Die Juk en die Mantel / The Coat of Many Colours / Die Teologie van ’n Mantel
“’n Mantel maak jou kragtig (enabler); ’n juk maak jou kragteloos (disabler).”
“Dit is nie ’n persoonlikheidstoets nie — dit is ’n identifisering in die geestelike realm en ’n bemagtiging wat volg.”
Sleutelgedagtes
Sommige mense ontvang hul mantel reeds as kinders, ander eers later deur bevryding of dissipelskap.
’n Mantel is geestelike gesag, roeping en salwing — ’n juk is beperking, beheer of geestelike druk.
Bybelse voorbeelde van mantels:
Josef – ’n veelkleurige mantel: geestelike insig, strategiese wysheid, heerskappy, voorsiening, bestuur, gesag.
Dawid – koninglike en aanbiddingsmantel: God kyk na die hart; gesalf deur Samuel.
Josua (hoëpriester) – priesterlike mantel: herstel, verantwoordelikheid, outoriteit en openbaring.
Elisa – profetiese mantel: roeping, keuse, taak, dubbele salwing.
Besaleel – vaardigheidsmantel: wysheid, handigheid, onderwys- en beleggingsgawe.
Timoteus – apostoliese mantel: handoplegging, salwing, taak en vermaning.
Jesus – volmaakte mantel en salwing sonder beperking: ewige plan, stoei, roeping, en uitnodiging (Gal. 3:27).
Slotsom
Die doel van die mantel is om jou in staat te stel om die lewe te hanteer, te bestuur, te oorkom en vrugbaar te wees.
God gee ’n salwing op jou om dit wat voor jou staan, te kan hanteer.
Ons moet ons mantel ontvang en aanvuur (1 Joh. 2:27).