Kom ons gaan bid…
Hoe opgewonde maak hierdie stelling jou? Of is jou eerste gedagte: “Ek het te veel dinge om te doen. Ek kan nie nou gaan bid nie’. Met hoeveel entoesiasme benader jy jou tye van gebed?
Of het gebed vervelig geraak vir jou? Ons almal het al gelees dat vurige gebed ‘n kragtige uitwerking het, maar vol jy dalk dat daar min vuur en min kragtige uitwerking is wanneer jy bid?
As leierskap is ons saam opgewonde oor die volgende skrifgedeelte vir 2023:
“Hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op My altaar; want My huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke.” Jesaja 56:7
So sê die Here… Dit is hoe hierdie Bybel hoofstuk begin. Die eerste helfte van die hoofstuk is die Here se woorde van hoop vir my en jou, die (*vreemdelinge” van die ty waarin hierdie brief geskryf is. As vreemdelinge onder die ou verbond het ons beperkte toegang tot die heilige berg gehad, die tempel as huis van gebed en ook die altaar waarop offers gemaak is. Maar verwys Jesaja 56 net na gebed op Sionberg en in die tempel in Jerusalem?
In ‘n gesprek tussen die Here Jesus en die Samaritaanse vrou by die fontein van Jakob, vra sy Hom of hulle eie berg of Jerusalem nou eintlik die regte plek is om te bid, waarop Jesus antwoord: “From now on, worshiping the Father will not be a matter of the right place but with a right heart. For God is a Spirit, and He longs to have sincere worshipers who adore Him in the realm of the Spirit and in truth. ” John 4:23-24 TP
Buiten die punt wat gemaak word van Gees en waarheid aanbidding, sien ons in die Here Jesus se woorde dat die hart ingesteldheid tot gebed belangriker is as die fisiese plek van gebed.
Ons iaar tema vir 2023 is: in Huis van gebed.
• LCF se ouditorium, ‘n huis van gebed.
• Ons liggaam tempel, ‘n huis van gebed.
Die LCF Ouditorium is vir ons almal ‘n spesiale huis om te besoek. Gedurende die jaar gaan ons ‘n sterk fokus op gebed plaas en vanuit daardie spasie kragtige, impakvolle gebede bid. Ons hoop is ok om deur die programme en samekomste by LCF te sien dat elke liggaam tempel deur Heilige Gees se teenwoordigheid getransformeer word in nog meer vurige, hoopvolle en intieme huise van gebed.
“Kom ons gaan bid”. Ek kan nie wag nie… Mag ons elkeen opnuut hierdie wapen verstaan en soos ‘n bekwame soldaat, dit kragtig gebruik.
