Boodskap/ Preek oor: Geestelike groei

Geestelike Groei

Inleiding:

Geestelike Groeie is deel van die Fondasie van christenskap en ’n Opdrag in die Woord

In die Bybel word die opdrag om geestelik te groei op ’n paar plekke genoem as iets wat elke gelowige moet doen.

Die Opdrag:

2 Petrus 3:18“18 but grow [spiritually mature] in the grace and knowledge of our Lord and Savior Jesus Christ.”

1 Petrus 2:2:“like newborn babies [you should] long for the pure milk of the word, so that by it you may be nurtured and grow in respect to salvation [its ultimate fulfillment]”

Hebreërs 6:1:“Therefore let us get past the elementary stage in the teachings about the Christ, advancing on to maturity and perfection and spiritual completeness” = geestelike volwassenheid

Efesiërs 4:15:“But speaking the truth in love [in all things—both our speech and our lives expressing His truth], let us grow up in all things into Him [following His example] who is the Head—Christ.”

Johannes 15:4-5: Jesus gebruik die beeld van die wynstok en die lote om te wys dat ons in Hom moet “bly” en dit maak ons groei moontlik, sodat ons vrug kan dra,

Geestelike groei is dus nie opsioneel nie, maar ‘n noodsaaklike uitvloei en deel van ‘n lewende verhouding met God.

Definisie:

Wat is geestelike groei?

Spiritual growth is the process of maturing in your faith and character, moving from “spiritual infancy” to a deeper, more resilient relationship with God. It is not just about gaining knowledge but about transforming how you live, think, and interact with the world. 

1.Geloof is die gewaarborgde verwagting van dinge waarop gehoop word, die duidelike bewys van werklikhede hoewel hulle nie gesien word nie” (Hebreërs 11:1).

Geloof is die Sekerheid en Vertroue dat God is wie Hy sê HY is en doen wat Hy sê Hy doen

2. Geestelike Groei is… wanneer ons Karakter verander om meer soos Jesus te word

Wat bou/verander karakter?

  • Swaarkry/beproewinge/uitdagings?

Jakobus 1:2-4 sê om beproewinge as vreugde te beskou. Dit beteken nie om swaarkry te geniet nie, maar om te weet dat hierdie uitdagings jou geloof toets, volharding kweek, en jou nader aan God bring.

Hierdie kopskuif/houding/uitkyk verander beproewing, van ‘n teken van God se afwesigheid, na ‘n instrument vir geestelike groei en volwassenheid.

jou karakter verander deur…

  • Deur die Woord van God te lees, daaroor na te dink en dit te leef, jou keuses wat jy maak.
  • Die werking van die Heilige Gees verander die manier hoe jy dink.
  • Om jouself te omring met wyse mense wat God dien, help jou om te groei.

Soos ons groei: ….vloei/manifesteer meer van die “vrug van die Gees” – eienskappe soos liefde, vreugde, vrede, geduld, goedhartigheid en selfbeheersing. Dit help ander mense om Christus in ons te sien.

*** Vrug van die Gees ’n uitvloeisel van geestelike volwassenheid en nie anders om nie. Jy word nie meer geduldig of goedhartig deur self te probeer nie!

3. Geestelike Groei is… Resilient = Veerkragtig / Taai wees

Veerkragtige christene word nie maklik omgegooi deur wat jy om jou sien en ervaar nie. Om sterk te staan in uitdagende seisoene.

Geestelike groei gee vir jou ‘n “anker” sodat jy moeilike tye met hoop kan hanteer in plaas van om moedeloos te word.

uitdagende seisoene bou jou geestelike spiere wat jy nodig het om vas te byt in jou geloof.

4. Geestelike Groei is… om kennis/wysheid te kry

Geestelike volwassenheid help ons om die verskil tussen goed en kwaad, en tussen die waarheid en leuens te onderskei.

Iemand wat geestelik nog “jonk” is, word maklik deur ander se opinies beïnvloed, maar ‘n volwasse gelowige staan op God se Woord om wyse besluite te neem.

Maar dit gaan nie net oor kennis nie.

5. Dit gaan oor die blywende transformasie/verandering wat volg. Verandering in hoe jy dink en optree.

Die mate van Transformasie/verandering is die indikasie van Geestelike groei/jou Geestelike volwassenheid

6. Geestelike Groei is… Verhouding – Om nader aan God te kom

Net soos ‘n kind sy ouers mettertyd beter leer ken soos hulle groot word, help groei ons om ‘n persoonlike vriendskap met God te bou.

Dit gaan dan nie meer net oor “wat God vir my kan doen” nie, maar oor ‘n diep verhouding waar ons Sy genade en heiligheid leer en waardeer.

