Ons = Opoffering (ons verg opoffering)
Enige verhouding verg opoffering van 2 kante af.
- Moenie trou as jy nie bereid is om op te offer / te verander / aan te pas nie (gaan geld spaar).
- Wandel alleen deur die lewe. Moenie verhouding met enige iemand hê nie.
- Wie is ONS? Vertikaal en horisontale ONS.
Fil 2:3-8 (Afr83) – “Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was… Lees to v8”
Verhouding en Liefde kos iets
Enige verhouding bestaan uit 2 mense met ‘n verlede (goeie en slegte dinge het in verlede gebeur).
Florerende verhoudings word nie net gebou op wat twee mense by mekaar ontvang nie. Dit word ook gebou op wat twee mense bereid is om hul lewe vir mekaar neer te lê.
Die kruispad van elke verhouding: Gaan ek myself beskerm, of gaan ek ONS beskerm?
Hoe kan ONS beskerm word? –> van 2 kante af
- Ek sal verantwoordelikheid neem vir die genesing van dit wat ek uit my verlede saambring.
- Omdat ek omgee vir jou / jou liefhet, sal ek ernstig opneem wat jou seermaak.
(Rocket science? NEE. Maar jy sal verbaas wees hoe mense nie die benadering inneem nie)
Die een kant: Verantwoordelikheid tot genesing
Alles van jou verlede was dalk nie jou skuld nie, maar jy is verantwoordelik vir wat jy met jou seer doen.
Jy kan nie die uitkyk hê: Hierdie en hierdie het nou met my gebeur en daarom moet almal nou hul lewe inrig volgens my onverwerkte pyn – maar jy doen niks daaraan om stappe na genesing te neem nie.
Jy kan nie vir altyd mense om jou laat betaal vir seer wat ander mense aan jou gedoen het nie.
- SO: My vriend, ouer, eggenoot “trigger” ‘n reaksie aan my kant –> vra hoekom?
Om jou ontdekkings te kommunikeer op ‘n rustige, nie aanvallende manier.
- Jaag Jesus na, wees betrokke, vergewe, groei.
- Dit verg opoffering – ek gaan alles in my vermoë doen om gesond te word. Lees Efe 2:3-5
Die ander kant: Neem iemand anders se seer ernstig op
As jy weet dat ‘n sekere aksie aan jou kant druk op iemand anders se seerplek, hoekom aanhou?
Selfregverdiging: “Daar is niks fout met dit wat ek doen nie” OF “Wat doen dit aan ons?”
Vir hoe lank wil jy baklei of reaksie uitlok? Dis mos emosioneel dreinerend.
- Help jouself deur die ander persoon te help.
- Leer die antwoord van: “Hoekom maak dit jou seer?” –> en as jy weet, pas aan.
- Dr Henry Cloud – The wise, fool, evil person –> Lees Efe 2:3-5
Jesus as ons voorbeeld
In die hitte van die stryd: Moenie eers met my oor Jesus praat nie!
- Maar wanneer die stof gaan lê:
- Wat is my missie: Wie was reg? Wat gaan ons help?
- Jesus as voorbeeld: Hy het voorregte gehad wat Hy vir my en jou neergelê het.
- Wat as Jesus gesê het:
- Die een kant: Jy moet verander sodat ek nie hierdie ongemaklike emosies hoef te ervaar nie.
- Die ander kant: “Dis jou gemors en verlorenheid. Hanteer dit self.”
Hy het Hom self vir ons opgeoffer vir EK en HOM. Is opoffering nou vir my te veel?
Kom ons volg daardie voorbeeld vir EK en JY.
SLOT: Soms is jy aan die kant. Soms aan daardie kant. Here wys my wat aan my behoort.
