SÊ JA VIR “PURPOSE” – (BETEKENIS)
1. Die Definisie van ’n Gesant
Gesant / Emissary – Iemand wat gestuur is, gaan met ’n spesifieke doel.
Doel word gevind deur die vraag: Waarvoor wil U my stuur?
“Staan nader aan My en luister. Van die begin af het Ek nie in die geheim gepraat nie. Wanneer iets gebeur, dan is Ek daar.” Nou het die oppermagtige Here my deur sy Gees gestuur.”
JESAJA 48:16 NLV
2. Die Gevaar van Doelloosheid (Ryk Jong Man)
- Naamloosheid vs. Roeping: In Markus 10 sien ons die ryk jong man—amper ’n dissipel, maar nou naamloos. Hy het rykdom gehad, maar geen doel DAARVOOR EN VIR HOMSELF nie.
- Vergelyking: Ware volgelinge word by die naam genoem (Petrus, Andreas, Filippus). Diegene sonder doel (soos die man wat eers sy dooies wou begrawe of die ryk jong man) bly anoniem.
3. Beginsels van “Intentional Purpose”
- Sentrums van Doelgerigtheid: Vestig en/of sluit aan by plekke waar doel sentraal staan.
- Betekenisvolle Werk: Skep werkplekke van betekenis. Moenie wegbeweeg of afstand skep namate jy ouer word nie. As jy moeg word, rus, maar moenie jou roeping laat vaar nie.
- Gemeenskap: Daar is geen ware doel sonder gemeenskap nie.
- Hebreërs 10:24-25 herinner ons dat ons doel geaktiveer en onderhou word deur mekaar aan te spoor.
- Die Monetêre Siekte: Om sukses slegs in geld te meet, is ’n siekte. Betekenis praat harder tot die siel as ’n bankbalans.
- Geld sonder doel = Leegheid.
- Doel sonder geld = Betekenisvol.
- Rentmeesterskap: Geld moet bestuur en regeer word, maar dit mag nooit jou maatstaf vir doel wees of meer as jou roeping liefgehê word nie.
- Volharding: Net omdat iets uitputtend is of geld kos, beteken dit nie dit is sonder doel nie.
4. Goddelike Perspektief: Die Voorbeeld van Gideon
“Die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: “Die Here is met jou, dapper kryger!” … Toe draai die Here na hom en sê: “Gaan met die krag wat jy het… Het Ek jou nie gestuur nie?”
RIGTERS 6:11-16
- Identiteit vs. Werklikheid: God roep jou volgens hoe Hy jou sien (dapper kryger), nie hoe jy jouself sien (wegkruiper in ’n parskuip) of hoe ander jou sien nie.
- Fondament van Missie: Jou identiteit is die basis van jou missie; sonder hierdie besef sal jy nie end-uit volhard nie.
- Identiteit word minder ontdek en meer gebou
- Die Reaksie (Response): God se siening word eers werklikheid wanneer jy reageer. Gideon moes opdaag en uitgaan voor enige doel, om die doel (wonderwerke) te sien. Deur jou reaksie skep jy Geskiedenis en betekenis, nie andersom nie.
- Gestuurde Status: As jy nie gestuur is nie, “stap jy maar net”. Om gestuur te wees, bepaal wie jy is. Dus dit begin by Verhouding met God
5. Die Gevangene van Roeping: Paulus
- Genadegawe: Paulus het sy taak as ’n toevertroude genade gesien, nie ’n las nie.
- Onpeilbare Rykdom: Ten spyte daarvan dat hy ’n gevangene was, het hy gefokus op die uitvoering van die geheimenis en die verkondiging van die onpeilbare rykdom van Christus.
- Nederigheid in Grootheid: Hy sien homself as “minder as die geringste”, maar hy laat hom self-geld met groot vrymoedigheid en selfvertroue omdat hy sy doel beskou as kosmies belangrik.
6. Ten Slotte: Selfondersoek
- Waarmee vul jy jou “purpose”-spasies?
- Op wie se fondament bou jy voort? (Generasie-doel is die kragtigste).
- Waar is jou plek van stuur (Huis, werk, Street Salvation, bediening)?
