Die Realiteit van Verandering
(of nuwe Seisoene van die Lewe)
Inleiding:
As daar een ding is wat ons almal in hierdie lewe in gemeen het, is dit dat dinge verander. Niks bly dieselfde nie.
Vandag sit jy op die kruin van die golf, en môre voel dit of die bodem onder jou uitgeval het.
1. Ons gaan deur normale fases: jy word gebore, gaan skool toe, jy swot, dan werk jy; jy is enkellopend, dan is jy getroud; jy sorg vir jou kinders, en skielik is die huis leeg en tree jy af.
2. Soms is die transisies dinge waarvoor ons kies, maar baie keer is dit dinge wat skielik verander en oor ons pad kom—’n onverwagte krisis, ’n verlies, en dit skuif en skud jou hele wêreld.
Of dit nou normaal of onbeplande verandering is, wanneer hierdie verandering gebeur, is ons eerste menslike reaksie dikwels paniek of verwarring. Ons vra:
- Here, wat nou?
- Here, waar is U?
- Wat het geword van die planne wat ek vir my lewe gehad het?
Vandag kan ons leer hoe 4 mense in die Woord hulle verandering/seisoene “ge-navigate” het.
Dink vir ’n oomblik aan die jong man Daniël in die Ou Testament.
- Sy lewe het in ’n oogwink verander.
Een oomblik was hy ’n veilige, gerespekteerde jongman in Jerusalem; die volgende oomblik is sy stad afgebrand en word hy as balling weggevoer na ’n vreemde, heidense land Babilon.
Nie net sy huis word weggevat nie:
- Sy hele manier van doen is weggeneem,
- sy taal moes verander,
- en sy hele toekoms word herontwerp deur ’n bose koning.
Daniël bevind homself in ’n massiewe, ongewensde lewenstransisie.
“God is nooit verras deur die veranderinge in ons lewens nie. Vir Hom is daar geen krisisse nie, net planne wat ontvou.”
Toe Babilon vir Daniël tref, het God nie in die hemel rondgeskarrel en gewonder wat om nou te doen nie.
God was reeds daar, gereed om Daniël in daardie nuwe seisoen te vorm en te gebruik.
Kom ons kyk na wat die Amplified Bible sê in Prediker 3:1:
“There is a season for everything, and a time for every delight and event under heaven.”
Let op die woord everything.
Dit beteken dat selfs die ‘Babilon-seisoene’ van die lewe—die moeilike tye, die wagperiodes en die skielike oorgangstye—’n plek op God se groter kalender het.
Vandag gaan ons kyk hoe ons, net soos Daniël, Josef, Dawid en Naomi VERANDERING kan “Embrace” en nie net oorleef nie maar daardeur kan groei.
Gedagte 1: In die Skool van Verandering is waar ons Karakter gebou word
Wanneer ons in ’n nuwe of moeilike lewensfase beland, dink ons dikwels God straf ons.
Maar die waarheid is dat God transisies/verandering gebruik om ons karakter te bou.
Kyk na Josef. (hoe is sy karakter gebou?)
Sy lewe het nie net in ’n reguit lyn geloop nie.
Sy lewe het gelyk soos ’n tuimeldroër.
- Hy begin as die witbroodjie met die mooi gekleurde kleed. Skielik word hy deur sy eie broers in ’n put gegooi en as ’n slaaf verkoop. Transisie nommer een.
- In Potifar se huis werk hy homself op, net om vals beskuldig te word en in die tronk te beland. Transisie nommer twee.
Vir jare het dit gelyk of Josef se lewe net agteruitgaan.
Maar in elkeen van daardie seisoene was God besig met iets wat Josef nie kon sien of verstaan nie:
Hy was besig om sy karakter te vorm. Hoekom was dit nodig? Kon hy nie maar net ’n lekker lewe in sy pa se huis gebly het nie? God gebruik hom om sy familie van hongersnood te red.
Wat sou gebeur het as Josef reguit van sy pa se huis na die paleis toe gegaan het? Die mag sou hom tien teen een: arrogant, trots en dalk korrup gemaak het.
Hy moes die put, die slawerny en die tronk beleef om te leer hoe om te dien, hoe om te lei en hoe om op God alleen te vertrou.
As jy vandag in ’n ongemaklike oorgangsfase sit—waar jy voel alles is deurmekaar, jou gemak of jou sekuriteit of jou behaar is weggeneem—wil ek vir jou sê:
- God is besig om jou te posisioneer.
- Hy is besig om jou innerlike mens voor te berei vir wat voorlê.
*Karakter ontwikkel in die “moeilik” die “ongemaklike”, nie in die “maklik” en “gemaklike” nie.
Gedagte 2: In die Gevegte in jou Gedagtes word jou Identiteit aangeval
Wanneer ons omstandighede verander, is dit presies waar en wanneer die vyand toeslaan.
Hy gebruik transisies/verandering as ’n geleendheid om ons identiteit aan te val.
Kyk na Dawid.
- Hy word as seun deur die profeet Samuel tot koning gesalf.
- Maar hy stap nie die volgende dag in die paleis in om te regeer eers nie.
