Wie is LCF?

Daar is ‘n belangriker vraag om te beantwoord as die vraag oor wie LCF is. Dit is ‘n vraag oor jou geloofsekerheid… Waar gaan jy die ewige lewe spandeer? As jy wonder hieroor, lees gerus hier en kom daarna terug na die bladsy en lees verder oor LCF.

Life Christian Foundation (LCF) is die naam van die nie-winsgewende organisasie wat in 1999 gestig is toe ‘n groep mense saamgekom het en JA geantwoord het op ‘n groter roeping wat Heilige Gees op hulle harte kom lê het.

Die droom was die vestiging van ‘n organisasie wat ‘n platvorm sou wees vir mense om hul God gegewe talente te kon gebruik om saam met Hom ‘n verskil in hul gemeenskap te maak.

LCF Gemeente

Hierdie groep mense het aanvanklik jeug programme in die Vaaldriehoek aangebied en hierdie gemeenskap met ander gelowiges het gelei tot dieper verhoudinge met mekaar en het uiteindelik gelei tot die totstandkoming van LCF as ‘n Afrikaanse Gemeente in 2005.

LCF se missie

Om ‘n omgewing te skep waar Heilige Gees geïnspireerde programme aangebied word om gesonde dissipels van die Here Jesus op te rig, wat in ‘n verhouding met Hom staan asook in ‘n gesonde verhouding met hul medegelowiges. Dis skep die platvorm vir dinamiese bediening wat deur lewende boustene plaasvind om sodoende ‘n impak in God se koninkryk in ons plaaslike gemeenskap te hê, asook tot die uithoeke van die aarde.

LCF se visiestelling en groter visie

Jesus Christus IN ONS

Genade + Waarheid DEUR ONS 

Gesonde Dissipels UIT ONS

Ons erken dat Geesvervulde prediking en aanbidding ‘n groot rol speel om hierdie moontlik te maak en wanneer ons jaarliks kyk na ons nuwe kalender, vertrou ons in Heilige Gees se leiding in die saamsit van ‘n program waardeur Hy die harte van Sy geliefde kinders kan bereik en mense getransformeer sal word in ware dissipels.

Ons erken dat die Here Jesus ‘n tydlose versoek gerig het aan Sy dissipels van toe (en nou) met die spreek van hierdie woorde:

Maak ‘n dissipel.

Doop ‘n dissipel.

Leer ‘n dissipel.

Ons fokus is om gesonder, dieper, meer verliefde dissipels te maak van elke LCF Vennoot.

Lees gerus die LCF geloofsverklaring en vind meer uit rakende die dinge waarin ons glo.

LCF Leierskap

LCF leierskap erken die Koninkryk van God nie primêr opereer as ‘n demokrasie nie, maar as ‘n Teokrasie. Die Here Jesus is die Hoof, Meester, Koning, Bruidegom van Sy kerk, die bruid. Leierskap wat Hy aanstel is daar om eerste na Hom te luister en te doen wat Hy sê.

Die menslike leierskap strukture wat by LCF bestaan om goeie rentmeesterskap uit te oefen is:

Hoe om permanent by LCF in te skakel?

By LCF praat ons nie van lidmaatskap nie, maar van Vennootskap. Die pad na vennootskap behels:

Hierna word jy aan die gemeente voorgestel as ‘n nuwe vennoot. Jy sal die keuse gegee word of jy na jou voorstelling ook permanent by ons omgeegroep strategie wil inskakel deur deel te word van ‘n omgee groep.

Hoof bedieninge binne LCF

By LCF Gemeente, glo ons in die krag van span. As nuwe vennote kan jy by hierdie bedieninge betrokke raak of ook dien op een van die vele spanne by LCF. Sommige spanne is oop vir nuwe lede en ander spanne word jy uitgenooi om deel te wees van daardie span.

Leierskap

Pastorale Span en Ouderlinge

By LCF glo ons dat die Here mense tot leierskap oproep. Hy roep die visionêre leier soos Moses en Dawid. Dan voeg die Here ander leiers rondom hierdie leier om die mense / volk / gemeente te lei. Ons pastorale span is op grond van hierdie beginsel saamgevoeg. Verder maak ons ‘n oproep op volwasse Christen gelowiges wat in ‘n persoonlike verhouding met die Here staan en aktief in die gemeente betrokke is, om by die raad van ouderlinge betrokke te raak. Hierdie ouderlinge gee stabiliteit aan die organisasie en lei deur voorbeeld en diensbaarheid. As nie-winsgewende organisasie, word LCF ook bestuur deur ‘n Raad van Direkteure.

