Boodskap / Preek oor: Die Ewige Lewe – Laat ons nie vergeet nie

Die Ewige Lewe – Laat ons nie vergeet nie

Deel van dissipelskap is om mense ‘n gesonde skrif fondasie te gee.  Ons kan nie ooit vergeet waarvan ons gered is nie.

  • Skrik eerder nou en pas aan, as wat jy begeer om aan te pas na jou dood en nie kan nie.
  • Moet nooit redding goedkoop ag nie. (leef een oog op nou, een op die eindstreep)

Mense sê: Dood is die einde van jou bestaan. As dit waar is, hoekom het Jesus die glorie van die hemel verlaat om mens te word en te sterf aan ‘n kruis? Om ons te red van wat?

  • Die Bybel sê: Die dood is nie die einde van ons bestaan nie. Ons lewe vir ewig.

Jesus en die Heilige Gees gaan tot groot uiterstes om te verhoed dat mense vir ewig verlore gaan.

  • Dit is nie die Here se begeerte dat enige persoon verlore moet gaan nie (2 Pet 3:9).

Die Here Jesus het openlik gepraat oor oordeel, hemel en hel.

  • Om die onderwerp te vermy, maak dit nie minder ‘n realiteit nie.

So die onderwerp is ernstig en gewigtig en as dit jou hok skud, los dit jou nie sonder hoop nie want die kruks hiervan is dat daar ‘n hoopvolle uitkoms is: Vertrou in die volkome verlossingswerk wat op die kruis plaasgevind het en hardloop in Sy arms van ontferming in voor dit te laat is.

  • Want Jesus het nie gekom om te veroordeel nie, maar te red – Joh 3:17

Die Hel – wat weet ons van die hel?

(van my opmerkings is uit skrif asook mense wat ‘n nadoodse ervaring gehad het)

  • Mar 9:43 – hel is ‘n onblusbare vuur.
  • Mat 25:41 – hel is vir ewig. Daar is geen einde –> daar is ‘n hopeloosheid daar.
  • Mat 13:42 – ‘n geween en kners van tande –> oorverdowende gille van biljoene siele.
  • Mat 9:48 – waar die wurm nie sterf nie –> ek kan nie hieroor praat nie.
  • Ope 14:11 – hulle het geen rus, dag en nag –> gedaan, maar geen rus, vir ewig.
  • 2 Thes 1:9 – God se teenwoordigheid is nie daar nie (daarom geen vrede, rus, liefde, hoop)
  • Luk 16:28 – jy onthou jou geliefdes maar gaan niemand van hulle ooit weer sien nie.
  • Ope 21:8 – vuur en swael (sulphur) –> giftig en ook vrot reuk. Ook min suurstof.
  • Vir ewige toestand van absolute vrees, angs, trauma, pyn, hopeloosheid.
  • Jy wens jy kan sterf, maar doen nooit.

Joh 3:16 – Want SO lief het God die wêreld gehad…

As ons sou praat oor die hel, word mense bang. Maar hier is wat julle moet onthou:

  • Die kruis van Jesus is ons Skepper se storie van liefde.
  • Die kruis van Jesus is ‘n bewys van die uiterstes wat God bereid was om te gaan om ons te red.

Die Hemel – wat weet ons van die hemel?

  • Ope 21:18-23 – ‘n Buitengewone mooi plek met strate van goud, kosbare edelstene, hekke gemaak van pêrel.
  • Abba en Jesus maak die hemel die hemel. Aangesig tot aangesig met God.
  • Ope 21:23 – Geen son en maan. God se glorie verlig die stad en Jesus is die lamp daarvan.
  • Ope 21:3-4 en Ope 7:15-17 – Geen dood, siekte, hartseer, honger, dors en pyn. Ooit weer nie.
  • Jy gaan in die nuwe Jerusalem woon, vir ewig, saam mense wie jy ken en voor lief is.
  • Ope 7:9-10 – Elke nasie, stam volk en taal sal daar wees – ‘n getal wat niemand kan tel nie.
  • Heb 12:22-24 – praat van ontelbare getal engele.
  • Rom 8:18 – die huidige se swaarkry kan nie opweeg met glorie wat openbaar gemaak sal word.
  • Ope 21:16 – Stad se km2 = RSA + Nam + Bots + Zam + Ang + Zim (98.2%) –> 2,220 km hoog
  • Ope 21:27 – Jy sal alleen ingaan as jou naam in die boek van die lewe geskrywe staan.
  • Joh 3:3 – Jy sal die koninkryk sien omdat jy weergebore is.
  • Ope 3:5 – Wie oorwin, se naam sal nooit uit die boek van die lewe geneem word nie – die reistog

Redding is ernstig. Wedergeboorte is ernstig. Om te bly wandel in verhouding met die Here is ernstig. Om Hom te gehoorsaam is ernstig.

FEITE: Jesus het vir die hele wêreld gesterf. Maar die hele wêreld sterf nie en gaan hemel toe nie.

  • 170,000 mense sterf daagliks (waarvan slegs 50,000 Christene is — hoeveel weergebore??)
  • 7,200 per uur, 120 per minuut, 2 elke sekonde.

Heb 4:7 sê – as jy My stem vandag hoor, moenie jou hart verhard nie –> kom na Jesus