In plaas daarvan hardloop hy vir jare weg vir koning Saul. Hy kruip weg. Hy leef soos ’n vlugteling.
Kan jy dink wat deur Dawid se gedagtes moes gaan in daardie donker “grotte” (letterlik en figuurlik)?
net soos ons sou doen vra hy:
- Het Samuel reg gehoor?
- Is ek regtig gesalf as toekomstige koning?
- Hoekom lyk my lewe dan soos ’n gemors as God my geroep het?
Die vyand se grootste teiken is jou gedagtes, veral wanneer jy kwesbaar is tydens ’n groot verandering.
- As jy jou werk verloor, sê die vyand: “Jy is ’n mislukking en niks werd nie”
- As jy deur ’n egskeiding of verlies gaan, sê hy: “Jy is heeltemal alleen en verlate.”
Wat maak ons met daardie leuns? Ons het al baie daaroor gesels…
Ons kan die leuens van die vyand teëstaan met die Woord van God. Waarheid!
Hoor wat sê Ephesians 6:11 (AMP):
“Put on the full armor of God [for His precepts are like the splendid armor of a Christian soldier], WHY? so that you may be able to [successfully] stand up against all the schemes and the strategies and the deceits of the devil.”
Dawid moes in daardie grotte aan sy identiteit as God se gesalfde vashou…
veral toe sy omstandighede hard uitgeroep het dat sy lewe is niks werd was nie.
- Wanneer jou seisoen skuif, hou aan jou identiteit in Christus vas.
- Jy is nie wat jou omstandighede sê jy is nie; jy is wie God sê jy is.
Gedagte 3: Ou wonde word gesond in die Storm
- ’n Nuwe lewensfase sit gewoonlik druk op ons verhoudings.
- Dit bring ook dikwels ou seer en diep emosionele pyn na die oppevlak.
Kyk na Naomi
Rut 1:20-21 – hoor die leuen wat sy glo…
“Moenie my Naomi noem nie,” sê sy toe, “noem my eerder Mara (wat bitter beteken), want vandat ons hier weg is tot nou toe het dit bitter swaar met my gegaan. Dit voel vir my of die Almagtige met al sy gewig op my kom druk het en ek nie meer een tree vorentoe kan gee nie. Toe ek hier weg is, was my lewe nog vol. Ek het toe ’n man en kinders gehad, maar die Here het my dolleeg laat terugkom huis toe, sonder my gesin. Hoekom sou julle my dan nog Naomi wil noem? Dit voel vir my of selfs die Here die rug vir my gedraai het; asof die Here vir wie niks onmoontlik is nie, besluit het ek moet maar self verder regkom.”
Naomi het alles verloor in ’n vreemde land: haar man, haar rykdom en albei haar seuns.
Toe sy uiteindelik saam met haar skoondogter Rut terugstap in Betlehem in, was sy nie net hartseer nie—sy was emosioneel stukkend en platgeslaan.
- Noomi was vasgevang in die pyn van haar transisie.
- Haar identiteit was gekoppel aan haar verlies en haar trauma. haar man haar besittings en haar kinders.
Jesus bepaal jou nuwe identiteit IN HOM!
Wat gebeur nog?
Die skudding van ’n nuwe seisoene bring dikwels ‘triggers’ vir…
diep, ongeneesde wonde in ons harte. (Bitter = onvergifnis)
As jy nie oppas nie, kan die bitterheid a.g.v. ’n moeilike fase, jou hele uitkyk op die lewe besoedel.
Maar kyk wat doen God.
Hy los Noomi nie in haar ‘Mara-seisoen’ nie.
Deur die getrouheid van Rut en die vrygewigheid van Boas, begin God ’n proses van innerlike genesing in Noomi se lewe.
Haar bitterheid het plek gemaak vir herstel.
Ons kan in moeilike tye van verandering emosionele genesing vind wanneer ons toelaat dat God se liefde deur ander mense na ons toe vloei.
God gebruik Rut en Boas se inspraak en invloed en liefde as instrumente in Sy hand deur net daar te wees en haar prakties lief te hê om Naomi se emosionele wonde te genees.
Hoor hoe pragtig pas Psalm 147:3
“He heals the brokenhearted and binds up their wounds [healing their pain and comforting their sorrow].”
Dit is wat God in die storm doen.
Hy kyk nie net na jou omstandighede nie; Hy kyk na jou hart.
***Hy wil nie net jou addres of jou werk verander nie—Hy wil die pyn van die vorige seisoen gesond maak en jou stukkende plekke toebind sodat jy die nuwe seisoen met ’n heel hart kan instap.
Gedagte 4: Die impak van jou Daaglikse Keuses
As ons in ’n oorgangsfase sit, voel dit soms of ons hande afgekap is.
Ons voel magteloos – omdat ons nie die groter prentjie of die toekoms kan sien nie.
Maar die waarheid is dat jou daaglikse, doelbewuste keuses in die verandering die rigting van jou môre bepaal.
Craig Groeschel sê gereeld: “Die rigting van jou lewe word bepaal deur die kwaliteit van jou besluite.”
