DIE PAD NA GEMOEDSRUS
1. Wat is Gemoedsrus?
Gemoedsrus beteken jou innerlike wêreld kom tot rus.
Dit is shalom – heelheid, vrede en stabiliteit.
Dit begin by ’n heilige vrees vir God, wat jou help om:
-
’n gesonde selfbeeld te hê
-
in die regte verhouding met God te staan
-
God se karakter reg te verstaan
-
Sy Woord en die Heilige Gees met respek te hanteer
“Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis.” – Spreuke 1:7
2. Die Konsep van “Redemption” (Verlossing)
-
Beteken: om terug te koop, te herstel of vry te maak deur ’n prys te betaal.
-
Dit is nie eenmalig nie – dit is ’n voortdurende proses van herstel.
-
God verlos areas van ons lewens en bring Sy vrede en bedoeling daarin.
-
God neem die eerste stap, maar ons werk saam met Hom.
-
Ons bring elke area van ons lewe onder Sy eienaarskap.
-
God word die eienaar, ek die rentmeester.
Bybelgedeelte – Efesiërs 1:1–13 (Afr2020)
Kernpunte:
-
God het ons voor die grondlegging van die wêreld uitverkies.
-
Ons is kinders deur Jesus Christus.
-
In Christus het ons bevryding deur Sy bloed.
-
Ons ontvang genade, wysheid, insig.
-
God openbaar Sy wil en bring alles onder een Hoof – Christus.
-
Ons is verseël met die Heilige Gees.
3. Die Pilare van Gemoedsrus
God se gemoedsrus word gebou op sekere lewenspilare wat Hy herstel.
Skrifgrond:
“Hou die pad vir jou voet gelyk…” – Spreuke 4:26
“Let sorgvuldig op hoe julle leef…” – Efesiërs 5:15
PILARE
1. Welvaart
Spreuke 3:9 – “Eer die Here met jou rykdom…”
-
Bestuur finansies met eerlikheid en vrygewigheid.
-
Stel jou vertroue in God as voorsiener.
-
Gee, spaar en bestee met wysheid.
-
Wanneer God jou finansies verlos, bring dit vrede i.p.v. spanning.
2. Werk
Kolossense 3:23 – “Werk met geesdrif soos vir die Here…”
-
Nooi God in jou werk en besluite in.
-
Werk met integriteit, toewyding en doel.
-
Jou beroep is ’n vorm van aanbidding.
-
Verloste werk bring vervulling, nie frustrasie nie.
3. Verhoudings
2 Korintiërs 5:19 – God het die wêreld versoen in Christus.
-
Vergewe soos jy vergewe is.
-
Soek versoening waar moontlik.
-
Laat God jou verhoudings herskep.
-
Verloste verhoudings bring vrede en gemeenskap.
4. Opleiding / Groei
Spreuke 18:15 – Die verstandige soek kennis.
-
Leer met nederigheid.
-
Laat God mislukkings gebruik vir groei.
-
Gebruik kennis vir Sy eer en die voordeel van ander.
-
Verloste opleiding verander kennis in wysheid.
5. Tyd
Efesiërs 5:16 – “Koop die tyd uit…”
-
Vra God vir wysheid oor jou prioriteite.
-
Skep balans tussen rus, werk en ontspanning.
-
God kan verlore tyd herstel.
-
Verloste tyd is effektief en ’n plesier.
6. Gesondheid
1 Korintiërs 6:19–20 – Jou liggaam is ’n tempel van die Heilige Gees.
-
Verloste gesondheid beteken nie perfeksie nie, maar beheer van gewoontes en energie.
-
Vertrou God met jou liggaam en welstand.
-
’n Gesonde leefstyl bring innerlike vrede en groter vrugbaarheid.
Slotvers
Psalm 1:3 – “Hy sal wees soos ’n boom geplant by waterstrome… alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.”
