‘n Gemeente wat soos Jesus lyk
(keyboard en drom – keyboard speler bly agter en speel rustig)
- “professional church hopper” storie.
- Ek dink nie ons is perfek nie, maar ek deel een of 2 aspekte wat ons kan help as gemeente om te groei om meer soos Jesus te wees – en mense te help groei wat hier inkom.
1 Korinthiërs 13:1-3 (Afr20) “Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het nie liefde nie, dan het ek ‘n weergalmende ghong of ‘n kletterende simbaal geword. En al profeteer ek, en begryp ek alle geheime, en besit ek alle kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het nie liefde nie, is ek niks! Al deel ek al my besittings uit, en gee ek my liggaam oor, sodat ek my daarop kan beroem, maar ek het nie liefde nie, baat dit my niks.”
By LCF Gemeente wil ons hê (roep drom speler op na drom stel toe):
- Vennote moet die tale van mense en engele spreek, ‘n egte woord van profesie spreek, diep geheimenisse van God ontdek en groei in die kennis van God, vloei in HG gawes.
- Ons wil hê dat geloof (mosterdsaad) in ons teenwoordig moet wees om berge te kan verskuif, wonderwerke te kan verrig, siektes te kan genees.
- En Paulus vloei aan van 1 Kor 12 waar hy van die gawes van die Gees uitlê vir ons in 1 Kor 13 in en dan noem hy: Al beweeg ons in die gawes van die Gees, maar ons kom liefde kort, dan maak ons net ‘n geraas, ons is eintlik niks.
Oefening: Drom speler slaan simbaal onophoudelik vs. keyboard speler se rustigheid
- Mense mag dink ons is oulik –> maar vir die hemel is ons ‘n kletterende simbaal!!
Wanneer dit gaan oor “self”: 1 Kor 13:4-7
- Liefde bevorder oor ek EN jy. (hoeveel voorbeelde hier raak die “self” aan?)
Die voorbeeld van Jesus
(1) Johannes 1:17 (Afr20) “Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.”
- Genade & waarheid is nie waardes om na te volg nie, maar ‘n Persoon.
- Genade & waarheid – nie om self reg te wees nie, maar iemand se hart te wen vir God.
- Verduidelik: Aan te kyk, liefkry, sê…
(2) Johannes 13:14 (Afr20) “As Ek, julle Here en Leermeester, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was.”
- Nie net voete, Ek dien jou (ons dien mekaar). Minder van self, meer jy. (kom word eers gesond)
Ons sal Jesus se nabyheid beleef wanneer ons doen wat Hy gedoen het.
- Ek gaan groei en iemand anders gaan groei. En ek was die kanaal waardeur God gewerk het.
Ontvang & gee (kom ek kerk toe net vir my?) – Keybord speler
Wat as ons almal met elke samekoms kom met die volgende ingesteldheid:
- Ek kom om iets te ontvang EN Ek kom om iets te gee (ek kom vir my EN iemand anders)
Hoe kan ek Hom bedien met my liefde? Hoe kan ek iemand anders bedien met liefde?
- Kyk rond of jy iemand sien wat jy nie ken nie (connect) / of iemand is nuut hier en verduidelik LCF.
Call to Action –> Lees liefde woorde, Heilige Gees bedien.
