By LCF is omgee vir mekaar krities belangrik.

Omgee-groepe is meer-doelig in die sin dat dit hoofsaaklik gemik is om mekaar lief te hê en te bedien met Jesus liefde.
Sekondêr is dit om konneksie te bewerkstellig met elke vennoot by LCF. Ons wil hierdeur elke vennoot laat deel voel van ons gemeenskap en poog dat niemand uitgesluit of alleen voel nie – die “leave no man behind” beginsel.

LCF glo in en staan vir goeie en gesonde verhoudings in die gemeente.

’n Omgee groep is ’n kleingroep van ’n paar individue of gesinne wat bymekaar gevoeg word om konneksie te behou en vir mekaar om te gee op’n basiese vlak.

Na die Dissipelskap kursus skep ’n Fasiliteerder/Sameroeper ’n Whatsapp omgee-groep. Dis hier waar die groeplede mekaar inspireer, ondersteun, opbou en bystaan. Omgee-groepe sien op BASIESE intree vlak na mekaar om in fisiese, emosionele en geestelike behoeftes.

Raak Betrokke

Kontak die kantoor of los ’n boodskap op die mobi-blad indien jy belangstel om betrokke te raak.

Ons spanne sluit die volgende in:

Kontakspan – Logistiek & Gasvryheid | Café 141 | Multimedia en beligting | Klank | Video-opnames | Programkoördinering | Aanbidding-span | Kinderkerk | Tienerbediening | Jong Volwassenes | Mannebediening | Vrouebediening