Boodskap/ Preek oor: Eerste Dinge Eerste

Kom ons begin ons eerste diens van die nuwe jaar in die Woord van God.  Hierdie Heilige Gees geïnspireerde, lewende woord van God wat die krag het om lewens te verander.

Matteus 4

“Toe was Jesus deur die Gees die woestyn in gelei.” – Kom ons stop net eers daar.  Kom ons noem die woestyn vandag moeilike tyd, uitdagende tyd, deurmekaar tyd, ‘n tyd van rou meskien, ‘n tyd waar jy moet sekere moeilike waarhede in die gesig moet staar, of ‘n tyd waar leuens onbloot word.

Watookal dit is, die woestyn die fisiese woestyn is ‘n plek soos julle weet van ekstremes.  Nie net ‘n ligte hitte nie, maar ekstreme hitte in die dag en ekstreme koue in die nag.  Dit is baie donker in die nag en die son wat weerkaats op die wit sand voel of dit jou verblind in die dag.  Behalwe daarvoor is daar nie water nie en nie kos nie.  So jy kan jouself nou indink om in die woestyn te wees vir 40 dae en 40 nagte is wild. MAAR soos on hier sien het die Gees vir Jesus daarheen gelei.  Ons is so geneig om te dink wanneer ons onsself bevind in moeilike seisoene in ons lewe dat ons daar is omdat ons iets verkeerd gedoen het, omdat ons gestraf word of watookal die geval, maar die Gees lei ons baie keer daarheen ne?  Ons sal hou daarvan om soos in Psalm 23 altyd net gelei te word na waters waar rus is, maar die Gees lei ons nie net na waters waar rus is nie soos julle kan sien in Mateus 4.

So Hoekom het Heilige Gees vir Jesus na die woestyn toe gelei?  Daar sê dit in :1 juis om deur die duiwel versoek te word.  Dit mors bietjie met baie mense se idee van God, wat Jesus en Heilige Gees IS.  Ons wil glo dat die Jesus wat ons dien ons net vooruitgaan en ons paaie gelyk maak, sodat dit altyd kan goed gaan.  Eintlik is dit nie die waarheid nie, want die Jesus wat ons dien, en die voorbeeld wat Hy vir ons gestel het terwyl Hy op die aarde was vertel vir ons ‘n ander storie.  Hy het die wildernis/woestyn tyd oorkom, om vir ons te wys hoe om dit te oorkom, nie sodat ons nie nodig het om dit te oorkom nie.  Hy het die wêreld reeds oorwin, daarom kan ONS die wêreld oorwin. “ Ons is meer as oorwinnaars deur Jesus Christus wat vir ons die krag gee.”  Wat het ons nodig om te oorwin, waarvoor het ons krag nodig as ons net agteroor kan sit in die groen weivelde, en gelyke paaie ne?  Die ander deel van daardie vers sê:  “In hierdie wêreld sal julle dit moeilik hê maar hou moed ek het die wêreld klaar oorwin.”  Hy lei ons soms die woestyn in, om deur die vyand versoek te word, maar die woord sê ook:  “Many are the struggles of the righteous but God recues us out of them all.”

Dan wil ek net verder benadruk dat hierdie deel in matteus van die versoeking juis hier is om ons te wys hoe om deur ons eie woestyn tye in die lewe te kom.  Jesus het deur dit kon kom, daarom kano ns di took doen.  “We must become imitators of Christ.” Sê die woord.  Dit voel soms asof ons belyning nie reg is nie.  Ons “disconnect” van Jesus wanneer ons die Woord lees, en wanneer ons lees wat Hy alles gedoen het en moes deurmaak, eer ons Hom en is ons in verwondering wat reg is, maar ons vergeet dat Hy gekom het om vir ons ‘n voorbeeld te wees van hoe om te lewe, lewe te wees vir ander en lewe te ervaar in donker tye.  Wanneer ons lees moet ons onthou dat ons dit wat Hy gedoen het KAN doen en nog meer.  Dit is Jesus se eie woorde.

:2  “40 dae en 40 nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het hy honger geword.” – Menende Hy was fisies swakker, en ek kan dink teen daardie tyd het Hy dalk al bietjie broos gevoel?

:3 “Die versoeker het TOE gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” – So die versoeker die duiwel wag tot Jesus swak is, tot Hy honger geword het. So wag die versoeker ook in ons lewe tot ons op brose, weerlose, kwesbare, blootgestelde of vatbare plekke kom, dan kom hy.  Dit is asof hy sit en wag en kyk soos ‘n roofdier, ne?  Die enetjie wat wegdwaal uit die trop, of die enetjie wat seergekry het. Dit is die een op wie hy sy oog hou.

