Boodskap / Preek oor: Wanneer die Here se perspektief hoër is as my eie

Wanneer Die Here se perspektief hoër is as my eie

Jes 55:8-9 (Afr53)Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.

  • Spr 19:3 – Sy eie dwaasheid bring ‘n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here
  • Sê hierdie skrifgedeelte vir ons: Jy kan God nie verstaan nie? Of leer Jes55 ons iets anders?
  • (sien vers 6-7) God se weë is hoër, omdat Sy genade, vergifnis, doel en beloftes op ’n vlak funksioneer wat ver bo dit uitstyg wat mense van nature sou verwag.
  • Sy genade en ontferming is op vlakke wat soveel anders is as ons s’n.

Ons tydelike perspektief en Sy ewig perspektief bots soms in die gebeure van elke dag se lewe.

Ek wil 3 voorvalle uit my eie lewe met jou deel:

  1. Kyla se dood in 2005.
  2. Taxi voorval terwyl ek draf – onderkant van Louis Trichardt Boulevard
  3. Hond aanval. (wil satan my seermaak of nie? of is dit bloot toevallig? ek is sonder skade hier)

Wat ek persoonlik neem uit hierdie 3 voorvalle uit:

  1. Dit mag gebeur dat tragedie jou tref.
    1. Dit haal jou wind uit, ruk die mat onder jou voete uit.
    2. Ons soek antwoorde, maar geen antwoord gaan goed genoeg wees nie. Hou op soek.
  2. Soms beskerm die Here bonatuurlik, sonder enige aksie benodig van my kant af.
    1. Ek staan in verwondering en prys die Here.
    2. Hoekom kan dit nie altyd so wees nie? Ons verkies hierdie, ALTYD.
  3. Die Here beskerm, maar ek moet veg.
    1. Geen skade berokken aan my. Maar ek moes veg vir my lewe.
    2. Fisies of geestelik. (soos Michelle hulle se swemskool)

Hoekom nie net altyd opsie 2 nie?

  • Ons lewe nie in die tuin van Eden nie.
  • Hoe kan ek vir een oomblik dink dat my tydelike perspektief van beter weet?
  • Hy is besig om vir my te openbaar wie Hy is, sodat ek geanker kan wees op die Rots – Jesus.

Wat het ek en Lérie geleer deur voorvalle soos hierdie?

  • Ons verstaan nie altyd alles nie. Maar ons bevraagteken nie meer Sy karakter nie.
  • Ons het saam met Hom deur dinge gegaan wat ons nie kan verklaar nie, maar ons het ook Sy goedheid beleef op maniere wat ons nie kan ontken nie.

The answer to the situation is not always the greatest thing God reveals. Sometimes the greatest revelation is discovering who God is through the situation.

Die Here in Job se stryd

  • Job 38:1-2 – “Then Adonai answered Job out of the storm: ‘Who is this darkening My plans with his ignorant words'”.
    • Afr83 – Wie is dit wat besig is om My bedoelinge te dwarsboom met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie?
  • Satan kan nie doen wat hy wil nie (tensy jy “submit” aan sy outoriteit)

Fight my son, fight. Kick the dog Friedel – Were you hurt my son? No Father. Well done my son.

Taxi incident – were you hurt my son? No Father. I have your back.

Kyla’s death – We cannot begin to explain how much more in love we are with Jesus because o that tragedy.

Job in die einde: Job 42:5 – Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien.

Jy baklei met God, maar wanneer gaan jy begin besef dat jy met ’n goeie Vader te doen het? ’n Vader wat jou einde van die begin af sien en besig is om jou na Homself toe te bring, sodat jy vir ewig Sy teenwoordigheid kan geniet.