Laat U Naam Geheilig Word
Skrifgedeelte
Matteus 6:9 – “Ons Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word.”
Inleiding
Die Here het my kom aankla oor hierdie en daarom voel ek, ek moet dit met julle kom deel. By die manne is ons nou besig om deur Romeine te werk. InRomeine 1:18 skryf Paulus: “God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deurhulle ongeregtigheid probeer onderdruk.” Dan aan die einde van Rom 1gaan hy deur ‘n hele lys dinge waaraan die mens hulself oorgegee het. En so terwyl Paulus deur hierdie lys gaan kan ons almal sien hoe al hierdiedinge besig is om in die wêreld te gebeur. MAAR, dan kom vers 32: “Hulle is bewus van God se bepaling dat mense wat met sulke praktyke besig is, die dood verdien. Tog is hulle nie net self aktief daarmee besig nie; hulle spoor ook nog ander aan wat daarmee besig is.” Die Engelse vertalings gebruikdie woorde – approve and tolerate others who practice them.
Toe Jesus sy dissipels leer bid het, begin Hy met “Ons Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word.” Voordat Hy vra vir voorsiening, vergifnis of beskerming – Hy begin by God en Sy heiligheid en heerlikheid. Hierdie volgorde is nie toevallig nie; dit openbaar die hart EN kern van gebed.
Ons leef in ’n wêreld waar die media – televisie, films, musiek, sosialenetwerke – ’n groot invloed op mense se denke en waardes het. Ongelukkigsien ons dat God se Naam dikwels ydelik, ligsinnig en selfs spottendgebruik word. Wat God aan ons gegee het as heilig, word in die media dikwels ontheilig.
Die Bybel leer ons dat God se Naam meer as net ’n klank (YHWH) of ’n title is. Sy Naam openbaar wie Hy is – Sy karakter, Sy heiligheid, Sy geregtigheid en Sy getrouheid. Om Sy Naam te heilig beteken om Hom enSy Naam met die hoogste eer en respek te behandel.
1. Wat beteken dit om God se Naam te heilig?
Voorbeeld: ’n Familienaam word deur elke geslag gedra. As jy die naam oneer aandoen, raak dit almal. Net so dra ons as kinders van God Sy Naam, en ons lewe moet dit weerspieël.
2. God se Naam is heilig
God se Naam weerspieël Sy wese. Hy is heeltemal afgesonder en verwydervan sonde, volkome suiwer, en volmaakte lig. Wanneer ons Sy Naam noem, raak ons aan die openbaring van Sy karakter.
Illustrasie: ’n Koning se naam dra gesag. Hoeveel te meer die Naam van die Koning van konings, wat volmaak heilig is.
3. Die ontheiliging van God se Naam
God self heilig Sy Naam
Voorbeeld: In baie films of liedjies word die uitdrukking “Oh my God” ligsinnig gebruik. Dis nie aanbidding nie, dis leeg en oneerbiedig – ditontheilig Sy Naam.
Om Sy Naam ydelik te gebruik beteken nie net om dit as ’n vloekwoord tegebruik nie, maar ook om Sy Naam aan te roep sonder respek, of om as Sy kinders te leef op ’n manier wat Hom oneer aandoen.
4. Die Ontheiliging van Jesus Christus se Naam in die Media
Die Naam van Jesus Christus is die mees verhewe en heilige Naam wat die wêreld ken.
Die Naam van Jesus verteenwoordig verlossing, lewe, en hoop. Dit is niemaar net ’n gewone naam nie, maar die openbaring van God se reddingsplan.
Wanneer die wêreld Jesus se Naam ontheilig, wys dit ’n gebrek aan eerbiedvir die Een wat die Verlosser van die wêreld is.
Om Jesus se Naam te bespot, bring nie lig nie, maar duisternis. Dit maakmense ongevoelig vir die heiligheid van God en laat veral jonger geslagtedink dat Sy Naam niks beteken nie.
5. Sy Naam is Nie ’n Vullerwoord in Gebed nie
Baie van ons het dit al gehoor – en dalk selfs self gedoen: in gebed word die Naam van die Here of die woord herhaaldelik gebruik, soms net as ’n vuller tussen sinne. Alhoewel dit dikwels onbewustelik gebeur, moet onsvra: Behandel ons die Naam van God met die eerbied wat dit verdien?Onthou DB vertaling sê da tons nie die Here se Naam lose n vas moetgebruik nie…
God se Naam is heilig. Wanneer dit in gebed ligsinnig of meganies gebruikword, verloor ons die erns en die eerbied waarmee ons Hom moet nader.
Wanneer ons God se Naam te veel en onnadenkend gebruik in gebed, gebeur die volgende:
Voorbeeld: Dink aan iemand wat voortdurend jou naam in ’n gesprek sêsonder rede – dit klink onnatuurlik en leeg. Net so kan ons God se Naam goedkoop maak as ons dit meganies herhaal.
Hoe Kan Ons God se Naam in Gebed Heilig Hou?
Ons gebede behoort die heiligheid van God se Naam te weerspieël. Hy is nie ’n maatjie wat ons onnadenkend aanspreek nie, maar die AlmagtigeVader wat Sy kinders liefhet en luister na hulle. Laat ons ophou om Sy Naam as ’n vuller te gebruik, en eerder leer om Hom met erns, respek enliefde aan te spreek.
6. Ons Roeping om Sy Naam te Heilig
Ons heilig God en Jesus se Naam deur:
Die wêreld mag dalk Jesus se Naam as ’n vloek of ’n grap gebruik, maar die Bybel leer ons dat daar ’n dag kom wanneer elke knie sal buig enelke tong sal bely dat Hy die Here is (Fil. 2:10–11). As gelowiges moetons nou reeds leef en bid dat Sy Naam geheilig word – in ons woorde, in ons dade, en in ons getuienis in die media en die samelewing.