Die belangrikste besluite word gemaak wanneer ons kies om ons oë op God te hou en nie op die storm rondom ons nie.
Kom ons kom terug na Daniël in Babilon.
- Die koning het sy naam verander na Beltsasar,
- hom gedwing om die Babiloniese kultuur te leer, en
- hom beveel om van die koning se kos te eet.
Die koning wou Daniël se hele lewenstyl dikteer.
Maar Daniël het geweier om ’n slagoffer van sy nuwe omstandighede te word.
Voel jy soos ’n slagoffer van jou “verandering” of “nuwe seisoen”?
Die Bybel sê in Daniël 1 dat hy ’n daaglikse, intensionele keuse in sy hart gemaak het — om homself nie te besoedel met die koning se kos en die heidense gebruike nie.
Daniël kon nie beheer dat hy ’n balling was nie.
Hy kon nie die koning se wette verander nie.
***Maar hy kon beheer waarteen hy sy hart beskerm het.
Hy het daagliks gefokus op sy verhouding met God. Selfs toe dit later in sy lewe gevaarlik geword het, het hy sy daaglikse dissipline behou om drie keer ’n dag sy vensters oop te maak en te bid.
***Daardie daaglikse, doelbewuste keuses het gemaak dat hy deur ’n paar verskillende konings se heerskappy heen as ’n kragtige leier staande gebly het.
In jou Babillon-seisoen, moenie verlam word deur die dinge wat jy nie kan beheer nie.
Jy kan nie die ekonomie, jou baas, of die skielike veranderinge in jou gesondheid beheer nie.
- Jy kán beheer waar jy jou fokus plaas.
- Jy kan kies om God vandag te soek.
Hoor hoe kragtig stel die Amplified Bible hierdie beginsel van daaglikse fokus in Matthew 6:33 (AMP):
“But first and most importantly seek (aim at, strive after) His kingdom and His righteousness [His way of doing and being right—the attitude and character of God], and all these things will be given to you also.”
***Wanneer jou lewe skuif, moet jou fokus nie skuif nie.
Soek eers vir God en Sy wil, vandag. Maak die keuse om Hom eerste te stel, en Hy sal sorg vir die res van jou toekoms.
Slot:
Daniël het geweier om deur Babilon gedefinieer te word.
Hoe antwoord jy jou huidige transisie/verandering?
- Besluit in jou hart (Maak ’n Daniël-keuse):
- Hou op om te wag dat jou omstandighede eers moet verbeter voor jy God voluit dien.
- Kies vandag, net waar jy is, om getrou te wees met dit wat Hy nou in jou hande sit, selfs al is die omgewing rondom jou moeilik.
- Hou op om terug te kyk: Jy kan nie die nuwe seisoen geniet as jy heeltyd verlang na die ‘goeie ou dae’ of vasgevang bly in die pyn van wat verby is nie. God doen ’n nuwe ding.
- Bring jou stukkende hart na die een wat genees: As die transisie jou bitter gemaak het soos Noomi, bely dit en vra die Here om jou wonde vandag gesond te maak sodat bitterheid nie jou toekoms steel nie.
- Identifiseer die vyand se leuens: Skryf neer watter vrese of leuens oor jou toekoms tans in jou kop rondmaal. Bring dit na die Woord toe en vervang dit met God se beloftes.
- Maak jou vensters na God toe oop: Skep ’n daaglikse roetine van fokus. Net soos Daniël drie keer per dag sy vensters oopgemaak het om te bid, rig jou gedagtes intensioneel op Matthew 6:33. Soek Eers Sy Koninkryk, elke oggend opnuut.
Ek gaan julle vra om vir ’n oomblik julle oë toe te maak. Dink aan jou eie lewe op hierdie stadium.
Kom ons sluit die oë en ons bid saam
- Gebed vir Daaglikse Toewyding: Hemelse Vader, ons bid vandag vir die genade om daaglikse, intensionele keuses vir U te maak. Net soos Daniël homself voorgeneem het om U te eer, gee ons vandag ons wil vir U. Help ons om elke oggend te kies om U eerste te soek, ongeag hoe die storm rondom ons lyk.
- Gebed teen Vrees en Verwarring: Here, ons bid teen die leuens van die vyand wat ons identiteit in hierdie transisie wil aanval. Ons verklaar dat ons aan U behoort. Wanneer Babilon ons wil dwing om aan te pas by vrees en bekommernis, herinner ons gees aan die volle wapenrusting wat U vir ons gegee het.
- Gebed vir Innerlike Genesing: Vader, vir elkeen wat vandag soos Noomi voel—stukkend en bitter as gevolg van die skielike veranderinge en verliese in die lewe—bid ons vir U bonatuurlike genesing. Bind hulle wonde toe. Herstel hulle vreugde en help hulle om te sien dat U besig is met ’n nuwe ding.
- Gebed vir Fokus en Oorwinning: Dankie dat U die God van ons gister, ons vandag en ons môre is. Ons kies vandag om ons vensters na U toe oop te maak. Ons rig ons fokus op U Koninkryk en vertrou dat U ons sal vorm en gebruik om U plan in ons en met ons lewe te doen.
Amen.
