Die manifestasies van die Heilige Gees
“Elkeen van ons ontvang ’n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel. Aan die een gee die Gees die bekwaamheid om goddelike wysheid te verkondig, aan ’n ander gee Hy die gawe van spesiale kennis. Aan iemand anders gee hierdie selfde Gees ’n heel besondere geloof, aan nog een gee Hy gawes van genesing, aan ’n volgende een die vermoë om wonders te verrig, aan ’n ander die gawe van profesie, aan nog een die vermoë om te onderskei tussen geeste, aan iemand anders die gawe van praat in tale, aan nog een die bekwaamheid om die tale uit te lê. Dit is een en dieselfde Gees wat al hierdie gawes bewerk en wat aan elkeen uitdeel soos Hy dit goedvind.”
1 KORINTIËRS 12:7-11 (NLV)
UIT DIE BLOKKE: Begeer hierdie. Die Heilige Gees woon in jou.
- Hierdie is Sy manifestasies.
Kort opsomming van die manifestasies van 1 Kor 12:
- Woord van Wysheid – Bonatuurlike insig om kennis op ’n wyse manier in spesifieke situasies toe te pas. (ons het ‘n probleem en iemand staan op met ‘n oplossing en ons almal weet, dit is die antwoord – Hand 15:13 en aan).
- Woord van Kennis – Goddelike openbaring van feite of inligting wat nie natuurlik bekend is nie.
- Geloof – Uitsonderlike vertroue in God se krag, bo gewone geloof.
- Gawes van Genesing – Die vermoë om fisiese, emosionele of geestelike siektes te genees deur die Gees.
- Kragtige Werke (Wonderwerke) – Die verrigting van bonatuurlike dade wat natuurlike wette oortref.
- Profesie – Om ’n boodskap van God te spreek om te bemoedig, op te bou of te waarsku.
- Onderskeiding van Geeste – Die vermoë om te onderskei of ’n gees van God, die mens of die duiwel is.
- Verskillende Soorte Tale – Om in onbekende of hemelse tale te spreek deur die Gees.
- Uitlê van Tale – Om die betekenis van ’n boodskap in tale te verstaan en oor te dra.
- As gemeente glo ons die Heilige Gees werk vandag steeds op die maniere deur gelowiges.
- Ons begeer hierdie werking in ons midde EN in jou lewe as dissipel.
- Ek wil ‘n stem wees om jou te sien groei in jou verhouding met Heilige Gees sodat Hy op die manier deur jou werk.
Vir wie is dit en waarvoor is die manifestasies?
1.Dis beskikbaar vir elkeen: Maar die manifestasie speel uit waar dit nodig is, waar ‘n situasie ontstaan vir die bonatuurlike manifestasies om uit te speel –> om geloof te bevorder en Jesus te verheerlik.
- Nie my eie naam nie. “Om die gemeente (bruid / liggaam / ander) te bevoordeel“
Ek en jy kan ‘n “bench warmer” wees –> ‘n bank sitter?
- Vir wie gaan die Gees uitdeel? Die wat op die bank sit en TV kyk of die wat in geloof uittreë om Jesus met ander te deel, wat dapper is om te vra: kan ek vir jou bid? Jesus met jou deel?
(Een tot een –> een to baie –> baie tot baie) –> DIE GEES GEE SOOS HY WIL
Op die dag van Pinkster (demonstrasie)
“EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.” – HANDELINGE 2:1-4 AFR53
*** Demonstrasie van Pinkster dag. (mense lees Hand 2:14-36) ** VUUR & WIND
Wat was die reaksie van mense op die manifestasies van die Gees?
Acts 2:6-7, 12-13 (NKJV) – “And when this sound occurred, the multitude came together, and were confused, because everyone heard them speak in his own language. Then they were all amazed and marvelled, saying to one another, “Look, are not all these who speak Galileans? So they were all amazed and perplexed, saying to one another, “Whatever could this mean?” Others mocking said, “They are full of new wine.”
- Confused ** Amazed ** Marvelled ** Perplexed ** Mocking
- Verward ** Verbaas ** Verwonderd ** Verstom ** Bespot
3 van die 5 reaksies maak vir my sin, maar “Verward, bespotting en dronk” is vreemd.
- Het jy al op ‘n afstand na ‘n groep dronk mense gekyk. Hoeveel stilte / kalmte / orde is daar?
- Dit was sekere mense op Pinkster dag se observasie.
- Het mense geslinger en rondgeval?
- Was dit lawaaierig? Het mense gelag en huil deurmekaar?
- Ons weet nie.
WANNEER IETS VIR JOU VREEMD VOEL
MAAR wat ons weet is dat dit die werking was van. die Heilige Gees. DIT WAS GOD in aksie.
Ander herlewings: Pinkster dag, 1730’s 1e VSA groot ontwaking, Vanaf 1790’s 2e VSA groot ontwaking, 1904 Walliese Herlewing, Vanaf 1906 Azuza Straat, 1994 Toronto…
Vir party mense hier vandag:
- Hoe meer handoplegging, tale en mense op die vloer, hoe beter.
- Vir ander: Hoe meer orde en kalmte, hoe beter.
Hierdie is ‘n Huis waar Heilige Gees tuis moet wees
Hy lei, ons wil volg.
- Nie net in dit wat hier in die gebou gebeur nie.
- Maar in en deur jou wanneer jy van hier af weg beweeg.
Dis onder andere waarvoor ons gaan vas.
Bid vir LCF, leierskap, vennote -> Ons Heilige Gees impak in die area. (ons bid vir ander gemeentes ook)