Wat is die eerste plek waar hy Jesus probeer vang?  Probeer toets?  Op sy identiteit ja, omdat hy vir hom vra “AS JY DIE SEUN VAN GOD IS…” dan probeer hy hom ook dwing om sy wil te doen deur om sy fisiese behoefte van kos uit te byt.

Die versoeker kom wanneer jy ‘n laagte punt bereik, en kom bevraagteken jou identiteit in God, en God se identiteit in jou.  AS jy dan ‘n kind van God is, en die Vader is so lief vir jou hoekom het dit gebeur met jou, of hoe kon God dit of dat laat gebeur met daardie mense wat die Here dien.  Hoe kan jy in so God glo wat sê Hy is liefde maar dan laat Hy hierdie vreeslike dinge toe.  Is God werklik as Hy nie jou gebede verhoor wanneer jy dan so hard smeek en bid nie.  Die versoeker wil jou laat twyfel hy soek ‘n gat in jou geloofsoortuiging sodat hy dit verder kan uitbyt, en elke bietjie geloof wat daar in jou is kan vernietig.  Hy wil jou fisiese behoefte ophou en dan God langs dit, en hy wil jou laat twyfel of daardie twee langs mekaar kan sin maak.  Hy sê dan vir Jesus in dieselfde asem : “sê dan vir hierdie klippe om brood te word.”

Menende satan weet dat Jesus God is en net ‘n woord hoef te sê vir die klippe om brood te word.  Hy wil dan eintlik hê dat Jesus homself moet bewys soos iemand wat twyfel aan hulself.  MAAR wat sê Jesus terug?

:4 “Maar Hy antwoord: Daar staan geskrywe: ‘n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”

Hier haal Jesus ‘n skrif aan uit die ou testament Deuternomium 8:3, dit wat Jesus nodig gehad het om Hom te beskerm teen satan se versoeking het hy gekry uit die ou testament.  Selfs hier kan ons Jesus navolg, om ook die ou testament te lees en leer ken.  Ek dink daar was baie skrifte wat Jesus kon aanhaal om die duiwel tee te staan op die punt maar Hy het juis die vers gekies in Deuternomium.  Die vers is so kragtig en spreek tot die hart van dit wat satan Jesus probeer uitlok om te doen, is om Sy Godheid te gebruik om sy fisiese begeertes eerste te bevredig, bo sy gehoorsaamheid, eer en Verbond met die Vader.  Hy eer die Vader deur om deur te voer dit wat die Vader Hom nou lei om te doen en dit is om te vas.  Hoe baie keer is dit presies wat satan ons mee versoek in ons weerlose tye.  “Nee man kyk nog tv jy kan more tyd spandeer met die Here.  Kuier nog ‘n bietjie dit raak nou eers lekker, drink nog ‘n bietjie, kyk nog ‘n bietjie.  So byt hy ons swakplekke uit, en ons val elke keer vir dit.  Kom ons maak dit van toekpassing op dit waarmee satan ons tans versoek of kan versoek: Voorbeeld – Ek leef nie net van koffie, kos, energie drankies, gaskoeldranke, sosiale media, verkeerde websites, kuier, en werk nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom.  Hy tref dan bietjie anders ne?  Wat is jou fisiese drange wat die versoeker uitbyt, en jou in ‘n tronk mee hou?  Wat is dit wat jou weghou van Hom af, wat hou jou in die skuldgevoel siklus?  Die versoeker wil hê jy moet twyfel in jouself en twyfel in God.  Hy wil jou swakplekke uitbyt en as jy ingee en sy wil doen hou hy jou in sy tronk.

:5 “Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan en sê vir Hom: As U die Seun van God is, spring af!  Daar staan mos geskrywe:  Hy sal sy engele oor jou opdrag gee en Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip stamp nie.”

Nou raak dit moeilik want die duiwel kom met skrif.  Maar Jesus was nie om ver gegooi of het geskrik toe die duiwel vir Hom skrif aanhaal nie.  Hy het nie vasgekyk aan die skrif sonder die konteks waarin satan dit gebruik het nie.  Hy wou hê Jesus moet weereens Sy Godheid ten toon stel en bewys soos iemand wat twyfel of nodig het om iets te bewys. Jesus kon terwyl Hy swak en kwesbaar gevoel het steeds onderskei wat satan se ware bedoelings was met die skrif wat hy aangehaal het.  Sy Gees wat sterk genoeg om te kon onderskei.

:7 “Daar staan ook geskrywe:  Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”  Hier haal Hy weereens Deuternomium 6:16 aan.

