JEHOVAH NISSI – DIE HERE GAAN VOOR JOU UIT
Deuteronomium 31:8 & Eksodus 17:15 AFR 53
Moses se vir Joshua: “8En dit is die Here wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.”
Israel veg teen Amalek: “15En Moses het ‘n altaar gebou en dit genoem: Die Here is my banier. – Jehovah Nissi.”
God openbaar Homself en Sy karakter aan ons deur Sy name.
Elke naam is soos ’n faset van Sy karakter — ’n venster wat vir ons wys wie Hy is
Jehovah nissi – “my banier” die een wat my vooruitgaan en die oorwinning bring!
Die manier hoe jy God sien, bepaal hoe jy leef.
Inleiding
Wanneer Moses aan die einde van sy lewe vir Josua voorberei om die volk oor die Jordaan te lei, sê hy hierdie woorde aan Joshua:
“Die Here self gaan voor jou uit.”
Dis nie net ’n historiese belofte vir Josua of Israel nie – dis ’n lewende waarheid vir jou en vir my en elke gelowige vandag.
God gaan voor jou uit. Dit is Sy karakter, dis wie Hy is.
OT en NT bevestig wie Hy is
Ou Testament uit Egipte in hierdie verhaal Wolk en vuur kolom
En in ons Nuwe Testamentiese tyd doen Hy dit deur die Heilige Gees –
die Leidsman, Trooster en Krag van God binne ons.
Wanneer jy sê: “Die Here gaan voor my uit,” sê jy eintlik: “Die Heilige Gees loop voor my, Hy berei my pad, Hy praat met my hart, en Hy bevestig my voetstappe.”
- God berei die pad voor
Eksodus 13:21 sê:
“21En die Here het voor hulle uitgetrek, bedags in ‘n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ‘n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.”
God het nie vir Israel en vir ons net ’n rigting gewys nie – Hy het self die pad geword. Jesus sê: “Ek is die weg en die waarheid”
Johannes 8:12
12EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
Vir ons vandag het die wolk en vuur plek gemaak vir die Heilige Gees (Hy kom soos tonge van vuur in die bovertrek) binne-in ons.
Johannes 16:13 sê:
“13Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei;”
Dis God se Gees wat voor jou uitstap, wat jou aan die hand vat in onseker tye.
Hy wys nie net die pad nie – Hy is die pad binne-in jou.
- God verwyder die hindernisse
Jesaja 45:2 sê:
“2Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan.”
God belowe dat Hy self die pad sal oopmaak – en Hy doen dit deur Sy Gees se werking in jou lewe.
Daar is oomblikke wanneer jy voel die deur is toe, die pad is vas, en die berge is te hoog. Maar die Heilige Gees werk stil, dikwels aan die ander kant van die muur, om dinge in beweging te bring wat jy nie kan sien nie.
Die banier is vêr voor en al wat jy kan sien.
God vat die volk nie met die kortste pad nie. Hulle sou moed verloor het en terug na Egipte gegaan het as hulle op daardie stadium teen die filistyne moes veg wat in daardie omgewing gebly het. God vat hulle met ’n langer pad deur die rooi see om sodoende ook die egiptiese leer uit te wis wat hulle sou agtervolg en weer gevange neem. So 2 ledig: vermy iets en red van iets anders sonder dat hulle dit weet of verstaan.
Die Gees sê: “Ek sal voor jou uitgaan. Ek sal die onmoontlike moontlik maak.”
Wanneer die Heilige Gees begin beweeg, breek kettings, verander harte, en val mure wat vir jare gestaan het.
2 Korintiërs 3:17 sê:
“17Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.”
- God veg jou gevegte
2 Kronieke 20:22 Jagasiël sê vir israel en koning Josafat
22En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die Here ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.
Koning Josafat het geen wapens gehad nie – net aanbidding.
En toe hulle begin sing, het God self die vyand in verwarring laat raak.
So werk die Heilige Gees in jou: Hy veg nie net saam met jou nie, Hy veg deur jou.
Wanneer jy begin aanbid, wanneer jy in tale bid, wanneer jy jou hart oorgee in lof, begin die Gees in jou opstaan en dinge skuif in die onsigbare wêreld.
Romeine 8:26 sê:
“26En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.”
Terwyl jy op jou knieë is, veg Hy in die hemelse realm vir jou.
