir Wederkerige Genesing en Groei (Wanneer ons dit reg doen)
Hier is die die goeie nuus vir jou huwelik:
Konflik is nie die einde van die pad nie; dit is die plek waar God se genesing begin.
Slot:
Kyk na Jesus:
Die Evangelie-antwoord:
Jesus het nie net gekom om ons sondige gedrag in konflik te vergewe nie, maar om die oorspronklike verwonding te genees (Psalm 147:3: “He heals the brokenhearted and binds up their wounds”).
Wanneer ‘n mens deur God se liefde genees word van
het ons nie meer die “verdediging skilde” nodig nie en kan ons in ware vryheid en gesonde liefde reageer.
Toepassing (Kies!)
Hierdie week gaan jy in ’n konflik-situasie land. Jou natuurlike “dier” gaan wil oorneem.
Kom ons sluit af met die woorde van Filippense 2:3-4 (AMP):
Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: AFR83 3-5
