Mannebediening

Die Mannesamekomste vind Maandag-aande en Vrydag-oggende plaas waartydens hoë kwaliteit en uitgesoekte materiaal wat tot die harte van mans spreek, behandel word. Na afloop van die behandelde materiaal, vergader die mans in kleingroepe, waar hulle mekaar ondersteun en saambid.
BEGIN Maandag 6 Februarie 18:30 en Vrydag 10 Februarie 05:45

Registreer vir die kursus

The Circle Maker

Om gebedskringe om ons drome te teken is nie net ‘n wyse waardeur ons groot dinge vir die Koningkryk bereik nie, maar dit is ook ‘n wyse waardeur God groot dinge in ons bereik. Gedurende hierdie vier week kursus, deel Mark Batterson inspirerende stories uit sy eie ervarings as ‘n sirkelmaker; stories wat jou sal help om jou hart se diepste begeertes en Godgegewe drome te ontbloot en dit te ontketen deur groot gebede wat God behaag om te beantwoord.
BEGIN 7 Februarie 18:30 

Registreer vir die kursus

Vrouebediening

Die LCF Vrouebediening fokus om elke vrou te inspireer en met die waarheid toe te rus, sodat vrouens vry kan kom van verskeidenheid lewensomstandighede.
BEGIN 2 Februarie 18:30

Registreer vir die kursus

Go Fish

Gedurende hierdie sewe week reeks, wil Andy Stanley jou help om ‘n gelowige te word wat met groter gemak jou wandel saam met Jesus met ander kan deel.
BEGIN 20 Julie

Hosting the Presence

Gedurende hierdie kursus neem Bill Johnson jou op ‘n onvergeetlike reis, en wys gelowiges hoe dit lyk om God se teenwoordigheid in hul daaglikse lewens te huisves.
BEGIN 7 September 18:30

Griefshare

As jy ‘n eggenoot, kind, familielid of vriend verloor het, is dit nie net ’n hartseer tyd nie maar kan dit vir jou moeilik wees om optimisties te voel oor die toekoms.

  • Jy het ook waarskynlik gevind dat daar nie baie mense is wat jou diepe seer verstaan nie.
  • Dit kan ‘n moeilike tyd wees waar jy geisoleer voel en baie vrae het oor situasies wat jy nog nooit ervaar het nie.

In die GriefShare program word jy deur die rou proses begelei en word jy bemagtig om die unieke uitdagings in hierdie tyd in die gesig te staar en jou lewe te herbou.
BEGIN 18 Julie 18:30

The Talk

Tydens hierdie aanbieding word jy as ouer bekend gestel aan ‘n Bybelstudie reeks wat ontwerp is om kinders te help om seksualiteit volgens die Bybel te verstaan.
BEGIN 7 Maart 18:30