My Pa
(3 seuns Toyota Advertensie) –> Ek is hierdie week hier om jou te vertel van My Pa.
• Sê saam: “My Pa” –> Want My Pa is ook jou Pa.
Laasweek se boodskap het begin deur te raak aan die kern probleem wat die ganse mensdom het:
• Die mens word geestelik dood gebore – en sonde vloei daaruit.
• Gedurende hierdie tyd, gebeur die lewe – en die mens het vrae oor dit wat gebeur.
• Weet jy, selfs na wedergeboorte, gebeur die lewe – en die mens het vrae.
Ons brein onthou die dinge. Ons vorm ons eie “coping” meganismes.
• Hierdie gebeure en coping meganismes skep soms ‘n foutiewe beeld binne ons van ons Pa.
Geestelike vyand se strategie
Saam met dit het ons ‘n geestelik vyand met die leuen as strategie:
Die waarheid: Gen 2:16-17 (Afr83) – Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie.
• Gen 3:1 (Afr83) – Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?
o Dis darem onregverdig, dink jy nie ook so nie?
o Dit is duidelik dat satan elk situasie in die mens se lewe sal gebruik om ‘n saad van twyfel te los in jou Pa –> My Pa is nie goed nie, Hy is nie lief vir my nie.
• HERKEN JY HIERDIE?: ‘Kyk hoe goed gaan dit met daai mens en hy lewe goddeloos. Jy probeer darem, maar kyk na jou teëspoed. Dis darem nie regverdig nie.’
Ons het ‘n geestelike vyand se leuens om te identifiseer en te vervang met die waarheid.
• VRAAG: Hoe goed dink jy ken jy jou Pa? (gee ‘n punt uit 10)
** Want een persoon se donker tyd word sy getuienis van hoe goed Sy Pa is.
** En ‘n ander een betwyfel sy Pa.
Lerie: Kyla se dood (die teologie, ou denke, satan se leuens het eerste ingeskop)
• Kan ons donkerste uur ons getuienis word van hoe goed ons Pa is?
Meer oor ons Pa
Ons ganse lewe gaan ‘n storie wees van nuwe ontdekkings oor ons Pa.
• Hy is Almagtig, Alwetend, Alomteenwoordig, Skepper (die bron van alles wat bestaan), Alles wat bestaan behoort aan Hom.
• Ons kan vir die hele jaar, elke Sondag gesels oor Sy eienskappe en nie aan die einde van alles kom nie.
So dis onmoontlik om in een boodskap alles saam te vat en te sê: “Hierdie is my Pa”.
Wat sê ons Pa oor homself? Met wie het ek te doen?
Ons Pa praat in sekere skrifte oor Homself – Hy maak aan ons iets bekend oor Homself.
Isa 46:9-10 (CJB) – “I am God, there is no other; I am God, there is none like Me. At the beginning, I announce the end, proclaim in advance things not yet done; and I say that My plan wil hold.”
Ek staan by die begin (by jou begin) en ek kan die einde vir jou vertel (jou einde).
• Ek staan reeds by die einde (by jou einde). Ek sien dit, en dan orkestreer Ek dinge om jou te help om My te kies, reg te kies, lewe te kies.
• In die proses het ek ‘n keuse.
• Van die dinge op my pad is “self-inflicted” – My Pa: Hoekom sal jy dit aan jouself wil doen? Kom hier, sodat ons jou wonde kan verbind.
2 Pet 3:9 (Afr83) !!!!
• Met die skrif in gedagte, en ons Pa wat ons einde ken en daar staan en terugkyk na ons…
• Is Hy goed, of is Hy onregverdig? –> rakende hoe sekere dinge in ons lewe uitspeel? – SELAH
Ons Pa oor Homself – Die 1000’e Geslag God
Deu 7:9 (NKJV) – “Therefore know that the Lord your God, He is God, the faithful God who keeps His covenant and mercy for a thousand generations with those who love Him and keep His commandments.”
Therefore know – weet die volgende: Die Here JOU God, Hy is God…
• Ek wil hê jy moet weet: Ek is God en Ek is God, die eienaar van die wêreld, MAAR Ek is JOU God.
• Ek is JOU God. Ek wil hê jy moet dit weet. (dis baie persoonlik)
Nog iets oor ons Pa:
• My Pa is ernstig oor die verbond tussen my en Hom.
• My Pa is merciful.
• Nie net vir my nie, maar tot die 1000e geslag.
o Mat 1 – Abraham tot Jesus = 42 geslagte. Adam tot Jesus = 62 (4000 jaar).
o Laaste 2000 jaar?? Kom ons raai –> 40-50 geslagte?
o Dit gee ons omtrent net oor die 100 geslagte –> Die ganse bestaan van die mensdom.
o My Pa praat van Homself en sê: Hê my lief, luister wat ek sê.
In die konteks van die nuwe verbond: Onderteken in die bloed van Pa se geliefde Seun:
• DEMONSTRASIE: Hoekom dink ons dat wanneer ek oortree het, my Pa die verbond vat en dit opskeur? Waar kom dit vandaan? (foutiewe teologie? ou denke? leuens?)
Pa aan Moses:
Exo 34:6-7 (CJB) “Adonai passed before him and proclaimed: YHVH!! YHVH is God, merciful and compassionate, slow to anger and rich in grace and truth; showing grace to the 1000th generation, forgiving offenses, crimes and sins; yet not exonerating the guilty, but causing the negative effects of the parents’ offenses to be experienced by their children and grandchildren, and even by the 3rd and 4th generations.”
• Ek kyk nie anderkant toe vir die verkeerd nie – 3e tot 4e geslag pluk vrugte.
• Maar goed vir die 1000e geslag van die wat my lief het.
Waar in jou NOU of jou verlede is daar iets vals wat jy glo oor jou Pa?
• Kom ons raak stil.