Pastorale Span

Raad van Ouderlinge

Die funksie van ‘n LCF Ouderling is om:

  • Stabiliteit in die gemeente te beskerm.
  • Eenheid van die gemeente te bevorder.
  • Beskerming te bied vir die strategie en besluite van die Pastorale Kommitee.
  • Om te verseker dat Bybelse waarheid aan die hart van die gemeente bly.
  • Om geestelike leierskap te verskaf deur diensbaar te wees in die gemeente.

Die raad van Ouderlinge is: Jacques & Christa van Heerden, André & Reneé Vermeulen,  Juhan & Nelmari de Milander, Otto & Annerine Wenhold, Christiaan & Nicola Cloete, Michael & Odette Koch,

‘n LCF Ouderling is ‘n volwasse, nederige, stabiele en passievolle diensbare leier wat ‘n heilige en gasvrye lewe liefhet en opstaan vir die waarheid en Christelike waardes.  Ons bedank ons ouderlinge vir hulle “commitment” en getrouheid as diensknegte in die gemeente.

Apostoliese Ouderlinge

Dr Sakkie & Leandra Olivier het LCF begin in 1999.  Hulle het die gemeente vir 21 jaar gelei en ook die koop van die LCF eiendom en bouprojek.  Op 1 Des 2020 het hulle die effektiewe beheer en bestuur van LCF oorgegee aan Past Friedel en die Pastorale span. Sakkie & Leandra dien steeds as Apostoliese ouderlinge, mentors en op die preekspan.

Preke


LCF Kids (Kinderkerk)

kic-childrens-church

By LCF Gemeente het ons ‘n passie vir Christus, en ons kinderkerk personeel weerspieël hierdie passie! Ons is opgewonde om kinders te sien groei en floreer in hul Godgegewe talente en gawes! Dit is vir ons ‘n voorreg om die geleentheid te hê om jou kind te kan leer.

Ons hartsbegeerte is om te sien hoe kinders Christus leer ken as hul persoonlike Here en Verlosser en dat hulle sonder twyfel weet WIE hulle in Christus is en die KRAG wat hulle in en deur Sy Naam het. Ons kinderkerk is toegewy daaraan om God se woord doelgerig in elke kind se hart te graveer en hulle te leer hoe om daagliks nader aan Hom te kom.

Met ouers se hulp, kan ons kinders groot maak wat nooit sal KONFORMEER nie, maar wat die wêreld waarin hulle leef sal TRANSFORMEER. Kinders wat so gegrond is in God hulle Vader, dat niks anders as SY stem hulle sal lei en beweeg nie.

Ons streef daarna om ‘n koesterende, omgee omgewing te bied, wat elke kind sal toelaat om die liefde van God te ervaar en ons is daaraan toegewy om vir hulle die woord van God te bring en te leer. Ons doen dit deur die aanbied van prettige kurrikulums; wat lofprysing en aanbidding, bybellesse, vraag- en antwoordsessies, gebedsessies en prettige praktiese aktiwiteite insluit.

KIC Huis

1Life (Tieners)

Skakel in by 1Life, LCF se tienerbediening

Sondae tydens die erediens (09h30) @ LCF Chapel

Wat is 1Life?

1 Life is ‘n bediening binne LCF wat fokus op Hoërskool leerders Gr8-Gr12

By 1Life skep ons:

  • ‘n Plek waar jy kan connect met mede hoërskool leerders en die 1life span.
  • ‘n Plek waar ons eerlik en in vertroue met mekaar kan harte deel
  • ‘n Plek waar jy authentic kan wees
  • ‘n Plek waar ons interaktief saam met mekaar kan leer en tyd spandeer in God se woord

OUDERDOM

HOëRSKOOL LEERDERS

Gr 8 – Gr 12

1life-insta

Living Culture

LIVING CULTURE

Living Culture is ‘n bediening vir JONG VOLWASSENES, waar ons ‘n kultuur wil bou van jong gelowiges wat daarna streef om energiek te lewe, geestelik gesond te word en ‘n gemeenskap te ontwikkel wat ‘n impak op die koninkryk maak.

Donderdae 19:00
Ouderdomsgroep 18-28 jaar

Wil jy gedoop word?

Doop

By LCF glo ons in die doop deur middel van onderdompeling die volgende stap is na wedergeboorte. Dit is die volgende stap op die pad van dissipel wees.

Handelinge 2:37-38 (Afr83) – By die aanhoor hiervan (Petrus se boodskap na die uitstorting van die Heilige Gees) is die mense diep getref en het hulle vir Petrus en die ander apostels gevra: “Wat moet ons doen, broers?” Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.

