Boodskap / Preek oor: Die nou pad – Waar jy meer vind as wat jy opoffer

Die nou pad

MATTEUS 7:13-14 (Afr83) – “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”

As ek vir jou sê: “Die nou pad” – wat hoor jy?

  • Moeilik, opoffer, alleen, iets gaan van jou ontneem word, die ander opsie klink lekkerder?
  • Of hoor jy iets anders?
  • Die bestemmings: Verderf is nou en later. Lewe is nou en later.

Kom ek sê jou uit die staanspoor: Alle paaie lei nie na God toe nie.

  • My eie weg (die weg van self), lei nie na God toe nie.
  • Jesus gee ‘n bevel (nie ‘n opsie nie) –> “Gaan deur die nou poort in”.
    • Die poort is nou want die poort is slegs 1 opsie: Jesus –> Jesus is die nou poort wat lei na die nou weg. (daar is GEEN ander opsie nie)
    • Daar is egter nie net ‘n nou poort nie, maar ook na die nou poort ‘n nou weg.
    • Jy kan nie deur die nou poort beweeg en op die breë weg lewe en dan die nou weg se beloftes verwag nie.
    • Aan hulle vrug sal hulle geken word. Mat12:34 Waar die hart van vol is loop die mond van oor.
  • Ons was almal op ‘n breë pad tot ons voor die nou poort kom staan het.

Aan die anderkant van wedergeboorte lê ‘n lewe SAAM doen met die Gees van Jesus Christus –> En Jesus se Gees se enigste lewenspad waarop Hy wil beweeg is die NOU PAD.

  • Die pad is nou en om eerlik te wees, hy word al hoe nouer.
    • Heilige Gees begin by die sigbare sonde maar beweeg na die innerlike weggesteekte dinge.
    • As jy met Hom sou stap gaan Hy baie diep met jou stap.

Maar kom ons wees eerlik: Die breë pad is ook moeilik. (moeilike en minder hoopvol)

Die nou pad is moeilik, maar hoopvol –> want dis saam DIE bron van lewe en hoop.

  • Jy vind Iemand wat ‘n groter skat is as die dinge wat jy agterlaat.
  • 1 Kor 15:45 – Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende wese geword. Die laaste Adam is ‘n lewemakende Gees.
  • Joh 1:4 – In Hom was lewe en hierdie lewe is die lig vir die mense.

‘n Bonatuurlike, Goddelike innerlike lewe REEDS NOU en dit lei na die ewige lewe.

  • Jesus Homself IS hierdie lewe –> Die nou pad lei na lewe. (Hy is die pad en Hy is die lewe)

Zoë lewe – die lewe wat ons vind

Vrugte van die Gees (op die skerm) –> wat is daar wat swaar genoeg weeg om hierdie te ruil?

Jesus –> wat is daar wat swaar genoeg weeg om Hom te verruil vir iets anders?

Gal 5:22 Die vrug van die Gees daarteenoor is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Wat sien die oë van jou hart op die nou pad?