Boodskap / Preek oor: Hemelvaart

Hemelvaart 2025 – Wees geduldig en waaksaam

**kosbaar om Hemelvaart saam julle te deel.

Preeknotas

Boodskap / Preek oor: Die manifestasies van die Heilige Gees.

Die manifestasies van die Heilige Gees

“Elkeen van ons ontvang ’n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel. Aan die een gee die Gees die bekwaamheid om goddelike wysheid te verkondig, aan ’n ander gee Hy die gawe van spesiale kennis. Aan iemand anders gee hierdie selfde Gees ’n heel besondere geloof, aan nog een gee Hy gawes van genesing, aan ’n volgende een die vermoë om wonders te verrig, aan ’n ander die gawe van profesie, aan nog een die vermoë om te onderskei tussen geeste, aan iemand anders die gawe van praat in tale, aan nog een die bekwaamheid om die tale uit te lê. Dit is een en dieselfde Gees wat al hierdie gawes bewerk en wat aan elkeen uitdeel soos Hy dit goedvind.”

Preeknotas

‘n Voet in die deur: ‘n Boodskap oor Vergifnis

‘n Voet in die deur – ‘n Boodskap oor Vergifnis
Mat 18:21-35 (CJB) – Lees saam.
Vergifnis… Hoe goed is ek en jy bekend met die onderwerp van vergifnis.

Preeknotas

Boodskap/Preek oor: Identiteit

My identiteit – deel 1
Identiteit: die unieke manier hoe ons onsself definieer / hoe jy definieer wie jy is.
Die kern probleem
Om te begin om ons nuwe identiteit in Christus beter te verstaan, moet ons teruggaan na die begin toe om die kern probleem wat ons het, beter te verstaan.
• My probleem is my optrede, my gedrag – ek jok, steel, manupileer, begeer, egbreek ens.
• Hierdie is slegs simptome van ons kern probleem.

Preeknotas

Boodskap / preek oor: Ons aardse lewe vs die ewige lewe

Ons aardse lewe en die ewige lewe
Mat 10:39 (Afr53) – Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
• My lewe en ‘n ander tipe lewe. (die skrif sê nie net ek moet ‘n martelaar wees om te lewe nie).
• Die woord “lewe” in die Bybel beteken nie oral dieselfde nie. (verskillende Griekse woorde)
Psuché lewe (nou)
My lewe – psuché (uitspraak: psoo-khay) –> lewensasem, siel
• Bloedvloei, asemhaal, lewe, bestaan maak, my aardse lewe.
• Skrif: daar is ‘n lewe wat ek kan vind (MY lewe), wat ek kan verloor – dit sal tot niks lei nie.
• OF My lewe (psuché) lê ek neer vir Hom, en dan vind ek iets anders. Ek vind “DIT”.
• “Wie sy lewe verloor… sal dit vind” –> “Wie sy lewe om My ontwil verloor sal lewe vind”.
• Daar is lewe (psoo-khay lewe) om te verloor en ‘n ander lewe (die Zoë lewe) om te vind.
o Mat 10:39 (Afr53) – Wie sy lewe (psuche) vind, sal dit verloor; en wie sy lewe (psuche) verloor om My ontwil, sal dit (zoë) vind.
‘n Ander tipe lewe: Zoë lewe
• Lewe in hierdie skrifte: Zoë – “Iets” wat God in Homself het, Die God-tipe lewe, die volheid van lewe wat sy oorsprong het uit ‘n verhouding met God, die ewige lewe.

Preeknotas

Preke – Audio


Sondae Dienste

Kontak Ons