Bekeer jou, laat jou doop en jy sal die gawe van Heilige gees ontvang. Ons moedig elke gelowige aan tot ‘n gehoorsaamheid aan Petrus se antwoord op die vraag: Wat moet ons doen?

Vir meer inligting, luister gerus na 2 boodskappe oor die doop, gebring by ‘n Sondag erediens:

Onseker of jy gedoop wil word? Kyk gerus die video

 

 

pdf-smlSien LCF Gemeente se beleid oor die doop van minderjariges

Vorige doopgeleenthede (word op ons Facebook blad geplaas)

Redding

Waar gaan jy die ewigheid spandeer?

Wat gaan met jou gebeur as jy sterwe? Is jy seker dat jy die ewige lewe in die teenwoordigheid van die Here gaan spandeer? Daar is geen belangriker vraag wat ons nodig het om te beantwoord nie.

“Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.”SPREUKE 14:12

Die Bybel maak dit duidelik dat ‘n mens op ‘n lewenspad kan wandel wat vir jou reg lyk, maar wat nie ‘n goeie uiteinde het nie.

Verder lees ons in Mat 7 die skokkende woorde van die Here Jesus:

“Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” MATTHÉÜS 7:21-23

Hy verwys hier na mense wat Hom Here noem. Dit moet dus gelowiges wees. Verder verwys dit na mense wat profeteer, duiwels uitdryf en wonderwerke verrig in Jesus Naam, maar wat aan die einde van hulle lewe die verskriklike woorde gaan hoor: Gaan weg van My af, Ek het jou nooit geken nie.

Dis gelowiges wat hierdie woorde hoor. Die vraag hier is dus nie of jy instem tot alles wat in die Apostoliese geloofsbelydenis geskrywe staan nie. Die vraag is: Is jy ‘n dissipel van Jesus Christus wat in ‘n intieme verhouding met Hom staan? Is jy gehoorsaam aan Sy woord? Is die beginsels van Sy woord naby aan jou hart? Luister jy na dit wat Hy vir jou sê? Gaan en doen jy dit wat Hy vir jou sê?

Of smelt jy in met die res van die samelewing wat glad nie in die dinge van God belangstel nie? Weet niemand eintlik dat jy ‘n Christen is nie? Of gee jy jouself vrylik vir die dinge van die wêreld en by tye ook vir die dinge van die Here? Om met een voet in die wêreld te leef en met een voet in die Koninkryk van God, is nie waartoe ons geroep word nie.

Dalk gaan jy met die lees van hierdie artikel beleef hoe die Heilige Gees klop aan die deur van jou hart soos geskrywe staan in Openbaring 3:20 – Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

Geliefde, as Heilige Gees aan jou hart kom klop vandag, wil jy nie jou hele wese toeganklik maak sodat Jesus Christus waarlik die Meester en Here van jou lewe kan word nie?

Die probleem – sonde

Rom 3:23 sê “Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God”.

Almal het gesondig… En die Bybel maak dit vir ons duidelik. Sonde bring skeiding tussen God en die mens (Jes 59:2). En niemand kan sê dat hulle nie gesondig het nie.

Sonde se loon is die dood. Rom 6:23 “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus onse Here”.

Die dood is nie net die fisiese dood van die liggaam nie, maar die ewige dood in die poel van vuur (Ope 21:8).

Ons kan nie onsself red deur goeie werke te doen nie. Ons beste werke is nie goed genoem om die vlek van Sonde weg te was nie. Die bloed van Jesus Christus alleen, was sonde weg.

Die goeie nuus

Rom 5:8 sê “maar God bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was”.

Joh 3:16 “Want God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê”.

Ons het gesondig, maar God se Seun Jesus het die lam geword wat gesterf het aan die kruis om daardeur vir ewig te betaal vir die sonde van diegene wat op Sy reddingswerk sou vertrou.

Rom 10:9-10 sê “As jy met jou mond die Here Jesus bely, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Want met die hart glo ons tot geregtigheid en ment die mond bely ons tot redding”.

Glo in Sy reddingswerk, vertrou op Sy reddingswerk en bely die Here Jesus as jou Verlosser.

Dit is hoe jy wedergebore word (Joh 3:3 sê dat ons moet ‘n geestelike geboorte ondergaan, een waar ons lewendig gemaak word vanuit ‘n dooie geestelike kondisie.)

Wat ‘n kosbare belofte in Rom 10:13 “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word”.