Wanneer jy stil raak, is Hy nie stil nie – Hy’s aktief besig om te beweeg namens jou.
God sê: “Laat Ek bestuur, jy rus. Laat Ek veg, jy aanbid.”
- Jehovah Nissi – Die Here is my Banier
In Eksodus 17 lees ons hoe Moses op die heuwel staan met die staf van God, terwyl Josua emn die volk in die vallei veg.
Wanneer Moses sy hande oplig, wen Israel; wanneer hy moeg raak, verloor hulle.
Aaron en Hur hou sy arms omhoog totdat die oorwinning kom.
Jehovah Nissi – “The Lord is my banner”: This is the most common translation, combining “Jehovah” (or Yahweh), the name for God, with “nissi,” meaning “my banner” or “my flag”.
Na die geveg bou Moses ’n altaar en noem dit Jehovah Nissi – “Die Here is my Banier.”
Vir Israel het daardie banier gesê: “Die Here is ons bron van oorwinning.”
Vandag is die Heilige Gees die Een wat hierdie banier binne ons oprig.
Hy herinner jou wie jy is, aan Wie jy behoort, en onder watter Naam jy veg.
- Wanneer jy moeg raak, hou Hy jou hande op.
- Wanneer jy nie meer kan bid nie, bid Hy deur jou.
- Wanneer jy twyfel, herinner Hy jou aan God se getrouheid.
Hy is die Banier van krag, vrede, leiding en oorwinning in jou lewe.
- Jesus – die volmaakte Voorloper en die Gees wat in Sy plek gestuur is
Deuteronomium 31:8 se belofte vind sy volheid in Jesus Christus, wat ons Voorloper geword het.
Johannes 10:4 sê:
“4En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.”
Jesus is die Goeie Herder wat voor jou uitgaan – en toe Hy hemel toe vaar, het Hy nie die kudde alleen gelaat nie.
Hy het die Heilige Gees gestuur as Sy voortdurende teenwoordigheid.
Johannes 14:16
“16En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:”
- Die werking van die Heilige Gees in jou daaglikse lewe
Hoe lei die Gees prakties?
- Hy gee innerlike vrede of onrus om jou rigting te wys.
- Hy bring Skrif in herinnering op die regte tyd.
- Hy gebruik mense om Sy stem te bevestig.
- Hy trek jou terug wanneer jy besig is om af te dwaal.
Wanneer Heilige Gees sê “wag”: luister na daardie stem – dis dikwels die Gees wat sê: “Ek is nog besig om die pad voor te berei.”
Wanneer Hy jou rustig maak oor ’n saak: is dit die Gees wat sê: “Kom, ek het vooruitgegaan.”
Wolk/vuur kollom (gelyk soos ’n bondel vuur) het gaan stilstaan bo die tabernakel, om te wys hulle moet stop en dan eers wag tot dit weer beweeg voor hulle beweeg. Numbers 9:15-23 and Exodus 40:36-38.
Die Heilige Gees is nie net jou helper nie – Hy is jou Voorloper.
Slot – God gaan voor jou uit
Moses het vir Josua gesê: “Wees sterk en vol moed, want die Here self gaan voor jou uit.”
Vandag sê God deur Sy Gees vir jou dieselfde:
- Moenie bang wees vir môre nie.
- Moenie ontmoedig word deur vandag nie.
- Moenie gevange bly in gister nie.
- God is reeds voor jou.
- Die Heilige Gees is reeds aan die werk waar jy nog nie gekom het nie.
- Hy maak die pad gelyk,
- Hy breek deure oop,
- Hy veg vir jou, en
- Hy bring jou veilig
*Wanneer Hy nie die struikelblokke verwyder nie vat Hy jou deur dit (deur die dal van doodskaduwee van Dawid se Ps23 -deur) maar HY los jou nooit alleen nie.
Hy sê vanoggend vir jou uit Sy woord:
“Ek is jou Jehovah Nissi. Ek gaan voor jou uit. Ek is die Banier oor jou lewe. Ek sal jou nie begewe of verlaat nie.”
Die Here sal vir ons veg.
“Stand firm” / “Resist the devil” is hoe ons veg. Staan vas op God se Woord en Sy beloftes en die wete wie Hy is (sy karakter) wat nooit verander nie.