Om geestelik te groei is nie iets wat “vanself” gebeur nie; dit vra doelbewuste toewyding.

Praktiese stappe / Toepassing:

1. Voed/vul jouself met die Woord (Bybelstudie)

Net soos ‘n liggaam kos nodig het om te groei, het jou gees die Woord nodig.

Die Hoe/Stap: Moenie net die Bybel lees nie, maar bepeins/oordink, daarop mediteer. (Psalm 1:2).

Hoekom: Dit verander jou denke en help jou om God se stem te leer ken

(Romeine 12:2).

2. Ontwikkel ‘n Lewe van Gebed

Gebed is die asemhaling van die gees.

Die Hoe/Stap:  “Bid sonder ophou” (1 Tessalonisense 5:17). Dit beteken om deur die dag in gesprek met God te bly, nie net vinnige versoeklysies af te rammel nie.

Hoekom: Dit bou intimiteit en afhanklikheid van God.

3. Wees Deel van ‘n Gemeenskap (Die Kerk)

Geestelike groei is nie ‘n “individuele-sport” nie dis ’n “span-Sport”

Die Hoe/Stap: Moenie die onderlinge byeenkomste versuim nie (Hebreërs 10:25). Soek gelowiges wat jou kan skerpmaak soos (Spreuke 27:17) sê “yster slyp yster”

Hoekom: Ons het mekaar nodig vir aanmoediging, lering en om mekaar verantwoordelik te hou.

4. Stap in Gehoorsaamheid

Groei kom wanneer ons God se Woord doen/toepas/leef wat ons leer.

Die Hoe/Stap:  Wees “daders van die woord en nie net hoorders nie” (Jakobus 1:22). As die Heilige Gees jou oortuig van iets, tree dadelik op.

Hoekom: Gehoorsaamheid sluit ’n dieper openbaring oop. As jy getrou is in die min, sal God jou oor meer aanstel.

5. Beoefen Selfverloëning en Diens

Groei beteken dat “ek” minder word en “Christus” meer.

Die Hoe/Stap:  Neem jou kruis daagliks op (Lukas 9:23) en gebruik jou gawes om ander te dien (1 Petrus 4:10).

Hoekom: Dit breek die mag van selfsug en kweek die karakter van Jesus om te dien.

6. Vertrou op die Heilige Gees

Jy kan nie uit jou eie krag groei nie.

Die Hoe/Stap: “Wandel deur (in) die Gees” (Galasiërs 5:16). Vra elke oggend vir die Gees om jou deur die dag te lei en te versterk.

Hoekom: Dit is die Gees wat die vrug in jou voortbring; jy verskaf net die bereidwillige hart.

Belangrik om te onthou:

  • Geestelike groei is ’n proses
  • Geestelike groei is ’n keuse
  • Geestelike groei = verandering in jou lewe

but be transformed and progressively changed [as you mature spiritually] by the renewing of your mind… Rom 12

God bewerk verandering in ons, maar ons moet ook saamwerk deur gehoorsaam te wees.

Filippense 2:12–13

12 So then, my dear ones, just as you have always obeyed [my instructions with enthusiasm], not only in my presence, but now much more in my absence, continue to work out your salvation [that is, cultivate it, bring it to full effect, actively pursue spiritual maturity] with awe-inspired fear and trembling [using serious caution and critical self-evaluation to avoid anything that might offend God or discredit the name of Christ]. 13 For it is [not your strength, but it is] God who is effectively at work in you, both to will and to work [that is, strengthening, energizing, and creating in you the longing and the ability to fulfill your purpose] for His good pleasure.

“Working out your salvation” (Philippians 2:12) means actively living out the inner transformation God has already worked within you—not earning salvation, but expressing it through obedience, growth, and love. This process involves relying on God’s power to change your character, serving Him with reverence (“fear and trembling”), and consistently applying faith to everyday actions.

Slot:

  • Redding is seker vir dié wat regtig in Jesus glo, maar die bewys daarvan word gesien in ’n veranderde lewe.
  • Geestelike groei vra samewerking: God werk, maar jy moet ook saamwerk.
  • Ware verandering begin met ’n persoonlike verhouding met Jesus en die aktiewe hoor en doen soos wat Heilige Gees lei.
  • Die goeie nuus boodskap eindig nie by jou besluit om Jesus aan te neem nie… dit begin dan eers en gaan aan deur keuse op keuse en besluit op besluit om verander te word en geestelik te groei.

Baie mense reageer op die evangelie, maar net tyd wys wie regtig verander het.

Ware redding wys in ’n veranderde lewe – nie om gered te word nie, maar omdat jy reeds gered is.

Hoe gaan dit met jou geestelike lewe? Groei jy?