Gebed

Wil jy nie vandag Sy naam aanroep en sê: Here Jesus, red my siel. Ek is verlore en kan myself nie red nie? Ek het U verlossingswerk en vergifnis nodig. Teen U het ek gesondig. Vergewe my Here en maak my U kind. Ek keer terug na U toe met my hele hart.

Geliefde, sal jy jouself weg gee? Wat bedoel ons hiermee? Jy is nie meer joune nie. Jy is nou Iemand anders s’n. Jy lewe nie meer vir jouself alleenlik nie. Jy bestuur nie meer jou lewe nie, maar gee toe aan Heilige Gees se begeleiding. Jy leef nou vir die eer van Vader, Seun en Heilige Gees (en nie meer net vir jou eie naam nie).

Spandeer tyd in gebed en gee jouself weg aan Hom, vra Hom vir vergifnis en om jou skoon te was met Jesus se bloed. Jesus se bloed sal jou reinig van alle sonde en jou herstel in jou verhouding as kind met jou Hemelse Vader.

Indien jy hierdie gebed gebid het, laat weet asb vir ons sodat ons saam met jou bly kan wees (epos ons na info@lifecf.org).

Wat nou volgende?

  • Lees jou Bybel en bid elke dag. Spandeer daagliks tyd met die Here.
  • Deel jou geloof met ander mense. Vertel vir ander wat Jesus vir jou gedoen het.
  • Skakel in by LCF deur gereeld Sondag dienste by te woon.
  • Word gedoop.
  • Vind meer uit oor die doop met die Heilige Gees en begeer dat Heilige Gees ook op die manier jou lewe kom vul.
  • Kyk na die LCF kalender om te sien watter weeklikse kursusse en programme daar is wat jou kan help om te groei as dissipel.
  • Vind uit waar jy betrokke kan raak en op watter span jy kan help dien om sodoende van jouself te gee vir die werk van God se koninkryk.
  • Raak deel van ‘n omgee groep waar jy ook kan groei in jou verhouding met medegelowiges. (Onthou, die Here is nie soos die mens nie. Moenie jou rug op die Here draai omdat mense jou teleurstel nie).

 

Huwelike

God se orde vir die Wêreld

By LCF glo ons in die heiligheid en heiligmaking van die huwelik en die belangrikheid van die gesin as ‘n weerspieëling van God se orde in hierdie wêreld. Daarom keur ons nie enige ernstige intieme verhoudings voor die huwelik goed nie, want in die huwelik is intimiteit ‘n verbond tussen ‘n man en ‘n vrou en simboliseer dit ook die verbond tussen Jesus en Sy Kerk. By LCF is ons beleid om net huwelike te reël vir lede of goeie vriende van LCF, en ons verwag dat elke pasgetroude paartjie ‘n huwelikskursus voltooi voordat hulle trou en ook tyd deurbring met een van ons Pastore of Ouderlinge.

Kunect

By LCF het ons nie kerklidmaatskap nie –
ons glo in die beginsel van VENNOOTSKAP.

kunectKunect strek oor vyf opeenvolgende Woensdae en daar kry julle ‘n voorstelling van LCF en enige vrae wat julle het word beantwoord. Daar word gekyk na die belangrike elemente waarin LCF glo soos byvoorbeeld:

Redding
Die Heilige Gees
Doop
Gesond bly in die Woord
Leierskap
Finansies (tiendes)
Strategieë rondom ons Visie.
Datums: 7 Februarie en 17 Julie

Lees die LCF geloofsverklaring om meer uit te vind rakende dit waarin ons glo.

Vennote-voorstelling

Ons nooi jou om ’n formele verbintenis te maak waarna ons jou vennootskap bevestig en eer deur jou op ’n Sondagoggend aan die gemeenskap van gelowiges voor te stel.

Bly ingeskakel en woon ons programme (dienste & kursusse) by, sodat daar gesonde groei in jou verhoudings met jouself, God, en ander mense kan wees.

