Boodskap / Preek oor: Spesiale Paasdiens

Paasdiens (Goeie Vrydag) 2026

Video van Maria & Nikodemus se gesprek na haar transformasie.

  • Ons sê WEER dankie, dankie, dankie Here Jesus.
    • Die krag van herinnering – van geslag tot geslag (nie net paas eiertjies soek nie)

LIEDJIE: Houtkruis

1 Pet 2:24 (Afr53) “(Hy) wat self ons sondes in Sy liggaam aan die houtkruis gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.”

Kruisiging: Jesus die versoen offer, die losprys, die skuld is betaal, Sy bloed die geld eenheid.

  • God se geregtigheid sê: Sonde kan nie ongestraf bly nie.
  • God se liefde sê: Sondaars moet gered word.
    • Geregtigheid en liefde ontmoet by die Kruis van Sy Seun Jesus.
  • Sonde het ‘n gewig, HY SELF het dit gedra. (skuld, veroordeling, nagevolge – dit weeg swaar)
  • Nie net sonde nie, maar die vloek wat sonde bring. SODAT sonde se houvas verbreek is.

Die opstanding:

  • Romeine 1:4 – Op grond van Sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God… (asof al die ander dinge nie al genoeg was nie)
  • As Jesus nie opgestaan het nie, was alles tevergeefs.
  • 1 Korintiërs 15:14 En as Christus nie opgewek is nie, is ons verkondiging sinloos, en ook julle geloof sinloos.
    • HOEKOM? die einste teken dat die offer aanvaar is, bevestig ‘n lewende verbond
    • ‘n Bewys dat ons ook nie net vergewe is nie, maar lewend en nuut gemaak is.
    • Dieselfde krag wat Jesus opgerig het, maak my en jou geestelik lewendig.
    • Jesus gee ons nie alleen lewe nie, Hy IS LEWE (probeer nie lewe nie, is lewendig)

Sing Friedel se vers 2: Daar was ‘n leë graf… My Jesus uit ‘n leë graf opgestaan.

Die nuwe verbond

Jer 31:31-34 (Lees)

  • ‘n Nuwe verbond sal Ek sluit.
  • Ek sal my wet in hulle binneste gee, en dit op hulle harte skryf. (SIEN SLIDE!!)

Die kruisiging, die opstanding & uitstorting van die Heilige Gees is hierdie Nuwe verbond – daardie 50 dae tydperk was die oorgang van een verbond na ‘n ander.

Pinkster (Heilige Gees): Sy wette in ons binneste, geskryf op ons harte.

  • Die wet is iets ekstern: Ek kyk daarna en weet: Ek moet
  • Die Gees (nuwe verbond is intern): Ek is ‘n nuwe skepping: Ek wil

 =Rom 10:9 “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.