Ek het nou die dag ‘n boodskap geluister oor Kennith Hagin.  Die boodskap het gegaan oor ons deur die Gees gelei te word.  Ek dink nie dit is toevallig dat ek die boodskap geluister het nie.  Hy het daarin sy getuienis gedeel oor toe hy ‘n 15/16 jarige seun was en baie siek geword het.  5 Dokters het gesê dat daar niks is wat gedoen kan word nie.  Hulle het gesê dat hy nooit die ouderdom van 16 sal haal nie, en hy vertel dat dit presies gegaan het hoe hulle voorspel het.  4 maande voor sy 16de verjaardag was hy heeltemal bedlêend.  Hy sou in die aande met Jesus praat wanneer niemand meer in sy kamer was nie.  Eendag was daar ‘n stem in sy binneste wat vir hom gesê het, jy kan gesond wees, jy hoef nie op so jong ouderdom dood te gaan nie.  En as hy dit gedeel het met familie dan het hulle almal vir hom gesê wel hy moet nou nie sy hoop op dit sit nie want die dokters het nou maar gesê daar is niks wat hulle verder vir hom kan doen nie.  Maar die stem in sy binneste het nie opgehou om vir hom te sê dat hy gesond kan wees nie.  Na 6 maande wat hy bedlêend was het hy vir die binne stem gevra “maar hoe?”  En toe sê die stem dit is alles in die Boek, die Bybel, so toe blaai hy na Markus 11:23-24 en hy het dadelik gevoel hoe die woorde presies is wat die Gees wil hê Hy moet weet.  Een aand het hy gevoel eintlik maar hoe hy besig is om dood te gaan, hy sê hy was eintlik al tussend die bed en die dak, toe het hy die hele aand die vers aangehaal.  Hy was 16 maande lank bedlêend.  Hy kon net nie verstaan hoe Hy die woord kon laat werk nie.  Toe begin hy dit te sien, hy het begin sien dat hy eers moet glo voor Hy sien, hy het begin glo en Hom begin prys terwyl hy nog bedlêend was en niks het fisies gebeur nie, maar Hy het aanhou om die geloof in homself aan te vuur weer en weer en weer. Todat dieGgees begin om vir hom te sê “daar het jy dit nou! Jy het die geloof!” toe sê hy “ja ek het!”  Die Gees het vir hom gesê “staan op!” en dit was baie baie moeilik want hy was verlam.  Hy het moeilik opgestaan en rondgeloop in sy kamer en vir niemand gesê daarvan nie, want hy wou nie hê dat hulle hom moes laat twyfel nie.  Vir twee dae lank het hy niks gesê nie, toe na twee dae sê hy vir sy ma sy moet vir hom kos maak om te eet by die tafel, en sy klere reg sit op die bed hy sal self aantrek.  Sy ma wou dit nie doen nie, en toe moes hy haar vir 40 minute lank oortuig dat hy glo hy is gesond.  Daarna het hy self sy klere aangetrek en het self na die eetkamer toe geloop.  Toe sy oupa hom sien toe vra hy vir Kennith, “het die dood opgestaan, het lasarus uit die graf uit opgestaan? toe sê hy “ja oupa dit is so”.  Hy was baie swak, omdat hy so baie gewig verloor het, en so lank nie geloop het nie.  Hy lê toe daar eendag op sy bed toe hy nog swak gevoel het, toe hoor hy ‘n stem, wat bietjie anders geklink het as die ander stem wat hy nog heeltyd hoor.  Amper hoorbaar, hoor hy toe “Julle wat nie weet wat môre sal gebeur nie; want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ’n damp wat vir ’n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.” (Jakobus 4:14) en “vandag gaan jy verseker nie meer leef nie.”  Hy dog dit is God. Nou is jy gesond, maar almal gaan een of ander tyd moet doodgaa het hy gedink, en dit is wonderlik as die Here vir jou vroegtydig sê wanneer jy gaan doodgaan dink hy.  Dit is God wat nou op ‘n wonderlike manier in sy lewe beweeg het hy gedink.  Hy het toe die een dag gesit en wag om dood te gaan.  Sy ma vra wat is fout maar hy sê “nee niks”, hy wou ook nie eet nie.  Toe kom daar weer ‘n stem uit sy binneste…”with long life will I satisfy him and show him my salvation.”  Ja sê hy maar kyk hoe werk die Here so wonderlik om my te laat weet wanneer ek gaan dood gaan.  Toe kom die skrif weer op in sy binneste, en hy dink toe “maar nee dit is die HERE wat my die tyd laat weet wanneer ek doodgaan.”  Toe is daar weer ‘n stem wat met meer outoriteit praat, “ with long life I will satisfy him and show him my salvation.”  Hy vra toe “wie het dit gesê?”, en die stem se toe “Psalm 91”, hy het nie eers die ou testament gelees in daardie tyd nie.  Hy sê hy het gedink as hy nie lank lewe nie, sal maar in die nuwe testament begin lees omdat hy ‘n nuwe Christen was.  Toe lees hy Psalm 91 vir die eerste keer daardie dag en hoor ‘n stem in sy binneste wat sê, “ja dit is net vir die jode, dit is nie vir jou ook nie.  Hy het die jode ‘n lang lewe belowe maar nie vir die nie-jode nie.”  Hy dink toe dan gaan hy dit in die nuwe testament soek, en as hy dit daar kry sal hy weet dit is vir hom ook.  Toe lees hy Effesiers 6  “kinders wees gehoorsaam aan julle ouers sodat jy ‘n lang lewe kan hê”…en in  1 Petrus 3:10 het hy ook ‘n vers gelees Petrus het Psalm aangehaal waar hy sê: “Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong weerhou van kwaad en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.”  Hier het hy gesien dat hy ‘n deel het wat hy moet doen en dan sal die Here vir hom goeie dae gee en lewe.  Hy het toe dadelik geweet dit is satan wat vroeer met hom gepraat en nie die Here nie.  Dadelik het hy verklaar, “ek gaan nog lank lewe duiwel gaan weg!”