Kunect → Vennote-voorstelling →Wees deel

Kindertoewyding

Kindertoewyding en Inseëning

Alhoewel ons kindertoewyding as ‘n bybelse gebruik sien is dit nie ‘n sakrament nie.  Hierdie is ‘n publieke verbintenis voor God en die gemeente dat die ouers hulle bes gaan doen met die hulp van die Heilige Gees, om die kind só op te voed dat hy/sy ook navolgers van Christus sal wil wees.   Ouers kies om hulleself en hulle kinders aan die Here toe te wy want hulle begeer om die kind in die vrees van die Here groot te maak.  Dit is ‘n wonder en ‘n voorreg, maar ook ‘n groot verantwoordelikheid.LCF infant dedications

Tydens die gebeurtenis van kindertoewyding kom staan ouers voor God en verbind hulself om ‘n nalatingskap van ‘n geestelike voorbeeld vir die kind te skep. Wanneer ons, ons kinders aan die Here toewy, vra ons vir Sy leiding, seën en beskerming. Dit is ook ‘n verbintenis om as ouers te doen wat Hy van ons verwag. Ons bely dat ons in ‘n verbintenis met God en Sy Woord wil leef en ons kinders met Sy liefde en genade groot wil maak. Dis dan tyd om soos Josua uit te roep: Jos 24:15 “…maar ek en my huis, ons sal die Here dien…”

Die skriftuurlike wortels vir kindertoewyding vind ons in 1Sam 1:27-28: “Ek het die Here gevra om my hierdie kind te gee en Hy het my gebed verhoor. Nou gee ek hom terug vir die Here. Hy sal lewenslank aan die Here behoort.” Ons vind die gebruik dan ook in die Nuwe Testament in Luk 2 na die geboorte van Christus, toe Sy ouers Hom aan God kom toewy het.

Hier is skrif oor hoe ‘n ouer sy kind moet grootmaak:

Deut 6:4-9 “Luister, Israel! Die Here is ons God, die Here is een. Jy moet die Here jou God  liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag. Jy moet jouself heelhartig verbind aan die gebooie wat ek vandag vir jou gee. Herhaal hierdie woorde oor en oor vir julle kinders. Praat daaroor by die huis en wanneer julle op pad is, wanneer julle lê of wanneer julle opstaan. Bind dit op jou hande as ’n herinnering en dra dit op jou voorkop.  Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en van jou poorte.”

God plaas mense en plekke op die kind se pad om die ouer te help om die kind geestelik  te versorg.  Een van die eerste stappe is om publiek te bely dat ek die  liggaam van Christus (die gemeente) nodig het om dit te kan doen.  Ons doop nie kinders nie, omdat ons glo dat die persoon eers self tot geloof in Christus moet kom, voordat dit op die bybelse manier deur onderdompeling kan plaasvind.

Vir kindertoewyding, kontak
Anton of Natlie Coetzee by (016) 931 1239

Spanne

LCF Spanleiers

Geslote Spanne
Hierdie is spanne waar ons van leierskap kant af mense uitnooi om deel te word van die span.

LCF Direksie, Ouderlinge en Preekspan


Friedel Coetsee

LCF Kantoor


Anton Coetzee

Mannebediening


Willem Nelson

Vrouebediening


Lorraine Nelson

Gebedsfasilitering


Anton & Natlie Coetzee

Kunect


Reghardt & Michelle Booysen

Intersessie


Nicola Cloete

Jong Volwassenes


André Eloff & Mandi Smit

Finansies


Christiaan Cloete

Oop Spanne
Mense kan van hulle kant af aansoek doen om deel te raak van hierdie spanne.

Aanbidding


Dannha & Anna-Lize Coetzee

Kinderkerk


Otto & Annerine Wenhold

Tieners


Juhan & Nelmari de Milander

Live Stream

Michael Benson

Klank


Norman Dippenaar

Video Opnames


Louw Lubbe

Multimedia


Zeandre West

Hosting Dames


Sharon Grant

Logistieke Manne


Stephen Grant

Program Koördineerder

Anna-lize Coetzee

Cafe141


Lambert & Zaendre Fourie

Fotos


Kim Grant

Omgee Uitreik Span

Michael & Odette Koch

Belangrike Datums

Journey to Significance

Begin 28 Januarie

Jong Volwassenes

Begin 16 Januarie

Mannebediening

Begin 5 Mei

Vrouebediening

Begin 8 April

Kunect

9 April en 3 September

Doopgeleenthede

9 Maart, 24 Augustus, 16 November

Aanbiddingsdienste

2 Februarie, 13 April, 27 Julie, 19 Oktober

Gebedsaande

30 Maart, 13 Julie, 28 September

Kindertoewyding

2 Maart, 1 Junie, 31 Augustus

Paasdiens

18 April

Hemelvaartdiens

29 Mei

Pinksterdiens

8 Junie

Harvest 2025

20 Junie

Mannekonferensie

15-17 Augustus

Vrouekonferensie

12-14 September

Aand van Seën en Gebed

30 Oktober

Dankseggingsfees

30 November

Rus Sondae

23 Maart, 20 April, 21 en 28 Desember

Tienerkamp

3-5 Oktober