Boodskap / Preek oor: Rus – Die boog kan nie altyd gespan wees nie

Rus – Die boog kan nie altyd gespan wees nie

Die spreekwoord: ‘n Mens kan nie voortdurend onder spanning, druk en inspanning leef nie; daar moet ook tye van rus, ontspanninge en herstel wees.

  • Boog sal sy veerkrag verloof of uiteindelik beskadig word.

Jy kan nie altyd: werk nie, gee nie, sterk wees, “aangeskakel” wees, veg nie, onder spanning verkeer.

Die doel van rus is om die boog gereed te maak om weer gespan te word.

Gen 2:2 – Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het.

Mar 2:27 – Jesus het verder vir hulle gesê: Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie.

Mat 11:28 – Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en ek sal vir julle rus gee.

Rus is een van ons LCF waardes: Rus is nie swakheid of ‘n vloek nie. Rus is vertroue en rus bou volhoubaarheid in jou wedloop in.

Gen 2:2 – Sabbat = STOP gewone werk –> Rus is gemaak vir ons (Mat 2:27) –> Adam se 1e dag

  • Kom tot rus. Bring die geraas en die tempo af.
  • Spandeer tyd met Die Here – Vind jou vreugde in die Here. (elke dag – nie net een keer per week nie – maar een keer per week het jy ‘n hele dag)
  • Spandeer familie tyd saam en geniet mekaar, eet saam, lag, hê lief, fokus is op mekaar.

Dit was nie net ‘n slaap dag nie.

  • Die mens is 3 dimensioneel – liggaam, siel en gees.
  • Ek is ‘n gees. Ek het ‘n siel. Ek woon in ‘n liggaam.
  • Rus is op sy diepste as jy rus in elke dimensie van jouself.

Was jy al: “sielsmoeg”, “liggaamlik moeg”, “geestelik moeg” –> Shabbat is vir jou gemaak – STOP.

  • Hier het jy meer as ‘n dag se rus nodig om van hierdie toestand te herstel.
  • “Billy Graham quote image”

Ouderlinge + Vroue retreat –> Ons stuur vir mense vir 3 of 5 ure uit met ‘n Bybel gedeelte en sê: gaan sit in jou stoel, haal asem, skakel vir ‘n oomblik die wêreld af, wees in God se woord en wees bewus van dit wat in jou hart aangaan.

  • 3 of 5 ure en dan gee jy vir mense die geleentheid om daarna te deel: Wow!!

OT en feeste draai rondom landbou.

  • Daar is tye wat jy hard moet werk en plant.
  • Daar is tye wat jy hard moet werk en moet oes.
  • En tussen in vind jy weeklikse en seisoenale pouses om te rus, saam jou mense en saam God.
  • Om jou dankbaarheid teenoor Hom te bewys.

Want Mat 11:28 vertel vir ons dat rus nie net meer in ‘n dag gevind word nie, maar in ‘n Persoon.

  • Maar ek vind dae en tye en vul dit dan met: Psa 42:1 – Soos ‘n wildsbok wat smag na waterstrome so smag my siel na U O God.

‘n Tank sisteem met inloop en uitloop –> (hoekom LCF rus as ‘n waarde het)