Die punt wat ek wil maak uit hierdie storie is dat Jesus in sy swakheid, net soos toe Kennith swak was moes onderskei tussen die stem van satan en die stem van God want die verskil was nie skrif nie, want beide haal skrif aan, die verskil is die konteks.  Ja die vers uit Jakobus is die waarheid, maar kan nie gebruik word om ons te laat dink ons gaan binnekort doodgaan nie.  16 is ook nie eers ‘n lang lewe nie?  Daar het Heilige Gees vir Kennith gehelp om te besef dat Hy hom ‘n lang lewe wou gee.

8-9 “Toe neem die duiwel hom na ‘n baie hoë berg toe wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en se vir Hom.  Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.”

Hier toets satan weer Jesus sy doel en God se plan met Sy lewe en dood op aarde.  Jesus het gekom om ons die pad na die lewe te wys, ons te leer hoe om te lewe en te sterf vir die vergifnis van ons sondes.  Jesus het nie gekom vir koninkryke en hulle prag nie.  Hy het ‘n nuwe koninkryk aarde toe gebring.  Dit is die onsienlike hemelse koninkryk wat Hy vir ons toegang tot gegee het deur sy lewe, dood en opstanding.

:10-11 “Maar Jesus sê vir Hom: Gaan weg satan, want daar staan geskrywe:  Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.  Daarna het die duiwel hom met ruste gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.”

Weereens dink ek Jesus kon klomp goed vir hom sê oor wie Hy is maar hy het weer die ou testament aangehaal Deuternomium 6:13.  Daarna het die engele hom kom versorg sonder dat Hy hoef af te gespring het van ‘n hoogte af.

Met elke versoeking het Jesus die hoogste eer aan Sy Vader betoon, Sy wil, en hulle Eenheid, en gehoorsaamheid eerste gestel.  Hy het sonder twyfel geweet wie Hy is, en hoekom Hy hier is, en dan het Hy die woord geken, en so het Hy God geken en homself geken.  Jesus het God eerste gestel bo homself voor die versoeking en nog altyd.  Sy kennis van die woord het hom deur die woestyn tyd gekry, Hy het God geken, nie net die woorde nie, maar hy het die God van die woorde geken.  Vir dit om te te gebeur moes Hy tyd spandeer in die woord en met sy Vader.  Dit weet ons Hy het gedoen.

Niemand van ons is seker wat 2026 inhou nie, maar ek weet wat ookal oor ons pad kom in hierdie jaar kom ons sit die eerste dinge eerste.  Hy is eerste, Hy is die belangrikste, Hy is alles en ons is niks.  In Him we live and breath and have our being se die woord.  In Hom lê ons identiteit, IN HOM le ons geloof, ons hoop, en alles wat ons nodig het om hierdie jaar te staan en te veg en meer as oorwinnaars te wees.  Kom ons sit hom weer eerste en gebruik die swaard van die woord soos hoe Jesus dit gebruik het om die vyand tee te staan.  Kom ons sit hom eerste en leer die woord, eet die woord voor jou ontbyt in die oggend.  Betoon aan Hom die hoogste eer soos Jesus het.  Ons hoef nie te wag vir woestyn tye nie ons kan nou al die woord leer ken, sodat ons soos soldate gereed is wanneer ons moet veg.  “You have the mind of Christ” se die skrif, so leef uit sy manier van kyk en dink uit en nie jou eie manier nie.  Gee oor jou eie manier van dink vir Sy manier, Sy wysheid, Sy planne nie meer jy nie maar Hy.  Vertrou meer op Hom as jou eie kop, maak Hom jou “go-to” in situasies.  Lewe asof jou lewe van Hom afhang, want dit doen!  Dien Hom asof Hy alles is, want Hy is!